Die Openbaring Reeks - Leerder Gids by Chris Viljoen - HTML preview

PLEASE NOTE: This is an HTML preview only and some elements such as links or page numbers may be incorrect.
Download the book in PDF, ePub, Kindle for a complete version.

DEEL 6

Opsomming van die Openbaring Hoofstukke 1-22

77

Image 109

C Viljoen

Jy word beslis waardeur!

Versprei asseblief hierdie pakket oral aanlyn met

almal wat jy in die hande kan kry!

Dit sal altyd verniet wees!

Lei siele na Christus saam my.

Onthou, jy mag klas-fooie hef aan jou studente

wanneer jy hierdie kursus aanbied, solank jy die

materiaal verniet verskaf.

Saai asseblief in die rigting van hierdie inisiatief sodat

dit voltyds kan hardloop? Watter onderwerp sal jy

volgende wil aanbied?

Baie liefde vir jou, en baie dankie!

Sien bladsy 91 vir nog kursusse wat reeds beskikbaar is!

VIR DONASIES

Mr. CJ Viljoen (Verwysing: Openbaring)

FNB Spaar Rekening: 62473460873

Takkode 250655

Jy kan ook hier kliek of die QR kode scan vir ‘n Pay Pal donasie (chrisviljoen777@gmail.com).

78

Die Openbaring Reeks – Leerder Gids

OPSOMMING: DIE GEBEURTENISSE IN VOLGORDE SOOS OPENBARING ONS LEER

Die wegraping word gereeld beskryf in Openbaring, maar gebeur in Openbaring 4.

Die wederkoms gebeur in Openbaring 19.

1. VANDAG - Die jaar 2024 en aan

a. Mattheus 24 & 16:28.

b. Ons is nog op die aarde, en sien tekens van die einde tyd.

c. Jesus het die sleutels vir die doderyk.

2. Almal kry verskeie geleenthede en waarskuwings om te bekeer

a. Openbaring 1-3

b. Dis die briewe aan die 7 kerke (die Woord).

3. Wegraping “Rapture” gebeur op ‘n datum wat niemand weet nie

a. Openbaring 4-5 → Dis NIE die wederkoms nie… Dis die wegraping.

b. Johannes word opgeroep hemel toe, en sien dadelik die troon van oordeel.

c. Jesus kry die reg om te oordeel, en begin met die verdrukking.

4. Verdrukking – Die jaar 0000-0007

a. Openbaring 6-18

b. Die 7 jaar verdrukking vind plaas, waarin baie goed gebeur:

i. Die oopmaak van die 7 Seels: – Openbaring 6

1. Die wit perd (die opstanding van Satan)

2. Die rooi perd (oorlog en die Magog invasion in die Midde-Ooste)

3. Die swart perd (hoë inflasie en armoede)

4. Die vaal perd (baie dood en honger, en pes, en wilde dier-aanvalle) 5. Die parskuip word getrap vir die laaste Christene.

6. Die Here skeer die hemel oop, die son word swart en die maan rooi.

7. Die 7 Engele kom staan voor die troon, gereed om te blaas.

ii. 144 000 Israeliete op aarde word beskerm, geen nuwe lewe toegelaat. – Openbaring 7. Volgens Jesaja 28:10, wanneer hulle satan sien, dan vlug hulle berge toe en vind skuiling by God. Dis beskerming deur die seël van Jesus, voor die basuine blaas.

iii. Die blaas van die 7 Basuine: – Openbaring 8-9

1. 1ste basuin: Hael en vuur en bloed gemeng beskadig ⅓ gras en bome.

2. 2de basuin: ‘n Berg van vuur vernietig ⅓ van die see.

3. 3de basuin: ‘n Alsem ster verbitter ⅓ vars water en mense sterf daarvan.

4. 4de basuin: God raak die son, maan, en sterre dat ⅓ van hulle glans verdwyn.

5. 5de basuin: 1STE WEE: Lucifer bring vlieënde sprinkane soos perde met skerpioen-sterte wat mense pynig vir 5 maande. Geen dood is moontlik hier.

6. 6de basuin: 2DE WEE: 4 bose geeste by die Eufraat rivier word losgemaak om 200,000,000 perderuiters te lei om mense dood te maak met perde wat leeu-koppe het (wat swawel en vuur spoeg), met slang-sterte.

iv. Johannes eet die oordeel-boekie uit die hemel – Openbaring 10.

v. 2 Getuies kom preek, en blaas verterende vuur oor hul vyande. - Openbaring 11.

vi. 7de engel blaas sy basuin en toe besit God alles vir ewig. Groot hael het gekom en weerlig, en stemme en aardbewings. Dis die 3DE WEE se aankondiging (die 7 Skale van Openbaring 16). Die 7 Skale begin hier!

79

C Viljoen

vii. Middel van die jaar 0003 – Satan, die draak met 7 koppe, 7 krone en 10 horings staan in die Joodse tempel, en stig die 10-nasie konfederasie. – Openbaring 12.

viii. Die valse profeet, ‘n dier uit die see soos ‘n Luiperd met beer-pote en ‘n leeu-bek, met 7 koppe, 10 horings, en 10 krone, kry krag van die draak af om vir 42 maande (3⅓ jaar) te laster teen God. Een van die koppe was dodelik gewond, en het genees, en baie het die dier gevolg. – Openbaring 13.

ix. Die antichris, ‘n dier uit die aarde met 2 lam horings, klink soos die draak, en groot tekens gedoen, en seker gemaak almal aanbid die dier uit die see. – Openbaring 13.

x. Jesus en die vrygekooptes op die berg Sion, God se oordeel word aangekondig, Jesus maai die aarde af, en die parskuip word nog een keer gedruk. – Openbaring 14.

xi. 7 Engele maak gereed om die 7 laaste plae te bring uit die 7 Skale van God se grimmigheid. – Openbaring 15.

xii. Die uitgooi van die 7 Skale: – Openbaring 16

1. 1ste skaal: Bose swere kom oor die mense met die 666 merk.

2. 2de skaal: Die see het dooie bloed geword, en als in die see het gesterf.

3. 3de skaal: Al die vars water het bloed geword.

4. 4de skaal: Die son het mense geskroei, maar niemand wou hul bekeer nie.

5. 5de skaal: Mense het hulle tonge gekou van pyn en aanhou laster.

6. 6de skaal: Die Eufraat droog op sodat die konings van die ooste reg is vir die oorlog op Megiddo in Israel.

7. 7de skaal: ‘n Groot stem in die hemel se: Dit is verby! Groot hael het geval en die eilande en berge het gevlug. Die mense het aanhou laster.

xiii. Die groot hoer (sondaars wat laster) word verlei deur die dier. – Openbaring 17.

xiv. Babilon (Europese Unie) val vir ewig, en die hele aarde huil. – Openbaring 18.

xv. Die hemele is bly oor Babilon, en Christus op ‘n Wit perd word genoem Getrou en Waaragtig, die Geregtigde Oordelaar, het oorwin met die Swaard van Sy mond, en sal regeer vir ewig met die yster septer in Sy hand! – Openbaring 19. Hierdie is NIE

die wegraping nie. Dis die wederkoms.

Find Your Next Great Read

Describe what you're looking for in as much detail as you'd like.
Our AI reads your request and finds the best matching books for you.

Showing results for ""

Popular searches:

Romance Mystery & Thriller Self-Help Sci-Fi Business