Die Openbaring Reeks - Leerder Gids by Chris Viljoen - HTML preview
Download the book in PDF, ePub, Kindle for a complete version.
DEEL 5
In Hoofstuk 20-22 word die Satan 1000 lank gebind, Christene heers, Satan word finaal oorwin, en die laaste oordeel deur Jesus vind plaas. ‘n Nuwe hemel en aarde word geskape waarop die Nuwe Jerusalem neerdaal, en almal sal vir ewig leef in die Nuwe Tuin van Eden, sonder kanse van misleiding soos die eerste keer. Kom Jesus, kom! Amen!
69
70
Die Openbaring Reeks – Leerder Gids
HOOFSTUK 20 – Satan 1000 jaar gebind, Christene heers, laaste oorwinning, laaste wit-troon oordeel.
‘n Engel daal uit die hemel neer met ‘n groot ketting (Klaagliedere 3:6-8) en die sleutel van die afgrond. Hy gryp die draak en bind hom in die afgrond 1000 jaar lank (Daniel 12:1), en verseël die afgrond, sodat die nasies nie meer verlei sou word nie.
Toe sien Johannes die trone, en hulle het gaan sit en aan hulle is die oordeel gegee (Daniel 7:9-12 & 18, 1
Korinthiërs 6:2-3, & Matthéüs 19:28). Al die gelowiges het saam Christus JESUS as konings geleef en regeer die 1000 jaar lank OP AARDE. → Hier is die EERSTE KEER wat ons die gelowiges weer sien na die verdrukking. Die doel van die 1000 jaar vrederyk word verduidelik in detail aan die einde van die les.
Tydens die 1000 jaar: Die dooie gelowiges word lewendig 1 Thessalonicense 4:16, almal kry ewige lewe 1
Korinthiërs 15:51-55, ons kry nuwe liggame soos Jesus 1 Johannes 3:2 en Filippense 3:20-21, die lewendige sondaars word oorwin Jesaja 11:4, en hulle bly almal dood tot die einde van die 1000 jaar Openbaring 20:5.
Die ander dode het nie herlewe tot die 1000 jaar klaar was nie. Dit was die 1ste opstanding. Salig is hulle, want hulle sal vir die 1000 jaar priesters van God wees, en die 2de dood het geen krag oor hulle nie.
Na die 1000 vrederyk word die duiwel ontbind. Hy sal probeer om die nasies van die 4 hoeke van die aarde te verlei, insluitend die Gog en Magog, en hulle is ontelbaar baie. →2 Korinthiërs 11:14 & 1 Petrus 5:8.
Hulle het almal versamel rondom die laer van die heiliges in die geliefde stad OP AARDE, en toe stuur God DIE VADER IN DIE HEMEL ‘n geweldige vuur uit die hemel om hulle almal te verslind. Johannes 12:31 - Toe is die duiwel en die valse profeet in die gevangenis gewerp en sal tot in ewigheid dag en nag gepynig word.
Toe sien Johannes ‘n groot wit troon met Jesus wat daarop sit, en die (ou oorspronklike eerste) hemel en aarde het voor Sy aangesig gevlug en geen plek is vir hulle gevind nie.
Toe kom al die dode, uit see en aarde, klein en groot voor God IN DIE HEMEL 1 Thessalonicense 4:17. Die boeke (Deuteronomium 31:24-26 & Joshua 1:8) is geopen saam met die boek van die lewe, en die dode (Johannes 5:24) is volgens hulle werke veroordeel. Let wel, die dode… NIE die kinders van God nie. Daniel 12:1 Die dood en doderyk is toe in die vuur gewerp, en dis die 2de dood, en almal wie se naam nie in die boek van die lewe gevind was nie, is ook in die poel van vuur gewerp. → Johannes 3:5.
71
C Viljoen
HOOFSTUK 21 – Die nuwe hemel en aarde, en die nuwe Jerusalem.
‘n Nuwe hemel en aarde het verskyn Jesaja
wat uit die hemel neer daal. Die stad het God se
40:11-12, want die eerstes het verby gegaan, en
heerlikheid gehad, met lig soos ‘n kristalhelder
hier was geen see (Hoekom? – Miga 7:18-20 –
kosbare Jaspis steen (groen). Sy muur was groot
Kyk ook na Deel 1 vir meer & interessante feite
en hoog met 12 poorte, en by die poorte die 12
hier onder). En Johannes het die heilige stad, die
engele, en met die name van die 12 stamme van
nuwe Jerusalem sien neer daal van God uit die
die kinders van Israel daarop geskryf. Genesis 49 -
hemel, toeberei soos ‘n bruid vir haar man versier
Verwys na Deel 2 vir meer.
is. ‘n Groot stem se: Kyk, die tabernakel van God
is by die mense, en God sal by hulle woon as hulle
Die Noord-, Oos-, Suid-, en Weste kante het elk 3
God. En God het almal se trane afgevee, en daar
poorte gehad. Die muur het 12 fondamente
sal geen dood en droefheid en geween en moeite
gehad, en die name van die 12 apostels was
meer wees nie, want die eerste dinge is verby.
daarop Matthéüs 10:2-4. En die engel wat met
Johannes gepraat het, het ‘n goue meetroede
En God het gesê: Ek maak alles nuut, skryf hierdie
gehad om die stad en poorte en die muur te
betroubare woorde neer! Toe se God vir
meet. Die stad was 1500 myl -wyd, -lank, en -
Johannes: Dit is verby! Ek is die Alfa en Oméga,
hoog. Die muur was 144 el (volgens ‘n mens se
die begin en einde. Aan die dors sal Ek water uit
maat, wat die maat van ‘n engel is). Die boustof
die fontein van die lewe gee, verniet. Johannes
van die muur was Jaspis, en die stad was suiwer
4:14, Spreuke 16:22, 14:27, & Openbaring 7:17.
goud, soos suiwer glas. Al die fondamente van die
Die wat oorwin, sal ALLES beërwe, en Ek sal vir
muur was versierd, elkeen met verskillende
hulle ‘n God wees, en hulle My kinders.
edelgesteentes. Die 12 poorte was 12 pêrels, elke
poort was een pêrel, en die straat van die stad
Al die vreesagtiges (1 Petrus 1:17, Matthéüs
was suiwer goud so suiwer soos deurskynende
8:26, Markus 4:40, 2 Timótheüs 1:7, &
glas. Daar was geen tempel, want God en die Lam
Deuteronomium 20:1-8), ongelowiges,
was die tempel. God en die Lam se heerlikheid
gruwelikes, moordenaars, hoereerders,
het die son en maan vervang.
towenaars, afgodedienaars, en leuenaars sal
brand in die poel van vuur en swawel.
Daar sal nooit weer nag wees nie, en die poorte
sal nooit gesluit word nie, en die nasies en
Een van die 7 engele wat een van die sewe skale
konings van die aarde sal daarin wandel en
gehad het met die laaste plae het na Johannes
heerlikheid en eer daarin bring Jesaja 66:22-24
gekom en gesê: Kom hier, ek wys jou die vrou van
(Sabbat aanbidding). Niks onheilig sal daar in
die Lam. Die engel voer Johannes weg in die gees
gaan nie, maar net alleenlik die wat in die boek
op ‘n hoë berg en wys hom die groot heilige stad,
van die lewe opgeskrywe is. – Johannes 3:5.
72

Die Openbaring Reeks – Leerder Gids
HOOFSTUK 22 – Die ewige lewe, laaste waarskuwings en beloftes.
Toe wys die engel vir Johannes ‘n suiwer rivier met waters van die lewe, wat uit stroom van die troon. Die groot boom van die lewe het aan weerskante van die rivier gestaan, en het 12 maal vrugte gedra elke maand, en die blare is die nasies se genesing.
Alle versoekings is weg, en God se diensknegte sal Hom dien. Sy Naam sal op hulle voorhoofde wees, en hulle sal Sy aangesig sien, en saam hom tot in ewigheid regeer, en daar was geen nag meer nie.
Die engel se toe: Kyk, Jesus kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie bewaar. Toe Johannes neer val om die engel te aanbid, se die engel hy moet net God aanbid.
Die engel se toe dat Johannes hierdie woorde nie moet verseël nie, want die einde is hier.
Laat die wat onreg doen, nog meer onreg doen (2 Timoteus 3:13, Markus 9:42, Daniel 12:10 & Eségiël 3:27), en laat die heilige nog heiliger word. Jesus, die Alfa en Omega, kom om elk se loon te bring. Salig is hy wat die gebooie doen, sodat hulle kan ingaan deur die stad se poorte en reg kry op die boom. Buite sal elke sondaar wees.
Jesus is die blink morester, die wortel van David. (verskillend van Jesaja 14:12 & 1 Petrus 5:8, hoekom? 2
Korinthiërs 11:14) Toe se die bruid: KOM! En laat hom wat hierdie woorde hoor ook se KOM! Laat hom wat dors is kom, en die wat wil, verniet van die lewens water neem.
LUISTER: As iemand by hierdie woorde byvoeg, bring God die plae van die boek oor hom (Eksodus 7-11).
En as iemand van hierdie woorde wegneem, neem God sy deel uit die boek van die lewe weg (Eksodus 32:33). Jesaja 46:9-11.
LEES SAAM: Die getuienis van hierdie woorde moet sê: “Amen! Here Jesus kom gou!”
God is genadig.
Amen.
Jeremia 29:11
73
Wat het ons geleer?
HUISWERK – VIR ELKE SESSIE: Elke persoon kan een van die volgende kies:
- Vertel een Bybel feit → __________
- Lees een kort-verhaal uit die Bybel → __________
- Open met gebed → __________
- Sluit af met gebed → __________
VERWYSINGS:
- 2 Petrus 2:4, Johannes 3:5, 10:28, 5:19 & 22, Judas 1:6 & 9, Matthéüs 7:1, Lukas 10:20 & 25-28, 1
Thessalonicense 4:16, Daniel 7:10, 2 Petrus 3:9, Psalm 33, 119, & Prediker.
INTERESANTE FEITE:
- Vir Openbaring 20: Die Bybel self se dat Jeremia moontlik die Klaagliedere geskryf het, in 2
Kronieke 35:25. Lukas 1:32-33 praat van 1000 jaar op aarde. Deuteronomium 29:29 se dat God geheime het. WOW! Natuurlik het God! Ons weet nou maar net ten dele.
- In Openbaring 21 word genoem dat die pragtige nuwe Jerusalem tempel se fondamente die name van die 12 apostels gaan op hê… Dink jy hierdie name sluit die naam van Judas in? Hy was dan die verraaier van Jesus... Sal dit nie die tempel besmet nie? Ek sou se dis belangrike leerstof om oor na te dink! Kom ons breek dit effens oop:
o JUDAS ISKARIOT EN DIE OPENBARING
o HOE HET JUDAS GESTERF? → Selfmoord.
- Matthéüs 27:5-8 → Na Judas vir Jesus verraai het, en sy fout opgelet het, het hy sy dissipelskap verlaat en homself gaan hang, en die owerpriesters het sy omkoop-geld gebruik om vir hom die grond te koop waarop hy dood is, vir ‘n begraafplaas vir VREEMDELINGE! Hulle het hom geken; hoekom word hy dan ‘n VREEMDELING
GENOEM? WANT, wie ‘n vriend van die wêreld is, is ‘n vyand van God, en nie almal wat Sy naam gebruik, sal gered word nie, maar net die opregtes van hart: Jakobus 4:4, Matthéüs 7:21-23, & Spreuke 21:2.
- Handelinge 1:18 → Lukas, die skrywer van Handelinge, het gehoor van Judas en die grond wat met sy opkoop-geld gekoop was, en hy beskryf dat Judas vooroor geval het en al sy ingewande uitgestort was.
- Jesaja 28:10 → God beskryf dat Sy plan spesifiek was om die Bybel in stukke te skryf, dat mense dit moet deursoek. Dis hoekom Matthéüs beskryf dat Judas gehang is, maar Lukas beskryf later dat sy ingewande uitgestort het; heel moontlik oor sy lyk gevrot het, opgeswel het, en toe oopgebars het toe hy val.
o WAS JUDAS SE SIEL GERED? → Heel moontlik nie.
- Johannes 6:70-71 → Jesus het die 12 dissipels gekies, en van die begin af geweet Judas is ‘n duiwel, so hy was nie verander om by God se plan in te pas nie. HY WAS REEDS ‘N
DUIWEL, en God het hom net gebruik vir goed. Judas het altyd ‘n keuse gehad. Wat die duiwel vir SLEG beplan het, het God gebruik vir GOED. – Genesis 50:20. Eers na Judas ontbloot was as die een met die slegte hart, het die SATAN self hom in gevaar, volgens Johannes 13:24-27. Judas was die seun van SATAN, die seun van die verderf! Dit klink of Satan vir God ge-“copy” het deur ook ‘n seun in die wêreld te bring. Judas die seun van die verderf, en Jesus, die Seun van God.
- Johannes 12:4-6 → Judas was ‘n dief terwyl hy ‘n dissipel was.
- Matthéüs 26:14-16 → Judas beplan om Jesus te verraai.
- Matthéüs 27:5-8 → Jesus wee die man wat Hom gaan verraai.
74
Die Openbaring Reeks – Leerder Gids
o HET JUDAS HEMEL TOE GEGAAN? → Lyk nie so nie, maar ons kan nie seker wees nie.
- Al wat ons vir seker weet is dat ons nie mag oordeel nie (Matthéüs 7:1-3). As God se kinders sondig word hulle nie hel toe gestuur nie (Romeine 8:1). Hulle word getugtig en vergewe, as hulle dit van God vra (Hebreërs 12:6). Judas het nou wel selfmoord gepleeg… Dis sonde (Eksodus 20:13). Maar as sy sondes vergewe is, hoe weet ons dan of sy siel verlore was of nie? Ons gaan eers vir seker weet of Judas hel toe is, na ons dood is. Ons kan nie eers se of sy sondes vergewe was nie, want ons weet nie hoe opreg hy geword het na hy Jesus verraai het nie. Nêrens bid hy vir vergifnis nie. Ons kan niks nou bewys nie. Miskien het Judas al die tou om sy nek gehad, en toe skierlik besluit nee hy gaan nie meer selfmoord pleeg nie, en toe oor sy eie voete geval voor hy die tou kon af kry, en gesterf sonder dat dit selfmoord was. Ons weet nie vir seker nie, maar wat ons wel weet is:
- Matthéüs 26:24 → Jesus beskryf groot pakslae vir Judas.
- Johannes 17:12 → Jesus praat direk met God die Vader en beskryf dat een van Sy 12
dissipels, die SEUN VAN DIE VERDERF, verlore gegaan het. Judas was dan ‘n duiwels-kind, gestuur van die begin af. Sy lot was nie deur God verander nie. Hy het nog altyd vrye wil gehad, en God het van die grondlegging van die aarde geweet of Judas hemel toe gaan of hel toe. (OU TESTAMENT - 2 Thessalonicense 2:3, Psalm 109:8-9) MAAR
omdat hy ‘n duiwels-kind was het God selfs hierdie sleg vir Goed gebruik en laat Jesus die dood oorwin met Judas, die eie hand van die duiwel.
- Handelinge 1:22-26 → Matthias was gekies om Judas se plek in te neem na Judas die dissipelskap verlaat het.
o SO WAAR PAS JUDAS DAN IN OP DIE OPENBARING-STORIE?
- Wel Openbaring 21:14 beskryf dat die name van die 12 apostels op die Jerusalem-fondamente eendag gaan staan. As Judas nie in die hemel is nie, hoe kan sy naam saam die 11 geskryf word op Jerusalem se fondamente? Dit sal die tempel vervuil. Tensy hy in die hemel is; maar Matthias se naam op die tempel geskryf word saam die 11, oor hy by Judas op aarde die apostel-amp oor gevat het.
o DIE PUNT: Kanse is uiters skraal dat Judas se naam op die stad se fondamente geskryf is.
- Ook vir Openbaring 21, waar verwys word dat die hemel nie ‘n see gaan hê nie, in Miga 7:18-20…
Ekstra verwysings vir self-studie kan gelees word in: Eksodus 34:7, Job 33:29, Jesaja 53:5, Eségiël 18:20, Filippense 4:13, & 1 Korinthiërs 3:15.
- As jy agter bly na die wegraping, sal jou kop afgekap word wanneer jy getuig vir Jesus! –
Openbaring 20:4.
- Jy sal ‘n verskriklike groot loon in die hemel ontvang as jou geliefdes ongelowig is, en jy hulle ter wille van die woord verlaat het. – Matthéüs 19:29.
- Hoekom is daar ‘n 1000 jaar vrederyk? Kon ons nie net dadelik die duiwel oorwin en hemel toe gaan nie? Hoekom eers hierdie 1000 jaar? Beloftes is vir God baie belangrik, soos ons sien in Matthéüs 5:37. Sy beloftes en verbonde moet eers vervul word voor die hemel. Soos byvoorbeeld: o Die beloofde land in Deuteronomium 30:1-10. God het meeste van hierdie belofte al nagekom. Abraham het in die land in gegaan, hy is die pa van baie nasies, Joshua het die beloofde land gevat met die Israeliete. Maar Israel het nog nooit die volledige land in besit geneem nie, soos belowe in Genesis 15:18-20 en Numeri 34:1-12. Salomo het nog nie eers hier regeer nie (1 Konings 4:21-24). Aan Abraham was belowe dat die land hulle sin sal wees vir alle ewigheid. (Genesis 13:15, 17:8, en Eségiël 16:60).
o Die belofte aan David, in 2 Samuel 7:16. Daar was aan hom belowe dat sy bloedlyn nooit sal uitsterf nie. Jesus is die vervulling van hierdie belofte. Dis hoekom Sy bloedlyn deur sy pa EN
75
ma beskryf word in Matthéüs 1:1-17 en Lukas 3:23-38. Jesus kom om eers te regeer en Israel weer ‘n sterk nasie te maak.
o Die nuwe verbond in Jeremia 31:31-34. Dis reeds vervul met Jesus wat vir ons sondes uit die dood kom opstaan het. MAAR, ‘n gedeelte daarvan moet nog kom: Jeremia 31:33 en Eségiël 36:28 verduidelik dat die wet in ons harte geskryf moet word, en dat God ons God gaan wees, en dat Hy saam ons gaan wandel. Volgens Romeine 9-11 moet Israel ‘n onafhanklike nasie word, en dit gaan hier in die 1000 jaar gebeur.
o ‘n Paar ander beloftes: Jesus se vyande gaan ‘n voet stoel wees vir hom, en Sy volgers gaan Hom self volg (Psalm 100), Die nasies sal saam Jesus in vrede wandel (Daniel 7:11-14), die vervloeking oor die aarde sal verwyder word (Romeine 8:18-23), mens en dier sal in vrede lewe (Jesaja 11:6-9, & 32:13-15), en daar sal geen meer siekte wees nie (Eségiël 34:16).
o Geen mens sal tydens die 1000 jaar kan gered word nie: Jeremia 25:33, 4:25, en Openbaring 22:11 & 22. Die gelowiges is in die Nuwe Jerusalem, en die goddelose is dood op die aarde.
76

Die Openbaring Reeks – Leerder Gids




