Die Openbaring Reeks - Leerder Gids by Chris Viljoen - HTML preview

PLEASE NOTE: This is an HTML preview only and some elements such as links or page numbers may be incorrect.
Download the book in PDF, ePub, Kindle for a complete version.

BEDANKINGS

Ek wil graag spesiale dank en erkenning gee aan al die wonderlike mense in my lewe wat hierdie Openbaring Reeks kursus en eksamen in kennis, praktyk, en gebed saam met my deurgewerk het, insluitend: Alida Viljoen, Chris Viljoen (Senior), Cheri Viljoen, Vincent Viljoen, Harry Osborne, Joey van Wyk, en Eugene van Wyk. Ook vir my hoof mentors, Ps. Morné & Crystal du Plessis, my familie en vriende, en my hele geestelike familie in die NLB gemeente in Boksburg. Baie dankie aan Ané De Lange vir die ontwerp van al die briljante kuns en land-kaarte. Dankie ook aan God wat ons aanhou lei en motiveer deur die Heilige Gees, en meeste van als, dankie aan Jesus Christus ons Redder wat alles moontlik maak. My gebed is dat julle in voorspoed, veiligheid, en gesondheid sal voortleef vir ewig. Amen!

VERWYSINGS, NOTAS EN AANDUIDINGS

1. Huiswerk word tradisioneel aanbeveel vir ELKE sessie. Hierdie boek maak voorstelle na elke deel.

2. Die lyne op sommige vrae was moeilik ingepas, so ‘n kleiner hand-skrif sal beter werk.

3. Soms word ‘n hele Bybel vers nie neergeskryf nie. Byvoorbeeld: Verse kan so geskryf word: Johannes 3:16. Maar ook so: v6. In hierdie geval beteken dit dat die vers in Openbaring , in die hoofstuk wat op daai selfde bladsy bespreek word. Dis net so vir Openbaring hoofstukke.

4. Grys tekste is verdere leesstof wat vir naslaan gebruik kan word.

5. Inligting wat swart opgehelder is, is krities belangrik.

6. Die eksamen vir hierdie reeks is ‘n oop-boek toets, oor hierdie hele handboek.

7. Al die kuns-fotos en land-kaarte in hierdie reeks is verskaf sonder kopiereg beperkings en behoort uitsluitlik aan die outeur, Chris Viljoen. Dis ook aanlyn beskikbaar gemaak vir aflaai, op Pixabay.

Spesiale dankie aan Ané De Lange wat al die kuns ontwerp het.

8. GotQuestions.org en John Hagee Ministries onder andere was gebruik om baie van die materiaal in hierdie reeks na te vors en te bevestig, en hulle 2014 kopiereg reëls op die webtuiste het volledige toestemming gegee om in so manier hul inligting te gebruik.

9. Kyk gerus op Google Maps vir die beste aanduidings van hedendaagse geografie op landkaarte.

10. Die prentjies van elke hoof deel van hierdie gids vorm een lang tydlyn prentjie.

a. So ‘n tydlyn is ook beskikbaar om uit te knip aan die einde van hierdie gids.

11. Geniet dit!

Image 6

C Viljoen

Nota aan die leerder!

Geniet elke oomblik!

Image 7

Image 8

Die Openbaring Reeks – Leerder Gids

Find Your Next Great Read

Describe what you're looking for in as much detail as you'd like.
Our AI reads your request and finds the best matching books for you.

Showing results for ""

Popular searches:

Romance Mystery & Thriller Self-Help Sci-Fi Business