Die Openbaring Reeks - Leerder Gids by Chris Viljoen - HTML preview
Download the book in PDF, ePub, Kindle for a complete version.
MEER LANDE VAN BELANG
Kerke van God (Turkye) – Magog (Rusland) – *ISRAEL* (Megiddo/Armageddon)
Amerika – United Kingdom – Frans – Babilon (Irak) & Eufraat rivier - Soviet Unie – China Die United Nations (Verenigde Nasies) is ‘n groep vredeliewende nasies wat vrede wil handhaaf oor die aarde, en slegs nasies wat in dieselfde vrede glo, sal in hierdie groep toegelaat word, na ‘n stemming deur al die huidige lede. Is hierdie die vals vrede wat aan Israel belowe word deur die duiwel?
Moenie vergeet van die Toring van Babel in Genesis 11 nie. Dis die eerste keer toe almal probeer het om ‘n een wêreld-heersende regering in aksie te stel. Baie mense se dat so ‘n herlewing ook dalk in ons moderne wêreld kan gebeur, soos beskryf in Openbaring 17-18 wat ons later sal bespreek in meer detail. Maar die meeste feite wys na die moontlikheid van die UN se een-wêreld heerskappy. Die Bybel verskaf ongelukkig nie al die inligting nie, maar ons weet die woord is vir ewig, en God het gesê dat hierdie nasies nooit sal
“unite” nie, al probeer Satan self: Daniël 2:41-43. God sal vir ewig regeer! Psalm 146:10.
Dis belangrik om te weet dat die Jehova se Getuies het resolusies teen die Liga van Nasies, en ook die UN
uitgereik, omdat hulle glo dat die UN die dier uit die see van Openbaring 13 voorstel. Niemand weet dit vir seker nie, maar ons kan maar beslis weet hulle soek nie die wederkoms nie, want die Bybel leer ons om te bid: “Laat U koninkryk kom” (Matthéüs 6:10), en vir “vrede in Israel” (Psalms 122:6), en hierdie goed kan nie gebeur sonder die opstanding van die duiwel, soos geprofeteer was deur God se skrywers nie.
Ons sal in Openbaring 16:16 meer leer oor Megiddo (Armageddon), maar vir nou kan opgelet word dat dit
‘n area net buitekant Jerusalem (Israel) is, omtrent 150Km Noord van Jerusalem, en dit is waar groot magte bymekaar gaan kom vir die groot stryd (battle) van die einde-tyd. Eksodus 14:14! En ook alhoewel ons in die tyd van die 10 tone en 10 horings lewe nou, is dit belangrik om te onthou, dat die wegraping sal gebeur rondom die tyd waarin die Joodse tempel herbou word soos in Hoofstuk 11 geleer is. Matthéüs 24:15-18.
☺ Vir interessantheid, weet ook dat die berg Sion is reg in Jerusalem, Israel! ☺
Sien die interessante feite aan die einde van hierdie deel vir meer op die Sewentig Sewes.
43
C Viljoen
HOOFSTUK 14 – Die Lam en vrygekooptes op berg Sion, aankondiging van oordeel, graanoes en wynoes.
In hierdie hoofstuk sien Johannes die Lam op die berg Sion (in die stad van David, waar sy graf ook tans is, en waar die laaste nagmaal van Jesus gebeur het ook in die bo-kamer – Handelinge 1:13), saam die 144 000 vrygekooptes wat die Naam van God en Jesus op hulle voorhoofde het (Hebreërs 12:22). Toe hoor hy baie waters (Openbaring 1:15) en donderslae (Matthéüs 28:2-3), en siterspelers wat musiek speel (Openbaring 5:8), en hulle het ‘n lied gesing voor God en die 4 lewende wesens wat niemand kon leer behalwe die vrygekooptes nie. (Openbaring 5:9).
Hierdie 144 000 is die eerstelinge vir God, wat maagdelik rein is, en die Lam volg, met geen bedrog in hulle monde te vinde, sonder gebrek voor die Troon. (2 Korinthiërs 11:2) Soos ons vroeër geleer het, hierdie sluit die Christene in, wat nie hoereer met sonde, of die Woord afwater nie.
Toe vlieg daar ‘n engel in die middel van die lug met ‘n ewige evangelie om aan almal van die aarde te verkondig. Die engel het gesê: “Vrees God en gee Hom Heerlikheid, want die uur van oordeel het gekom.
Aanbid hom wat hemel, aarde, see, en water fonteine gemaak het.” Judas 1:24-25, Galásiërs 1:6-9.
Toe se ‘n tweede engel: “Babilon het geval, omdat sy toegelaat het dat almal drink van die wyn van grimmigheid van haar hoerery.” Jesaja 21:9, Openbaring 17:5, 18:2, 10, 18-19, 21. Die Bybel maak dit baie duidelik in Genesis 11 (met die storie van die toring van Babel), dat hierdie ‘n stad van sonde en rebelsheid is teen God, en na hierdie storie, het dinge net erger en erger geword. 1 Petrus 5:13 en Openbaring 17:5.
Moenie vergeet dat hierdie plek die middelpunt van die 10 sone van die Antichris se opstanding simboliseer nie, wat die Kerk van God, (wat die berg Sion en die Israeliete in Jerusalem insluit) probeer uitwis nie. Hulle gaan pak kry (Jeremia 25:12 & 51:24), en gaan vir ewig neergegooi word (Openbaring 18:21). Hierdie val praat van die val van alle sondaars, wêreld-wyd.
‘n Derde engel het gevolg en gesê: “Almal wat die dier aanbid, en die 666 merk besit, sal ook van hierdie beker drink met God se toorn in, ongemeng, en sal gepynig word met vuur en swawel voor die Lam en Sy engele sonder rus”. Openbaring 13:15, 16:19, 20:10, Psalm 75:9.
Wees Lydsaam! Bewaar die gebooie van God (OU Testament) EN die geloof van Jesus (NUWE Testament).
Toe se ‘n stem vir Johannes: “SKRYF! Salig is die dode wat in die Here sterwe. Sodat hulle kan rus, en hulle werke hulle volg.” Openbaring 10:4.
44
Die Openbaring Reeks – Leerder Gids
Toe het iemand soos die Menseseun op ‘n wit wolk gesit (Openbaring 1:13-15), met ‘n goue kroon, en ‘n skerp sekel in Sy hand… Toe kom ‘n engel uit die tempel en se vir Hom: Die uur het aangebreek, die aards-oes is oorryp, steek U sekel in en maai! (Matthéüs 13:38-40) Toe het Hy die aarde afgemaai. (Markus 4:29) Hierdie is heeltemal duidelik, die wegraping van die gelowiges. Lees ook Markus 12:32-34 & 13:32. Eers was gelowiges weggeraap in Openbaring 4, en nou betaal die “nuwe gelowiges” wat nie die 666 aanvaar vir handeldryf, met hul eie bloed (in die verlenging of 2de helfte van dieselfde wegraping).
‘n Ander engel kom toe uit die tempel, ook met ‘n skerp sekel, en ‘n engel wat mag oor die vuur gehad het, kom uit die altaar (Openbaring 6:9, Klaagliedere 1:15), en ‘n groot stem roep die een met die sekel, en se:
“Slaan jou skerp sekel in, samel die trosse van die wingerdstok van die aarde in. Die druiwe is ryp.” Die engel het dit gedoen, en dit in die parskuip van God se grimmigheid gegooi. Toe is die parskuip buite die stad getrap. Bloed het uit gekom tot aan die tooms (bek-stukkies) van die perde, 200myl ver. Joel 3:13.
Hoekom word die wegraping 3 keer herhaal??? Eers in Openbaring 4, en dan word die kinders van God hier in Openbaring 14 weer afgemaai, en direk daarna word die druiwe ook ingesamel... En hier is ‘n ekstra gedeelte: Die aards-oes word net afgemaai, maar die drywe-oes word gepers met die Grimmigheid van God, tot baie bloed uit kom… Hoekom??? Wat is dit die? Hierdie Grimmigheid van God is oordeel. Hierdie is almal een wegraping. Na die wegraping kom die groot oordeel (die verdrukking of “Tribulation”), deur Openbaring 5-18! Jakobus 1:15, Maleági 3:11, Openbaring 18:2, 4-6, 8, & 14-16. ‘n Perd se bek-stukkie is omtrent 4-5 voet hoog. Hierdie sondes van die agtergeblewenes het gereik tot aan die hemel in Openbaring 18… Net so word die oordeel tweevoudig in Openbaring 14 beskryf: Eers word die drywe in die parskuip van God se Grimmigheid gegooi, en toe daarna gepers tot bloed uit kom. In Openbaring 18:6
kry die agtergeblewenes “double-trouble” en moet self met hul eie bloed betaal tydens die groter (en swaarder) verdrukking. Matthéüs 24:13, 15-18, 21, & 38-42.
!!! JOHANNES 3:3, 5 & 16 !!!
45
Wat het ons geleer?
HUISWERK – VIR ELKE SESSIE: Elke ou kan een van die volgende kies:
- Vertel een Bybel grap of feit → __________
- Lees een kort-verhaal uit die Bybel → __________
- Open met gebed → __________
- Sluit af met gebed → __________
VERWYSINGS:
- Hebreërs 5:12-14, 11:24-26, Openbaring 1:15-17, 16:17, Romeine 11:25, Jesaja 55:2, 1 Korinthiërs 10:4, 3:11-15 & 11:17, Hebreërs 10:23-39, Johannes 4:22-24, Jesaja 46:10, Jeremia 50:16, & 8:13.
INTERESANTE FEITE:
- Openbaring 12 merk die middelpunt van die 7-jaar verdrukking... Dis die 3.5-jaar merk. Dis die begin van die “Groot Verdrukking” of “Great Tribulation” wat baie swaarder is. Lees gerus Daniël 9:24-27 (veral v27), Matthéüs 24:15-22 & Openbaring 12:14-17 vir meer hieroor. Matthéüs 24:29-30 bevestig dat ons saam met Jesus terug kom NA die groot verdrukking verby is, om te oorwin saam Hom! Openbaring 13:5 praat spesifiek van die tyd (42 maande, of 3.5 jaar)... Sien ook: Daniël 12:1b, Matthéüs 24:21 & Jeremia 30:7 saam oor die tydlyn.
- Eségiël 33:11 – God wil nie mense straf nie.
- Eségiël het ook ‘n bitter-soet boekie geëet: Eségiël 3:1.
- In Sagaría 2 verduidelik God hoe Hy Jerusalem sal beskerm, Sy oog-appel.
- Die metings van die Tempel gebeur in Eségiël 40-41.
- Ander name vir die wegraping: Jesaja 2:12, 13:6-9, Joel 1:15, 2:1-31, 3:14, 1 Thessalonicense 5:2, Deuteronómium 4:30, Sefánja 1:1 & 15, Matthéüs 24:21, Daniël 12:1, en Jeremia 30:7.
- Daniël 9:24-27 beskryf die 70 weke van oordeel in die 7 jaar verdrukking.
- Christene gaan nie op aarde wees wanneer die 7 jaar verdrukking gebeur nie. 1 Thessalonicense 4:13-18, 5:9, & 1 Korinthiërs 15:51-53.
- Daniël 12:11-12 praat van 1290 en 1335 dae, waar Openbaring 1260 dae noem. Die ekstra dae in Daniël mag dalk die einde van die oordeel insluit, en die tyd waarin God se millennium regering begin. Matthéüs 25:31-46 en Openbaring 20:4-6.
- In Daniël 9:24-27 praat hulle van Sewentig sewetalle as ‘n tyd vir die toekoms. Hierdie is NIE weke nie, maar jare, want van die tyd af toe dit besluit is om Jerusalem te herbou, tot op Jesus se kruisiging, soos beskryf in hierdie verse in Daniël, is 483 jaar, of 69 Sewetalle. Die 70ste sewetal is die laaste 7 jaar, die verdrukking, in Daniël 9:27, waarin hy die valse vrede gaan belowe aan baie, en in die middel, by die 3½ de jaar, ‘n beeld in die tempel gaan plaas laat die wêreld hom aanbid.
Verder kan ons oplet dat Daniël 9:27 se dit gebeur “in die middel van die week”, en Openbaring 13:5 se dit gaan 42 maande duur, en hierdeur kan ons sien dat die volle 84 maande is ‘n volledige 7
jaar. Daniël 7:25 praat van “’n tyd, tye, en ‘n halwe tyd”, en hierdie verwys heel moontlik dus na 1
jaar, plus 2 jaar, plus ‘n halwe jaar, of 3 ½ jaar, waarin die duiwel gaan heers op aarde.
- Die tempel in Jerusalem, wat gebou is op die berg Moria, is die heiligste “recorded” terrein op die hele aarde, spesifiek vir die Christene, Jode, en Moslems. Alles wat belangrik is in die Bybel gebeur hier. In Genesis 22:2 moes Abraham sy seun Isaak op die berg, op die heilige klip (altaar) offer. In Genesis 17:19 beskryf God die verbond wat hy met Isaak en al sy nageslagte gaan maak. Genesis 22:14, 17, & 18 verduidelik dat die berg ‘n plek is waar God sal voorsien. Omtrent 1000 jaar later 46
Die Openbaring Reeks – Leerder Gids
het Koning David op hierdie selfde plek ‘n altaar vir God gebou. 2 Samuel 24:18 & 21. Na sy dood, het koning Salomo ‘n briljante tempel daar gebou, wat vir meer as 400 gestaan het voor dit vernietig was deur Koning Nebukadneser se vorste (Esra 5:12 en Jeremia 52) in 587-586 B.C.
Sewentig jaar later was die tempel herbou deur die Jode wat terug gekom het Jerusalem toe na hulle gevangenskap in Babilon, in Jeremiah 52:28, & 25:10-14. Later het Koning Herodes (die koning wat al die kinders laat doodmaak het om Jesus dood te kry na Sy geboorte) in die eerste Eeu, ook aandeel in die tempel gekry. Dit was toe die tempel van Herodes genoem, die tempel wat Jesus gereinig het in Johannes 2:15. Toe, na die kruisiging van Jesus, was die tempel weer vernietig deur die Romeine, gelei deur Titus, in 70 A.D. Al wat oorgebly het was die Weste muur (Wailing wall) waar die Jode vandag gaan om by te bid Matthéüs 24. In Daniël 9:27 beskryf God dat ‘n derde Joodse tempel herbou sal word, wat tans ‘n groot probleem is omdat die tempel berg onder beheer is deur die Hoof Moslem Raad, maar dit sal nie die profesie van die Bybel kan stop nie, net soos niemand die vloed van Noag se dae kon stop nie. Al wat hierdie Moslem Raad nou doen, is om nog
‘n profesie van die Bybel te vervul, in Lukas 21:24, waarin beskryf word dat die heidene die heilige gronde sal vertrap tot hulle tyd vervul is. Hierdie klip wat die berg so heilig maak is die begin van alles in die Bybel, en gaan ook die middelpunt van die einde van die wêreld wees, waar God gaan neerdaal en op gaan. Baie glo dat selfs die tuin van Eden in Adam se tyd, op hierdie selfde berg was, en dat Adam self op daardie klip gebou was. Geen direkte bewyse hiervoor bestaan nie. Die Bybel het maar net baie eenderse beskrywings oor die spesifieke bou van die tuin, wat presies dieselfde is as die tempel. ‘n Paar verwysings hier: Genesis 3:8, 2:15, Numeri 3:7-8 en 8:25-26, en 1 Kronieke 23:32. Sowel as Eségiël 28:11-19, 1 Konings 6:18, 29, 32, 35, & 7:18-20, Eksodus 15:17, Genesis 2:10, Eségiël 47:1-12, Openbaring 21:1-2, en Eségiël 28:13-14. Hierdie tempel in Jerusalem is ook dieselfde een wat Jesus herbou het binne 3 dae nadat dit afgebreek was Johannes 2:19.
- Niemand weet wie die twee getuies in Openbaring 11 is nie, maar baie voel dit mag dalk Moses en Elija wees. Want Moses kon water in bloed verander, en Elija het sondaars met vuur vernietig, deur die krag van God (Eksodus 7, 2 Konings 1). Ander glo dis Enog en Elija, want die twee het op die berg saam Jesus verskyn, en omdat die Jode ‘n belofte ontvang het dat ‘n profeet terug na hulle gestuur sal word (Matthéüs 17:3-4, Maleági 4:5). Mense dink ook dis hierdie twee, omdat hulle al twee direk hemel toe gegaan het, sonder om die dood te ervaar. So hulle kom terug om dit later te ervaar wanneer die twee getuies gedood word, want volgens Hebreërs 9:27 moet almal een keer dood gaan. Maar baie ander, soos Lazarus, het twee keer dood gegaan, en dit beteken dat hierdie vers nie ‘n reel is nie, maar eerder ‘n riglyn… Ongelukkig, omdat die Bybel dit nie duidelik noem nie, kan hierdie twee getuies enigiemand wees, selfs twee heeltemal nuwe gelowiges van God.
- Die “sak en as” tyd van Job is ‘n goeie voorbeeld van die sakke wat die getuies gedra het. Dis rou-klere. 2 Samuel 3:31, Genesis 37:34, Ester 4:1 & 3, 3:5-8. Hierdie sak-linne was ook gedra deur mense wat vergifnis vir sondes gesoek het Jona 3:5-7 & 10. Hulle het gewoonlik stukke van hierdie linne op hulle liggame vasgewerk, maar in die geval van die twee getuies van Openbaring 11, dra hulle van kop tot tone hierdie linne. Baie mense het sak-klere gedra in die Bybel, en hier is ‘n paar voorbeelde: Koning Hezekia (Jesaja 37:1), Eliakim (2 Konings 19:2), Koning Ahab (1 Konings 21:27), die ouderlinge van Jerusalem (Klaagliedere 2:10), Daniël (Daniël 9:3), en die twee getuies van Openbaring 11:3.
- Vir interessantheid: Jesus het op die see EN op die land gestaan in Openbaring 10:2 soos ons vroeër geleer het. Hoekom? Dit simboliseer dat Hy heers oor die duiwel wat uit die see gekom het, EN oor die Antichris wat uit die land gekom het in Openbaring 13. Hoe weet ons dit? Lukas 10:19.
- Alexander het na Megiddo gekyk en gesê dat dit die mees natuurlike veg-veld is in die hele wêreld.
47
- Dis waar dat die duiwel in die Joodse tempel gaan staan in die einde van dae (en dit beteken daai tempel moet herbou word) MAAR: Dis nie noodwendig ‘n teken van die einde tyd nie, want die tempel kan oor nag opgerig word, soos Moses gedoen het in Eségiël, deur ‘n tent op te slaan op die berg. Die herbou van die tempel sal onmiddellik oorlog verklaar teen die Moslems wat nou daardie area van heilige grond vas hou, en hierdie sal heel moontlik gebeur net na die wegraping, waar die wêreld in chaos sal val, en waar baie agtergeblewene Jode sal oplet die Bybel was nog altyd waar.
- Wat is die verskillende “sewes” van Daniël 9:24-27?
o Sien die illustrasie op die volgende bladsy.
o Hierdie inligting is ook beskikbaar in verdere detail in die Jesus Reeks.
o Babilon het Jerusalem oorgeneem in rofweg 587 BC. Die Persiese het toe oorgeneem in 464
BC. Hulle het besluit om Jerusalem te herbou in rofweg 445 BC.
o Daniël kry hier ‘n voorspelling wat se: Van die tyd wat Jerusalem se herbou begin deur die Persiese, tot wanneer Messias STERF vir die versoening van ons sondes is (7x7) + (62x7) of 483 jaar in totaal, en dan kom die verwoester in die laaste 7 jaar en verwoes Jerusalem weer, en dit gee hulle ‘n totaal van (70x7) of 490 jaar.
o Kom ons kyk na hierdie (+/-) datums op ‘n maklike manier, met ons eie moderne kalender:
▪ 587 BC – Babilon neem Jerusalem oor.
▪ 464 BC – Persiese neem Jerusalem oor by Babilon.
▪ 445 BC – Die Persiese besluit om Jerusalem te herbou.
• 483 Joodse jare later sal Jesus sterf volgens Daniël se profesie.
▪ AD 33 – Jesus gekruisig. (38-Jaar oud, op Vrydag 3 April AD 33).
▪ AD 70 – Joodse tempel vernietig deur Romeine gelei deur Titus, net die Wailing Wall bly oor.
▪ AD 2024 – Ons lewe rondom hier vandag.
▪ Onbekende dag - Ons wag vir die wegraping; die laaste 7 jaar van Daniël se profesie (483+7=490 Jaar of 70x7) waarin Lucifer met die verdrukking in die tempel staan; en die wederkoms van Jesus gebeur!
o Let ook op in Daniël se profesie word daar die 7x7 jaar verduidelik van die Babiloniese gevangenskap deur die Babiloniërs (vrygelaat deur die Persiese), plus die 62x7 jaar waarin die tempel in ‘n benoude tyd herbou word en ook waarin Jesus sterf op die einde daarvan, dis nou 69x7=483 jaar, en dan is daar eers ‘n bietjie stilstand voor die laaste “week” kom, die 70ste week. Ons het al die pad tot by 69x7 beweeg en nou is daar eers sprake van die verwoesting van die tempel, en dan wag ons “tot die einde toe” in vers 26, EN DAN EERS
GEBEUR DIE LAASTE “WEEK”, of die laaste 7 jaar, die 70ste jaar in vers 27. DIS DIE 7-JAAR
VERDRUKKING! In Daniël is ons hele lewens opgesom in ‘n vergelyking van 490 jaar. Dis hoekom die “verstand” benodig is in vers 25.
o In die einde is dit belangrik om te onthou dat God ‘n mystery is, en die Woord inspireer het laat dit in dele en raaisels geskryf word (Jesaja 28:10 & Psalm 78:2-4), sodat ons dit kan bewonder en dit ondersoek. Dit aktiveer ons! Dit stir ons om te soek!
o Jesus kom eendag terug met groot eer en heerlikheid, en dan sal ons alles weet!
48
Die Openbaring Reeks – Leerder Gids



