Esther se Getuienis by Esther du Toit - HTML preview

PLEASE NOTE: This is an HTML preview only and some elements such as links or page numbers may be incorrect.
Download the book in PDF, ePub, Kindle for a complete version.

Agtergrond en my redding:

Ek het op ‘n plaas groot geword. Ons was nie ryk nie, maar my ouers het ons goed versorg. Ek is die 3de jongste kind van sewe kinders. Ons was twee dogters en vyf seuns. Toe ek begin werk, het ek geleer om te bid en was soekend. My pa is oorlede toe ek maar 16 jaar was. Ek is getroud toe ek maar 17 jaar en 6 maande was, baie jonk maar ek was gelukkig. Ons het gereeld kerk toe gegaan, oggend en aand op ‘n Sondag, maar dit was net GODsdiens. Twee kinders is uit my huwelik gebore, ‘n seun en ‘n dogter.

Op 42 jaar leeftyd het ek ‘n kragtige ontmoeting met GOD gehad in my slaapkamer. Die oggend van 12 Desember 1986. Dis nou 30 jaar gelede.

Ek wou nie meer lewe nie. Ek wou myself skiet. Toe ek voor die kas staan waarin die pistool was het my moed my begewe en ek het omgedraai en by die voetenend van die bed neer geval en gesê : My GOD as U my nie help nie,wil ek nie meer lewe nie. Ek is sondig en skaam om voor U te kom. Ek het verskriklik gehuil. Meteens het ‘n vrede oor my gekom en ek het geweet GOD het my aangeraak. Daarna het ek so lig gevoel en soveel vrede gehad en skielik die begeerte om Bybelte lees.

My seun was op daardie stadium in die weermag en sou binne 2 weke huis toe kom na sy opleiding. Hy het later getuig hoe hy onder die sterre op die grens ‘n oorgawe gemaak het en JESUS aangeneem het. Hy het gelê en kyk na die sterre, toe hoor hy ; “ Was jy maar warm, of was jy maar koud.” En besef dit is Openbaring 3:15-16. Maar nou omdat jy lou is sal ek jou uit my mond spuug. Hy het net besef as hy op daardie oomblik sal sterf sou hy nie Hemel toe gaan nie, maar hel toe. Na sy wedergeboorte het hy vir my en sy pa begin bid dat ons ook gered word. VADER het sy gebede verhoor.