Esther se Getuienis by Esther du Toit - HTML preview

PLEASE NOTE: This is an HTML preview only and some elements such as links or page numbers may be incorrect.
Download the book in PDF, ePub, Kindle for a complete version.

Die grootste wonderwerk in my liggaam.

Die grootste wonderwerk was toe GOD my hele ligaam genees en my ook jonger gemaak het.

Ek was baie siek aan allergieë. My gesig en soms my liggaam was geswel, my lippe het gelyk of hulle opgeblaas is, en enige oomblik kon bars. My oë was poffers. Dit was aaklig. Ek was selfs bang om brood of vrugte te eet.

Een nag het my keel toe geswel. Dit het gevoel of daar ‘n bal in my keel was en ek het gesukkel om asem te haal. Ek gaan lê toe op die bed in die spaarkamer en sê: “JESUS, as daar enige sonde in my lewe is waarvoor ek nog nie vergifnis ontvang het nie, vra ek nou vergewe my.” Ek het gedink ek gaan sterf want die bal in my keel het net groter geword.

Ek vergewe almal wie my te na gekom het en spreek hulle vry. Toe gee ek myself net oor aan JESUS want ek het gedink nou gaan ek sterf. Die volgende oomblik het my keel oopgegaan en ek kon normaal asem haal. Prys GOD vir Sy genade!!! Ek kon verder slaap. In die oggend kyk ek in die spieël. My gesig was rond geswel en so ook my oë en my lippe. Maar my keel was oop. My buurvrou was ‘n suster in die hospitaal en sê wanneer jou keel so toeswel kan jy binne 5 minute sterf. Prys GOD! Al die eer aan Hom dat Hy my lewe gespaar het.

Van tyd tot tyd het ek swelsels aan my gesig of liggaam gehad en moes medikasie neem daarvoor. Een oggend was ek weer so geswel. Ek steek my hand uit na die pille op die rak en hoor: “Wil jy My nie maar vertrou nie?”

Ek trek my hand terug en sê: “Goed HERE, ek wil! “Onmiddelik het die swelsel gegaan en ek het besluit om nooit weer pille te drink nie. Ek het dit weg gespoel in die toilet. ‘n Keuse gemaak om JESUS te vertrou vir my genesing.

Op ‘n dag bel ‘n suster my wie berading doen en sê ek moet kom vir gebed. Sy bid toe dat VADER die versteekte wortel van my probleem sal openbaar. Dat die wortel van die kwaad openbaar word. Ek was nie op daai stadium eers bewus van diep versteekte wortels nie.

Ek sien in die gesig ‘n baba van so 2 of 3 maande wat op ‘n man se skoot sit en ‘n derglike ding vind plaas. Die volgende oomblik kom ‘n vrou by die deur in en  sy gryp die baba woedend en baklei met die man. Ek was daai baba en die skok was baie groot vir my en trauma het houvas gekry.

Ook in ‘n gesig gesien hoe ‘n meisie van 5 jaar my jaag met ‘n byl in haar hande. Ek was so 4 of 5 jaar oud en ek het gehardloop en geskree. Terwyl ek in die gees die toneel sien het ek geskree: “Nee! NEE!” Later het my suster bevestig die dogtertjie het my in die agter kop gekap. Dit is waar vrees in my lewe plek gekry het.

Deur innerlike genesing en bevryding is ek verlos van vrees en trauma in my lewe. Dit was die wortel van al my kwale. Ek moes almal van harte vergewe en vryspreek. Ek het so goed gevoel na die gebed. Toe ek daar weg ry het alles om my so mooi gelyk en ek het vrede en vreugde gehad.

By die huis gekom, toe hoor ek: “Gaan kyk in die spieël en neem jou doop foto saam.” Ek het heeltemal verander. Gelyk soos toe ek groot gedoop is op 42 jarige ouderdom en was toe 57 jaar oud. Ek was nie net genees nie, maar het ook jonger geword. HERE sê toe vir my : “ Ek gee jou 15 jaar terug. Jy sal jonger word alhoewel jou jare in getal meer word.”

Dit was ‘n geweldige groot wonderwerk. Al die eer aan GOD my VADER in die naam van JESUS CHRISTUS.

Ek het ‘n groep gelowiges elke Dinsdag in my huis gehad. Die wonderwerk het die vorige week gebeur en die volgende Dinsdag was almal verstom toe hulle my sien oor wat met my gebeur het. ‘n Man het begin bid en gesê : ”My GOD! Ek het verlede week ‘n ou vrou op die bank gesien sit. Nou sien ek ‘n jong vrou.”

Ek was volkome genees. Prys GOD ons VADER van JESUS CHRISTUS.

Ek kon net getuig van GOD se liefde. Sy goedheid en Sy genade. Die een na die ander wonderwerk het gebeur. Nie omdat ek oulik is of meer geloof het as ander nie, dis net uit genade. Ek het net ‘n keuse gemaak om GOD te gehoorsaam in wat Hy van my vra om te doen. Dis nie my wil nie maar Sy wil alleen. Soms maak ek foute, maar VADER sê : “ Ek kyk nie na jou foute nie. Ek kyk na jou gewilligheid om te doen wat Ek vra.” Al wat VADER vra is gehoorsaamheid aan Sy opdrag en gewilligheid. Dis nie altyd maklik nie, maar GOD laat jou nooit in die steek nie. Al kom die voorsiening nie altyd op tyd nie, dis nooit te laat nie. Ek was al sonder geld in ‘n ander land, maar dan sien ek hoe ABBA VADER se hand op my is en hoe Hy alles vir my laat uitwerk. Een ding het ek geleer. Moenie vrees nie, moenie oorhaastig wees nie, wag op GOD. Rus in Hom. Hy weet waarom Hy dinge toelaat. Hy toets jou ook om te sien of jy waarlik op Hom vertrou. Ek kan ons VADER net al die eer gee vir alles wat Hy al vir my gedoen het. Ek aanbid Hom met my hele hart en het Hom lief en het my hele lewe aan Hom 100% geoffer om Sy wil te doen. Sy genade is vir my genoeg.