Esther se Getuienis by Esther du Toit - HTML preview

PLEASE NOTE: This is an HTML preview only and some elements such as links or page numbers may be incorrect.
Download the book in PDF, ePub, Kindle for a complete version.

 

Voorwoord:

Alle eer aan Vader wat my geïnspireer het om my getuienis neer te pen en al die fyn herinderinge wat Hy teruggebring het.

Esther (estherdut@yahoo.com)

‘n Woord aan my (gegee kort voor my eerste oorsese reis) maar belofte wat tot vandag werklik is in my lewe:

Jou fontein sal nooit opdroog nie sê die HERE. Nooit sal Ek My seëninge van jou weerhou nie. Nooit sal Ek jou vervloek of My goedheid en guns van jou onttrek nie.

Ek sal altyd jou voorsiener en verlosser wees deur dik en dun. Nooit sal Ek van jou vergeet nie.

Vir altyd en ewig sal jy skuil in die skaduwee van die Almagtige. Jy is gewaarborg van My vergifnis.

Ek JESUS sal altyd vir jou by VADER intree. My Engele sal jou altyd omsingel en beskerm.

My Genade sal altyd vir jou genoeg wees. Jy is myne vir ewig. Jou GOD en VADER.

Exodus 23:20

Kyk, Ek stuur ‘n Engel voor jou uit om jou op die pad te bewaar en om jou na die plek te bring wat Ek gereed gemaak het.