Spreuke Raaisels - Vraestel by Chris Viljoen - HTML preview
Download the book in PDF, ePub, Kindle for a complete version.
LAAT JOU DOOP
God het gesê ons moet Jesus aan neem, en glo dat Jesus God is, en ons laat doop. Dit moet nie verwar word met die in-seëning van ‘n baba nie. Die doop is bedoel vir volwassenes wat, na jy Jesus aangeneem het as jou Saligmaker, nou ‘n “public act to witness” maak vir jouself en vir die rondom jou, wat jou van hierdie punt af vorentoe jou kan herinner en jou verantwoordelik hou vir jou aksies. Dit bring jou simbolies in Jesus se graf in saam met Hom, en jy staan saam Hom ook weer op uit die dood! Jy sterf jou sondes en jou ou lewe af in die water Markus 16:16, Efésiërs 4:4-6, & Romeine 6:4.
LEER ELKE DAG DIE WOORD VAN GOD EN RED SIELE VIR CHRISTUS
Begin om die nuwe testament te leer uit ‘n ou-vertaling Christen Bybel, en versprei hierdie selfde nuus net soos dit vir jou ook vrylik gegee was! Praat met almal oor God, altyd! Moenie vergeet om ook die ou testament te leer nie, maar doen dit NA jy die nuwe testament geleer het, want jy moet eers leer oor jou eie verbond wat jy met Jesus in getree het, voor jy van die vorige verbond kan leer. Hebreërs 8:13 ☺
WELKOM IN DIE FAMIELIE VAN CHRISTUS
Jy kan NIE jou redding verloor wanneer jy sondig NIE! As jy daaroor berou en vergifnis vra... So moenie laat die duiwel vir jou lieg nie. BID ALTYD! Werk hard terwyl jy belowe word om vervolg te word op aarde!
Johannes 8:44, 16:33, 1 Johannes 1:9, & 1 Thessalonicense 5:16-18.
Ek is trots Pinkster, happy-clappy!!!
