Spreuke Raaisels - Vraestel by Chris Viljoen - HTML preview
Download the book in PDF, ePub, Kindle for a complete version.
DIE CHRISTELIKE KREED OF GELOOFSBELYDENIS
Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde.
Ek glo in Jesus Christus, Sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is, en neergedaal het na die hel tot redding van die dooie heiliges. Ek glo dat Hy op die derde dag weer opgestaan het uit die dood; en dat Hy opgevaar het na die hemel en sit nou aan die regterhand van God, die almagtige Vader, waarvandaan Hy weer gou sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel.
Ek glo in die Heilige Gees, die twee-snydende swaard en lewendige woord van God wat skerper is as enige ander swaard, die heilige, algemene, Christelike kerk, en die gemeenskap van die heiliges.
Ek glo in die vergewing van sondes; die opstanding van die liggaam; en die ewige lewe.
Amen.
NEEM JESUS AAN AS JOU PERSOONLIKE SALIGMAKER
Daar is net een manier om seker te wees jy gaan hemel toe. Jy moet Jesus aan neem as jou persoonlike Saligmaker. Goeie werke kan jou nie red nie. Dit kan jou net gered hou, want geloof sonder dade is dood!
Jesus is die enigste weg na die hemel! Almal het gesondig. Het jy al ooit gelieg, of gesteel, of een van jou medemense gehaat? Lees Romeine 3:23, 10:9-10, & Johannes 3:5. Kom ons bid saam: Jesus, ek is ‘n sondaar wat verdien om hel toe te gaan. Maar ek glo dat U die enigste Here is. Ek glo dat U
vir my sondes gesterf het, en uit die dood opgestaan het. Vergewe my sondes asseblief. Was my skoon met U bloed. Maak my ‘n nuwe mens. Maak my U kind. Gebruik my vir U wil. Kom leef vir ewig in my hart. Ek behoort nou aan U. Ek gaan elke dag vir U leef. Dankie Here! Halleluja! Amen!
