Die Openbaring Reeks - Leerder Gids by Chris Viljoen - HTML preview
Download the book in PDF, ePub, Kindle for a complete version.
DEEL 4
In Hoofstuk 15-19 sien ons die 7 skale met die laaste plae, die draak en hoer daag die Lam uit vir oorlog, Babilon val, die aarde huil, die hemel jubel, en dan word die duiwel en die antichris gebind en in die vuurpoel gegooi, en Christus, die ruiter op die wit perd, oorwin.
51
C Viljoen
Het hierdie gids jou so vér geseën?
Dit sal altyd verniet wees, sodat dit in die hande van
so veel moontlik mense kan beland, en hulle siele red.
As dit jou geseën het, oorweeg asseblief om ‘n
donasie te maak om nog sulke leer-pakkette
beskikbaar te stel.
Ek bid vir God se bonatuurlike guns en genade oor
jou, en spreek die seëninge van Numeri 6:24-26 oor
jou en jou gesin en vriende!
Baie liefde vir jou! Wees geseënd!
Sien bladsy 91 vir nog kursusse wat reeds beskikbaar is!
VIR DONASIES
Mr. CJ Viljoen (Verwysing: Openbaring)
FNB Spaar Rekening: 62473460873
Takkode 250655
Jy kan ook hier kliek of die QR kode scan vir ‘n Pay Pal donasie (chrisviljoen777@gmail.com).
52
Die Openbaring Reeks – Leerder Gids
HOOFSTUK 15 – 7 Engele, 7 Skale, die laaste plae. Die 3de wee begin.
Toe sien Johannes ‘n see soos glas (Openbaring 4:6), gemeng met vuur, en die wat die 666 oorwin het, het by die see gestaan, saam die siters van God (Openbaring 5:8), besig om die lied van Moses te sing oor hulle Almagtige, Regverdige, Heilige God en waardige Koning. Eksodus 15:1-3.
Toe is die tempel in die hemel geopen (Openbaring 14:17), en 7 engele met 7 plae het uit gekom (Openbaring 14:9-10), bekleed met rein, blink linne, en met goue gordels omgord (Openbaring 3:5 & 6:11).
Een van die 4 lewende wesens (Openbaring 4:6) het aan die engele 7 goue skale gegee, vol van die ewige God se grimmigheid (Openbaring 16:10). Lees Openbaring 21:9-10! Hierdie is uitdruklike bewyse dat ons weg gaan wees tydens die 7-jaar verdrukking, want ons (Jerusalem) kom saam Jesus uit die hemel neer na die plae voleindig is.
Hierna word die tempel vol rook uit God se heerlikheid en krag (Eksodus 40:34, Jesaja 6:4), en niemand kon daar in gaan tot die sewe plae voleindig was nie.
Let op dat tydens die 7 jaar verdrukking, is daar drie fases, wat elkeen erger is as die vorige. Eers is daar 7
Seels van die verdrukking (die inleiding) Openbaring 6, dan met die oopmaak van die 7de seel, kom daar 7
trompette wat erger pyn saambring (die middel) Openbaring 8-10, en hierna, met die blaas van die 7de trompet, kom hierdie laaste (en ergste) 7 skale (wyn-bakke vol van plae – God se grimmigheid) Openbaring 15-16.
Hoofstuk 15 is die inleiding, die engele se gereedmaking vir die einde.
53
C Viljoen
HOOFSTUK 16 – 7 Engele, 7 Skale, die laaste plae gaan voort.
Hierna se ‘n groot stem uit die tempel vir die engele om die skale oor die aarde te gaan uit gooi.
Hoe weet ons dis God self wat dit gesê het?
_______________________________________________________________________________________
_______________________________________________________________________________________
Hier kom ‘n klompie plae wat ons direk gaan aan tas, nie soos die demone wat ons kom aanval het vroeër nie. Hier kom plae.
Die eerste skaal: Bose swere
drink. Eksodus 7:20 & Jesaja 49:26 Toe stem ‘n Oor die aarde gegooi: Kwaai en bose swere kom
engel uit die altaar saam. Openbaring 15:3
oor die mense met die 666 merk. Openbaring 8:7
& Eksodus 9:9-11.
Die vierde skaal: Die son skroei mense
Oor die son gegooi: Die son het warmer geword
Die tweede skaal: Die see sterf
en mense geskroei, en hulle het begin laster en
Oor die see gegooi: Die see het dooie bloed
nie die merk verwyder en hul bekeer nie.
geword, en alles in die see het gesterf.
Openbaring 8:12 & 2:21
Openbaring 8:8-9.
Die vyfde skaal: Pyn oor al die bose
Die derde skaal: Riviere en fonteine eindig
Oor die troon van Satan gegooi: Toe word sy
Oor die riviere en fonteine gegooi: Dit het ook in
koninkryk duister, en hulle het hul tonge gekou
bloed verander. Openbaring 8:10-11 Toe se die
van pyn en aan gehou laster. Eksodus 10:21 &
engel: Regverdig is God met hierdie oordeel,
Openbaring 2:12-13a
want die wat regverdige bloed giet, sal bloed
54
Die Openbaring Reeks – Leerder Gids
Die sesde skaal: Eufraat rivier droog op. Aarde word gereed vir groot oorlog.
Oor die groot Eufraat rivier wat deur Babilon loop, gegooi: Dit het uitgedroog, sodat die pad van die konings wat van die ooste kom, gereed kon word. Openbaring 9:14-15.
Kerke van God (Turkye) – *ISRAEL* (Megiddo/Armageddon) – Babilon (Irak) & Eufraat rivier Egipte




