Spreuke Raaisels - Vraestel by Chris Viljoen - HTML preview
Download the book in PDF, ePub, Kindle for a complete version.
INLEIDING
2 Kronieke 1:10-12
Gee my nou wysheid en kennis, dat ek voor hierdie volk kan uit- en ingaan, want wie kan hierdie groot volk van U regeer? Toe sê God aan Salomo: Omdat dít in jou hart gewees het, en jy nie rykdom, skatte en eer en die lewe van jou haters of selfs 'n lang lewe begeer het nie, maar wysheid en kennis vir jou begeer het om my volk waaroor Ek jou koning gemaak het, te kan regeer - daarom word dié wysheid en dié kennis aan jou gegee. Ek sal jou ook rykdom en skatte en eer gee soos die konings wat voor jou gewees het, nie gehad het nie, en soos ná jou nie sal wees nie.
Spreuke 9:10-12
Die beginsel van die wysheid is die vrees van die Here, en kennis van die Heilige is verstand. Want deur my word jou dae meer en word jare van lewe vir jou toegevoeg. As jy wys is, is jy wys tot jou voordeel, en is jy
'n spotter, dan moet jy dit alleen dra.
