Die Openbaring Reeks - Leerder Gids by Chris Viljoen - HTML preview
Download the book in PDF, ePub, Kindle for a complete version.
Mediterreense see
EU (Europese Unie) – Rome (Italië – 7 Hills) –Sirië – China – Noord Korea
Toe kom drie onreine geeste soos paddas uit die draak en dier se bek (Eksodus 8:6, Openbaring 19:20, & Matthéüs 24:24), en uit die mond van die valse profeet. Hulle is duiwels wat die konings van die aarde sal versamel vir die oorlog in die plek Armagéddon, in Hebreeus (Rigters 5:19 & Sagaría 12:11).
Salig is hy wat sy klere bewaar! Johannes 3:5
Hierdie same-roeping is die bymekaar-maak van al die militêre magte van die NWO wat deur die duiwel gehardloop gaan word – Openbaring 19:19. China is tans een van die permanente lede van die UN (vrede front). (Meer oor die verskil tussen die EU en UN later). Maar, as China en al die ander lande saam lid word van die NWO, en Israel besluit daarteen, stop niks vir China om hulle aan te val nie, en Noord Korea sal seker self ook nooit opgee nie, sowel as Sirië. Let wel: Babilon soos aangedui hierbo, is ook Antieke Assirië (Mesopotamië). Dis Ninevé in Jona se tyd.
Die sewende skaal: Eilande en berge vlug! Dit is verby!
In die lug gegooi: Toe kom ‘n groot stem van die troon uit die tempel in die hemel, wat se: “Dit is verby!”.
Groot stemme en bliksems het gevolg, en die grootste, mees geweldigste aardbewing wat die wêreld ooit gesien het. Matthéüs 24:21 & Daniël 12:1. Toe is die groot stad (Openbaring 14:8-10) in drie gedeel, en al die stede het geval. God onthou toe Babilon, en bring Sy beker van grimmigheid na haar toe.
Die berge en eilande het gevlug, en groot hael-klippe het uit die hemel geval op die mense, en hulle het God gelaster oor Sy plaag ontsettend groot was.
55
C Viljoen
HOOFSTUK 17 – Babilon val, die groot hoer (lasteraars) word deur die 7-kop skarlakenrooi dier verlei.
Een van die 7 engele voer toe Johannes weg in die gees na ‘n woestyn, en wys hom die oordeel (Jeremia 15:13-14 & Nahum 3:4) van die groot hoer wat op baie waters sit (onthou die “baie” waters is die onstuimige see wat nie gaan bestaan in die hemel nie – Jesaja 57:20), wie met die aardse konings gehoereer het. (Openbaring 19:2, Psalm 73:27 & Openbaring 21:9) Hy sien ‘n skarlakenrooi dier vol godslasterlike name, met 7 koppe en 10 horings (Openbaring 13:1), en ‘n vrou wat daarop sit, met purper (pers) en skarlaken (“shocking” rooi) bekleed, en versierd met goud en kosbare stene en pêrels (Eségiël 28:12-15 & Daniël 11:38). Sy het ‘n goue beker gehad vol gruwels (abominations of altans vreemde vlees voor God) van haar hoerery. (Haar sondes teen die Christene was baie groot.) Die vrou was dronk van die bloed van die getuies van Jesus. Jeremia 51:6-10.
Op ***haar kop het*** gestaan: “Verborgenheid, groot Babilon, moeder van hoere en aardse gruwels.”
Die engel verduidelik toe aan Johannes: Hierdie dier “was, en is nie”, en sal van die afgrond op kom (Openbaring 11:7 & 9:1-2) en vaar in die verderf in, en die goddeloses (die wat na die wegraping oor is) sal wonder oor die dier “wat was en nie is nie, alhoewel hy is” (Openbaring 13:3-4), sodat die laaste wyn geduldig uitgedruk kan word, die laaste heiliges gered kan word in die “Tribulation”, voor die oordeel.
Wat beteken “die dier wat was, en nie is nie, alhoewel hy is”? Dit beteken “Hy was lewendig, en is nie meer lewendig nie, alhoewel daar staan hy reg voor hulle, saam die Antichris uit die afgrond opgestaan.” Die maklikste manier om hierdie deel te verstaan: Satan sal op kom uit die afgrond (homself bekend maak aan die mense, sodat hulle sal verwonderd wees dat hy regeer), en na hy ‘n klein rukkie gebly het, sal hy in die ewige verderf gegooi word. Lees Daniël 7:11-12 - Met ander woorde: Die duiwel is alreeds dood en weet dit nog nie. Verlenging van dae is aan hulle en hul volgers gegee tot op die groot dag waar Jesus heerskappy kry, sodat Hy hulle kan oordeel. – Die duiwel en sy volgers – almal - word eers in die verderf gegooi met die laaste oordeel, die finale, tweede dood.
56
Die Openbaring Reeks – Leerder Gids
Vinnige vragie: Die Eufraat rivier was deur God uitgedroog, om die pad reg te maak wat na Israel toe kom (op die Megiddo/Armageddon oorlog velde), sodat die Oostelike konings maklik reguit in kan kom.
Hoekom? Hoekom het God die pad reggemaak vir die Oosterse vyande van Israel, maar nie vir die ander konings (soos die van die Magog Invasion van Rusland af) nie? Is dit moontlik dat God self hierdie ouens lei, soos Hy die Israeliete gelei het met ‘n vuur-kolom in die lug? Lei Hy mense hier wat gedraai het na die God van Israel toe? Of wil God net gewone vyande teen God van die Ooste af makliker in Megiddo kry, vir die groot oorlog teen Israel? Op die oomblik is Israel (Joodse God), sowel as Noord Korea en China (Budiste en Confuciouniste gode) elkeen lede van die UN (die vrede-liewende lande). Maar stop dit hulle om in ‘n geveg te kom as dit God-teen-gode is, eerder as koning-teen-koning? Wat gaan gebeur tydens die einde van hierdie 10 nasies, wanneer hulle 7 jaar verdrukking verby is???
Toe se die engel verder: Luister mooi! Die 7 koppe is 7 berge waarop die vrou sit. Hulle is 7 konings. 5 Het geval, een is, en die ander een kom nog, en wanneer hy kom, sal hy vir ‘n klein rukkie bly. Die dier is deel van die 7, en is self ook die 8ste, en gaan na die verderf.
Kom ons kyk op hierdie tydlyn, wie hierdie 8 konings is, met hulp van Nebukadneser se droom: Punt 1-8 = Openbaring
voorspelling.
Punt 3-9 = Daniël
voorspelling.
Onthou dat Koning Nebukadneser die koning van Babilon was, en het ‘n droom gehad wat die toekoms voorspel het, nie die geskiedenis nie. So hy het nie die eerste twee konings gesien nie.
1. Egipte (Faro) – Geskiedenis, almal ken die storie van Moses.
2. Assirië – Geskiedenis, meer oor hulle aan die les se einde.
3. Babilon (Goue kop) – Nebukadneser begin hier
4. Persiese (Silver bors)
5. Griekeland (Brons middellyf) – 5 het geval (5 Konings, tussen Egipte en Griekeland) 6. Rome (Bene van yster) – “Een is” (Openbaring 17:10b) Hier is Johannes se tyd 7. Die 7de koning → Ons moderne verdeelde nasies (voete van klei en yster gemeng, waarin die duiwel gaan opstaan en vir ‘n klein rukkie lank bly om die 10 sone te maak – die 10 tone) – “Een moet nog kom” en vir ‘n kort tydjie bly (Openbaring 17:10c & Openbaring 12 – Die draak) Ons tyd, net na die Joodse tempel herbou is. Die wegraping gebeur ook hier, net voor die duiwel regeer.
8. Die 8ste koning kom NA die wegraping, dis die antichris wat die duiwel kom help. Openbaring 13 –
Die dier uit die land en see, die draak se helpers.
9. Die groot klip verwoes alles en neem als oor, en word die laaste koning. Jesus, die “Rock of Ages”! – Daniël 2:44-45 & Jesaja 26:4.
57
Onthou ons het in Deel 3 - Openbaring 12 – Geleer van die “Vrou en die draak (altans die Israeliete en satan)”, en dat die dier gewag het laat Israel die klein Kindjie sou baar wat sou regeer… So eers sien ons Jesus se bruid, die vrou, en nou in Openbaring 17, is dit die groot hoer! Die duiwel se eie bruid!
So ons weet van Openbaring 12 dat die 7 koppe (berge) is die huidige 7 sterkste lande wat vandag die aarde beheer (dis 100% moontlik die EU), in die voete van die beeld in Nebukadneser se droom, yster en klei gemeng, waar die nasies verdeeld is. Hierdie 7 koppe wys ook ‘n tydlyn van 7 koninkryke, wat tot ‘n einde gaan kom saam die 8ste, wanneer Jesus, nommer 9 kom oor vat.
Die 10 horings op die 7 koppe, is 10 konings wat nog geen koningskap ontvang het nie (soos ons reeds geleer het is die 10 nasies wat een Demokratiese Konfederasie gaan vorm), maar kry hier mag soos konings een uur lank saam die dier. Hulle is eens-gesind en gee almal hulle mag oor aan die dier.
Baie belangrik: In die storie van Babel (die toring van Babel – Genesis 11:1-9), het die mense die toring probeer bou om God se troon te kon bereik deur almal een taal, een gesindheid, en een geld-eenheid te hê, en toe het God dit gestop. Van daardie tyd af probeer die duiwel nog steeds die toring herbou, deur weer al daardie goed te begin wanneer die 10 groot nasies almal onder hom is, deur weer een geld-eenheid, een taal, een god, een gesindheid ens. te begin. Werk die duiwel deur die European Union (lande wat saam werk en handel) en die United Nations (lande wat vrede handhaaf)?
Verder verduidelik die engel aan Johannes: Al die konings voer oorlog teen die Lam. (Openbaring 16:16) Die Lam en die wat saam met Hom is oorwin – Openbaring 17:14. BAIE BELANGRIK: Hierdie oorlog op Megiddo/Armageddon is NIE die laaste oorlog nie. Die Lam kom help die Israeliete hier veg teen die duiwel, wanneer die duiwel die hele wêreld draai teen Israel. Dis die einde van die ou wêreld ja, met die val van Babilon, maar dis NIE die finale oorlog nie. Eers in Openbaring 20 kom die laaste geveg, Jesus teen Satan. Die konings van die ooste kan definitief praat van (letterlike Babilon) Irak, Iran, Sirië, China, Korea, ensovoorts, maar hierdie hoer is van Rome af (geestelike Babilon), by die European Union (7 berge).
Toe se die engel vir Johannes: Die waters waarop die hoer sit is al die mense. Die 10 horings sal die hoer haat (Eségiël 28:17) en haar verwoes en eet en met vuur verbrand, en dit is God se bedoeling. Wat se
hierdie gedeelte vir ons? Die duiwel gaan kwaad wees vir die 10 konings oor hy oorwin is, en die 10 konings gaan vir hulle volgers kwaad wees oor hulle die gevegte verloor het, en dan verwoes hulle almal mekaar.
Die ***hoer is die groot stad*** wat heers oor die konings van die aarde. Dis Babilon in ROME, kyk na Openbaring 17:5. BAIE BELANGRIK: Die duiwel gaan uit Babilon in ROME heers; die hoer kom van Irak se kant af, Oos van Israel, die moeder van alle sonde, en dis hy self wat van die Ooste af kom na Megiddo toe saam die ander konings, oor die Eufraat rivier, vir die groot oorlog. ISIS kom uit Irak en Sirië. Wanneer niemand Israel kan oorwin om in die 10 Nasies te val nie, gaan die hele wêreld teen die EU draai!
Moenie vergeet dat outydse Babilon vandag Irak is nie (wat rondom Sirië en Iran en Saudi Arabia is, reg onder die 7 Kerke)! LET WEL: Die Openbaring praat NIE van Irak in hierdie geval nie. Dit is ‘n “geestelike Babilon” die “Groot Babilon” waarvan die Openbaring hier praat. Hierdie “geestelike Babilon” is heel moontlik Rome, in Italië (wat vir Babilon oorgeneem het en die wêreld-heersers was in Jesus se tyd) en is by die European Union te vinde, Noord-Wes van die 7 Kerke en Israel. Die land waaruit die duiwel gaan kom.
Meer oor hierdie land (en ander moontlike lande) aan die einde van die les. KYK DEFNITIEF DAARNA!!!
58
Die Openbaring Reeks – Leerder Gids
HOOFSTUK 18 – Babilon val, die aarde huil.
Toe kom daar ‘n groot magtige engel uit die hemel wat die hele aarde opgelig het van sy heerlikheid. Hy se met ‘n groot stem: “Groot Babilon het geval, en is nou ‘n versamelplek vir duiwels en onreine geeste…
…Omdat die konings met haar hoereer het, en so ryk geword het.” → Is dit dalk die nuus wat wêreld-wyd van haar gaan praat soos die 9/11 nagmerrie, ook op dieselfde oggend het almal geweet?
‘n Ander stem uit die hemel se: “Gaan uit Babilon uit my volk Israel (die Kerk van God), moenie gemeenskap met haar sondes hê en haar plae ontvang nie. Haar sondes reik aan die hemel, en God onthou haar sondes. Gee aan haar dubbel die verdrukking wat sy julle geskink het. Gee haar droefheid en dood en honger, en verbrand haar met vuur in een dag, want sterk is God wat haar oordeel.” → Is dit miskien die grootste nukleêr aanval vanaf reg oor die hele wêreld, wat haar gaan laat brand?
Die konings van die aarde gaan huil wanneer hulle Babilon sien val, terwyl hulle van baie ver weg af kyk, van die vrees vir haar pyniging, en hulle weet hulle kan nie meer met haar handel nie. Als wat edel en mooi is van haar, die vrugte van hulle begeertes het gewyk vir ewig. → Gaan al die rykdom en edel metale en vrugte en ander goed wat die wêreld met haar (die EU) gehandel het, verwoes word? Gaan daar
‘n full-scale trade-embargo teen haar gestig word? Nie net ‘n sanction nie!
En al die skepe van die see het ook ver weg gaan staan toe hulle die stad se rook sien, en het uitgeroep:
“Watter stad is soos die groot stad?” En hulle het ook geween, en vir die hemel uitgeroep en gesê:
“Wees bly, want God het julle oordeel oor haar voltrek”. → Voorspel God hier dat die skepe die nukleêr aanval op land sal kan sien, en die resultate ook kan sien, soos hulle wel vandag kan doen?
Toe vat een sterk engel ‘n groot meulsteen en gooi dit in die see, en se: “So sal Babilon neergegooi word en nooit gevind word nie, en sal geen klanke meer maak nie, of geen lig weer skyn nie, want haar towery het die nasies verlei. Die bloed van profete en heiliges wat in haar gedood is, is in haar gevind.” → Is dit miskien ‘n asteroïde uit die hemel, soos wat gebeur in Independence day? Of het die Engel ‘n visioen hier aan Johannes gegee om te verstaan hoe stil en toegesluit Babilon gaan word? Lees Eségiël 38.
59
C Viljoen
HOOFSTUK 19 – Babilon val, die hemel in vreugde, en Christus oorwin.
Toe hoor Johannes ‘n groot menigte in die hemel wat se: “Halleluja aan God, want Hy het die groot hoer regverdig ge-oordeel, en regverdige bloed op haar gewreek. Halleluja, haar rook gaan op tot in ewigheid.”
Toe aanbid almal, insluitend die ouderlinge en lewende wesens God in die hemel. → Deuteronomium 32:43.
‘n Stem uit die troon se “Prys God, klein en groot!” (Psalm 134) en toe se ‘n menigte stemme in die geluid van groot dreunings en waters en weerligte: “Halleluja, God het die Koningskap aanvaar! Jesus het gekom, en Sy vrou het haar gereed gemaak.” (Daniël 10:6-10) Sy (ons) kry toe rein blink fyn linne om aan te trek (die regverdige dade van die heiliges) – Jesaja 54:4-8 & Openbaring 3:4.
Toe se die engel vir Johannes: SKRYF! Salig is almal wat na die bruilofsmaal genooi is – Psalm 45. Dit sê God self – Genesis 1:3. Toe val Johannes neer en aanbid die engel, en die engel stop hom, en se: “Moenie!
Aanbid God en Jesus, die gees van hierdie profesie!”
Toe maak die hemel groot oop, en daar was ‘n wit perd, en Hom wat daarop sit, word Getrou en Waaragtig genoem, die Oordelaar wat oorlog voer in Geregtigheid! Sy oë was vuur, en op Sy hoof was baie krone, en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is wat net Hy self ken. Sy kleed was in bloed gedoop, en sy Naam is: “Die Woord van God” – Jesaja 63:2-3, Johannes 1:1. Uit Sy mond gaan ‘n Skerp Swaard om die nasies te slaan –
Hebreërs 4:11-14. Hy regeer met ‘n yster staf en trap die parskuip van God se grimmigheid. Op Sy heup staan geskrywe: “Koning van konings!”
Die leërs van die hemel, ook bekleed met rein fyn linne, volg Hom toe, ook op wit perde.
60
Die Openbaring Reeks – Leerder Gids
Toe staan een engel in die son, en roep met ‘n groot stem na die voëls in die lug, en se: “Kom versamel by God se maaltyd! Eet die vleis van konings, die vlees van sterkes en van perde en die vlees van almal, klein en groot.” – Sefanja 1:7-18.
Toe sien Johannes die dier, en die konings van die aarde versameld om oorlog te doen teen Hom op die wit perd, en teen Sy leër. En die dier en valse profeet is gevang, en al twee is Lewend in die vuurpoel gegooi wat met swawel brand. – Daniël 7:11, 1 Samuel 17:1-2, 4, 8-10, 14, 20-22, 24, 26, 32-46, 49-52.
En die ander is gedood met die Swaard wat uit die mond gaan van Hom op die wit perd, en die voëls het versadig geword van hulle vlees. Jeremia 12:9, Eségiël 39:16-22.
Filippense 2:9-12 (Tree so op) & Matthéüs 2:23
Hoekom sal Satan nooit Jesus op Sy Naam noem nie???
_______________________________________________________________________________________
*Jesaja 14:12-16 & Job 26:14*
NOTA: Vir interessantheid, lees gerus die Bybelstudie op die verskil tussen die wegraping en die wederkoms, beskikbaar op:
https://www.gotquestions.org/difference-Rapture-Second-Coming.html
61
HERINNERINGE OM SELF NA TE SLAAN – Tekens van die einde-tyd.
Moenie vergeet dat die enigste teken van die einde wat nog oor is, is dat die Joodse tempel moet herbou word in Jerusalem, Israel, soos ons vroeër geleer het. Maar moenie vergeet dat so ‘n tempel so vinnig opgerig kan word soos wanneer jy ‘n tent op slaan nie!
Al die ander tekens het al klaar gebeur. Hier volg ‘n paar lyste, wat spesifiek die volgende aandui:
Die tydlyne waarop die wegraping-tekens meer word.
Die lede van die UN (United Nations) – Wie vrede-liewend is.
Die lede van die EU (European Union) – Die lede wat saam met Babilon ryk word in wêreld-markte.
Lukas 21:11 & 25.
VERSKRIKLIKE DINGE EN GROOT TEKENS (Storms en orkane dalk wat duisende lewens neem?) Bladsye is aangeheg met die name van elke storm en hoeveel dood is… Hier is die hoeveelheid van daai tipe storms en gebeurtenisse op ‘n tydlyn: 8. 1900-1945 → 11
9. 1950-1960 → 10
10. 1960-1970 → 11
11. 1970-1980 → 9
12. 1980-1990 → 6
13. 1990-2000 → 12
14. 2000-2010 → 38
15. 2010- MIDDEL 2015 → 60
16. HOEVEEL ERGER VANDAG? DIE HOEVEELHEDE TEL EKSPONENSIEEL OP!
iv. AARDBEWINGS Bladsye is aangeheg met die name van “worthy” aardbewings, hoeveel dood was, en hoeveel die Richter skaal gelees het. Hier is die hoeveelheid van daai tipe gebeurtenisse op ‘n tydlyn:
1. 1900-1950 → 16
2. 1950-2000 → 15
3. 2000- MIDDEL 2015 → 17
4. HOEVEEL ERGER VANDAG? DIE HOEVEELHEDE TEL EKSPONENSIEEL OP!
v. Die Bybel praat van baie tekens wat die sonnestelsel en die see vir ons gaan wys wanneer God se koms nader trek: Tsunami’s, 9/11, Microchip Implants, Comets, Ozone laag wat breek, Global-Warming, Bird-Flu, etc…
LET WEL: DIE OORSPRONKLIKE UITGAWE VAN HIERDIE BOEKE WAS IN 2014-2016 GESKRYF, EN TOE LATER HERSIEN IN 2024. DIT WAS
BESLUIT OM DIE OORSPRONKLIKE LYSTE VAN EIND-TYD TEKENS NET SO ONVERANDERD TE HOU OM AKKURAAT TE BLY BY ANDER
VERWYSINGS EN DIE OORSPRONKLIKE EKSAMEN VRAESTEL. GAAN GERUS AANLYN VIR NUWER LYSTE.
NOTA: VIR MEER EINDE VAN DIE WERELD-TEKENS, GAAN KYK OP RAPTURE READY TIMELINES - http://www.raptureready.com/. J Y KAN
OOK MEER UITVIND DEUR SPESIFIEK DIE AANLYN LYSTE TE BEKYK OP WIKIPEDIA, DEUR GOOGLE.
62




