Die Jesus Reeks - Leerder Gids by Chris Viljoen - HTML preview

PLEASE NOTE: This is an HTML preview only and some elements such as links or page numbers may be incorrect.
Download the book in PDF, ePub, Kindle for a complete version.

20. Leerder stories

132

Image 122

Image 123

Image 124

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

MARKUS 15 – DIE GROOTSTE WONDERWERK WAT ONS HANDE KAN VERRIG

Wie, wat, waar, wanneer, hoe en hoekom het Jesus gesterf? Was die Jode jaloers op Jesus? Wie is Barábbas; en Herodes; en Pontius Pilatus; en Simon van Ciréne; en Josef van Arimathéa? Het hulle Jesus laat gésel?

Wat was die grootste wonderwerk van die mense?

ONTHOU: Pop vasvrae 2 is oppad oor hierdie les, by bladsy 141.

Lees Markus 15.

In hoofstuk 15 lees ons die hartseer storie van Jesus se VYF hof-sake, Sy straf, en Sy kruis-dood.

Jesus voor Pilatus (v1-20):

o Lees ook: Matthéüs 27, Lukas 22-23, & Johannes 18-19.

- Annas → ‘n Ou hoëpriester en ____________________ van Kájafas Lukas 3:2.

- Kájafas → Die nuwe hoëpriester, wat die Jode oorreed het dat Jesus vir die volk moet ____.

- Pontius Pilatus → Goewerneur van Judea, wat sy hande gewas het in __________. Het Pilatus dalk bekeer, as mens Johannes 19:19-22 bekyk?

- Herodes → ________________ van die Jode (oor Judea) in Israel aangestel deur die Romeine. Hy het Jesus bespot en klere aan getrek Matthéüs 2:3.

- Tiberius → Dis die Romeinse ________ (die “Caesar” of die “Emperor”) van die hele wêreld.

- Barábbas → ‘n Baie bekende moordenaar & __________.

- Simon van Ciréne → Het Jesus se __________ saam Hom gedra.

- Josef van Arimathéa → Die man wat Jesus se __________ gebou het.

- Jesus → v2, 32, Matthéüs 27:17-18, 37, 43, 3:17, 16:16, & Openbaring 19:16. Wow!

o Jesus was stil, soos ‘n lam voor sy slag-lem Jesaja 53:7. Eers Jesus, en toe ons Openbaring 8:1.

Die kruisiging (v21-41):

o Jesus het gebid vir ons sondes __________ Hy gekruisig word Lukas 23:34.

o Jesus was gekruisig saam _______________, soos voorspel was in Jesaja 53:12.

o Jesus was 100% _________ met Sy kruisiging, en dit was voorspel (Johannes 19:23 & Psalm 22:19).

o Hul het gewoonlik ‘n lyk se bene gebreek om seker te maak hy is ______ voor hulle dit in ‘n graf sit.

- Hul het NIE Jesus se bene gebreek nie, want dit was voorspel Psalm 34:20-21.

o Die asyn-water wat Hy moes drink, was ook voorspel Psalm 69:21-22!

o Sy klere was verdeel tussen die mense “deur die lot te werp” (Markus 15:24), en dit beteken dat mense Sy klere gewen het deur die rol van dobbelstene.

o Pilatus het die populêre vraag gevra “Wat is waarheid?” in Johannes 18:38.

Die begrafnis (v42-47):

o Johannes 19:39 Nikodémus het Jesus met meer as 45Kg (100lbs) speserye gebalsem.

o Matthéüs 27:62-66 Wagte het die graf op gepas!

Lees Johannes 15:13 & Openbaring 13:8. Jesus bedek ALLES, en ALMAL sal God prys. Die grootste

“wonderwerk” wat óns kon verrig, was die dood van die onskuldige Koning Génesis 3:6.

WATSE GOEIE NUUS HET ONS GELEER?

OPEN: __________ | BYBEL FEIT: __________ | AFSLUIT: __________

VERWYSINGS: Deuteronómium 19:10, 21:6, 2 Samuel 1:16, 3:28-29 & Lukas 23:27-31.

133

C Viljoen

HUISWERK – OM TE LEES

Daar is meer as een koning Herodes:

o Die eerste een (Herodes die Grote) wou baba Jesus dood maak heel aan die begin.

o Die tweede een (Herodes van Antipas) was daar tydens Jesus se kruis-dood.

o Hierdie is die seun van Herodes die Grote.

o Sy pa het alleen oor Israel geheers, en toe vir die Romeine gevra om ‘n “viervors” te maak vir sy 4 kinders, sodat elkeen oor ‘n gedeelte van Israel kan heers. Dus is hierdie seun net die koning van Judea in Israel, maar is steeds ‘n koning saam sy broers.

Die plekke waar Jesus moes loop in Jerusalem vir Sy hof-sake, in volgorde: o Ook te vinde in die huiswerk van Markus 11, in die lys van plekke wat Jesus op voet besoek het.

o Jesus was oorkant die spruit Kedron in Getsémané, waar Hy gevange geneem was in boeie.

o Toe vat hulle hom na hoëpriester Annas en beledig Hom.

o Daarna stuur Annas Hom na die hoëpriester Kájafas (Caiaphas).

o Toe gaan hulle na Pontius Pilatus, die goewerneur se paleis in Plaveisel.

o Pilatus kon geen skuld in Jesus vind nie, en nadat hulle vir Jesus rooi en pers klere aan getrek het met ‘n doring-kroon om hom te spot en slaan en spoeg, stuur Pilatus hulle weg na koning Herodes, want die saak wat hulle teen Jesus het was vir die koning van Israel se jurisdiksie (area/magsgebied), nie vir die goewerneur van Judea (in Israel) nie.

o Koning Herodes kon ook niks fout vind met Jesus nie, en het saam sy soldate vir Jesus blink klere aan getrek wat die klere van hulle konings was, en Hom ook bespot. Alles die klere van die groot hoer in Openbaring vir bespotting deur die duiwel self dalk nè?

o Toe stuur Koning Herodes Hom terug na goewerneur Pilatus toe, waar hulle Jesus gegésel het, en waar Pilatus by sy regterstoel vir Jesus aan die Jode oorhandig het om gekruisig te word, na hy 3

keer gesê het dat Jesus geen skuld het nie Johannes 18:38, 19:4, & 6.

o Die Jode vat toe vir Jesus na Gólgota (plek van die Hoofskedel) waar Jesus gekruisig is.

o Die krag-volgorde van die manne hierbo, is in Lukas 3:1-2.

- ‘n Hoëpriester regeer oor ‘n klomp mense van spesifieke geloof.

- ‘n Goewerneur regeer oor ‘n klomp mense/dorpe in ‘n land.

- ‘n Koning regeer oor EEN hele land.

- ‘n Keiser (“Caesar” of “Emperor”) regeer oor ‘n klomp konings/lande.

Die dae en ure van alles, van die dag 1 week voor die kruisiging, tot by die opstanding: o Jesus kom in die stad op Palm Sondag, een week voor die OPSTANDING, en dus een week voor die Pasga (ons Paasfees), soos ons in Markus 11 geleer het.

o Judas het Jesus verraai een dag voor die Paasfees, soos ons geleer het in Markus 14.

o Hulle het hom reg deur die nag tot op die oggend waar die Paasfees begin, rond gevat om oral geoordeel te word tussen Pilatus en Herodes.

o Judas het selfmoord gepleeg in Bloedgrond, dieselfde dag wat Jesus in die hof was.

o Toe was Jesus gevat na Gólgota om gekruisig te word, op die Paasfees (Good Friday).

- Onthou die Joodse dag is van 6-6 (06:00-18:00), wat sonop tot sononder is in Israel.

- Jesus was op ons 9uur gekruisig (die 3de uur van die Joodse dag) (v25).

- Tussen ons 12 & 3uur (die 6de & 9de uur van die Joodse dag) was dit donker (v33).

134

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

- 3uur (die 9de uur van die Joodse dag) het Jesus gebid en hulle het Hom asyn geoffer om te drink, en Hy het gesterf, en die groot gordyn voor die tempel het in twee geskeur en ‘n groot aardbewing het gekom wat rotse geskeur het (v34-38 & Matthéüs 27:46-51).

- Kom ons kyk na die dae in volgorde soos ons dit in 2025 gaan vier… Let op Maandag is die eerste weeksdag vir Christene, en Sondag is vir ons die laaste dag: o Sondag 13 April 2025 → Palm Sondag.

- Jesus ry die stad in op ‘n donkie

o Donderdag 17 April 2025 → Jesus was gevang in die tuin van Getsémané.

- Jesus en die dissipels hou Pasga, en die eerste nagmaal ooit vind plaas.

- Judas verraai Jesus & pleeg selfmoord.

- Jesus gaan hof toe, reg deur die nag, tot die volgende dag.

o Vrydag 18 April 2025 → Goeie Vrydag.

- Jesus word gekruisig die oggend, en sterf die middag!

- DAG 1 VAN SY DOOD IN DIE GRAF!

o Saterdag 19 April 2025 → Jesus nog steeds in die graf.

- DAG 2 VAN SY DOOD IN DIE GRAF!

o Sondag 20 April 2025 → Easter Sondag (Paassondag).

- Jesus staan op uit die dood OP DIE DERDE DAG!!!

- Dis die Joodse Pasga, of die Christen se Paasfees (nagmaal) dag, presies 1

week (7 dae) na Palm Sondag.

o Donderdag 29 Mei 2025 → HEMELVAART DAG!

- Jesus vaar op hemel toe en belowe om die Heilige Gees vir ons te stuur!!!

- Dis 40 dae na Jesus se opstanding. Intussen het Jesus op aarde aan verskeie mense verskyn in Sy verheerlikte liggaam.

o Sondag 08 Junie 2025 → PINKSTER DAG!

- Die Heilige Gees stort neer op ons, en almal ontvang die gawes van die Heilige Gees wat die tale in sluit!!! Tonge van Vuur!

- Dis 50 dae na Jesus se opstanding, of 10 dae na Jesus opgevaar het.

- Kan ons enigiets sê? Is daar woorde, of kan ons net dankie sê? Jesus is asemrowend!

- LET OP: Ons moderne (Gregoriaanse) kalender werk van Sondag tot Saterdag, wat beteken dat ons laaste dag van die week eintlik Saterdag is, alhoewel min mense dit besef.

- Die Joodse kalender was van Maandag tot Sondag.

- So die “vóór Sabbat” in Markus 15:42, waarop Jesus gesterf het, is vir ons Christene EEN

DAG VOOR SATERDAG! En soos ons hierbo kan sien, het Jesus Vrydag gesterf, wat beteken SATERDAG is die Christen se SABBAT DAG.

- MAAR! Die vóór Sabbat vir die Jode is EEN DAG VOOR SONDAG, wat sou beteken dat Jesus volgens die Jode op ‘n Saterdag gesterf het, en dat Sondag hul Sabbat is.

- Vir interessantheid: Dit maak nie vandag saak watter dag jy rus vir die Sabbat nie, en eers of jy rus of werk nie Kolossense 2:16-17 & Romeine 14:5-6.

- Die fees van die ongesuurde brode wat gewoonlik 7-8 dae hou rondom die Paasfees het ons geleer in Markus 14. Die eintlike fees is net 7 dae, MAAR, dit kon op tot 8 dae hou want die mense het die “vóór Sabbat” gehad, waarop baie families al begin het om die lam te slag Matthéüs 27:62, Markus 15:42, & Lukas 23:54.

- Meer oor die dae, maande, jare en seisoene in die outeur se “Calendar Stuff” notas wat nie deel vorm van hierdie reeks nie.

135

C Viljoen

Het Jesus hel toe gegaan na Sy dood?

o Kom ons kyk eers watter plekke bestaan in die geestes-wêreld:

- Boesem van Abraham → Die wag-kamer van die hemel, vir gelowiges.

o Na die eerste dood.

o Die siele wat hier is, wag vir die wegraping van hul liggame wat gaan verander in verheerlikte liggame in. Dis vir heiliges wat NIE geoordeel word hel toe nie, maar wat geoordeel gaan word volgens wat hulle vir God op aarde gedoen het, voor hulle hul krone mag kry en in die hemel in gaan. Vir meer verse, kyk na die Openbaring reeks.

o Lukas 16:22, Efésiërs 4:8-10, & Psalm 16:10-11.

- Doderyk (Sheol/Hades) → Die wag-kamer van die hel, vir ongelowiges.

o Na die eerste dood.

o Die siele wat hier is, wag vir die finale wit-troon oordeel, waarin hulle rekenskap gaan gee vir al hul dade, en dan hel toe gestuur word vir ewig. Vir meer verse, kyk na die Openbaring reeks.

o Handelinge 2:27-31, Lukas 16:23, Efésiërs 4:8-10, 1 Petrus 3:18-20, Psalm 16:10-11, 88:3-5, Jesaja 26:19, & 1 Petrus 4:6.

- Hemel → Die plek van ewige rus vir gelowiges.

o Al die gelowiges in die Boesem van Abraham sal saam die engele en saam God in die Hemel woon vir ewig, na die tweede dood van die ongelowiges, wat kom saam die groot wit troon oordeel. Dit is ook eers NA die wegraping, en NA die verdrukking, want ‘n paar siele in die verdrukking sal nog hemel toe kan gaan as mortiere. Ons gaan eers in die hemel in wanneer Jesus dit klaar voorberei het vir almal. Vir meer verse, kyk na die Openbaring reeks.

o Johannes 14:2-3, Efésiërs 4:8-10, 1 Konings 8:30, Psalm 115:3, Matthéüs 6:9, 10:32, Efésiërs 6:9, Psalm 2:4, 5:4, Jesaja 53:15, & Daniël 4:37.

- Hel (Gehenna) → Die plek van ewige lyding vir ongelowiges.

o Al die ongelowiges in die doderyk (Sheol/Hades) sal saam die bose geeste en die duiwel gebind wees in onbeukbare kettings en in hel wees vir ewig, wat kom na die tweede dood van die ongelowiges, wat kom saam die groot wit troon oordeel. Daar sal geween wees en gekners van tande, waar die wurm die dood gaan en die liggaam nooit verteer nie (sal vir ewig pyn voel sonder einde). Vir meer verse, kyk na die Openbaring reeks.

o Efésiërs 4:8-10, Matthéüs 5:29-30, 8:12, 10:28, 22:13, 25:30, 41-46, Markus 9:43, 2

Petrus 2:4, Lukas 8:31, Openbaring 9:1-2, & Jakobus 3:6.

- Die Aarde → Waar bose geeste en Satan rond wandel nou op hierdie oomblik.

o Hierdie geestes-wêreld bestaan net voor die wederkoms van Jesus, en GEEN mense-geeste wandel op die aarde nie (goed OF sleg), soos ons vroeër geleer het!!!

o 1 Petrus 5:8.

o Die hel en die doderyk is ONDER DIE AARDE, want Jesus en ander wat hel toe is moes daarheen NEERDAAL. Matthéüs 11:23, & Lukas 10:15.

o Die hemel en die boesem van Abraham is BO DIE RUIMTE, want Jesus en die ander wat hemel toe gegaan het, moes OP VAAR soontoe, of was opgeruk na die “3de hemel” toe. Ons suurstof hemel (waar voëltjies vlieg) is die eerste hemel; die ruimte (waar die sterre is) is die tweede hemel; en die hemel waar God is, is buitekant die ruimte! WOW dis vér! En so vér ons weet is die ruimte oneindig 136

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

vér, so niemand sal by God kan uit kom deur daarheen te vlieg nie. Hy gaan ons moet kom HAAL!

Matthéüs 11:23, Lukas 10:15 & 2 Korinthiërs 12:2.

o Hier in 1 Petrus 3:18-20 sê die Bybel dat Jesus in die doderyk gaan preek het, terwyl hier in Lukas 23:43 staan dit dat Jesus vir die sondaar aan Sy regterkant gesê het hy sal VANDAG saam Jesus in die hemel wees, kort voor Jesus gesterf het. Hoe kon Jesus dan nou in die hemel EN hel wees? Daar is baie antwoorde:

- Jesus is na die dood ‘n gees en kan oral wees op dieselfde tyd.

- Miskien het Jesus na Sy dood eers die sondaar na die Boesem van Abraham gevat, en toe in die doderyk neer gedaal om die verlore siele te gaan red.

- Toe Jesus in Johannes 20:17 gesê het: “Moenie My raak nie, want ek het nog nie na my Vader opgevaar nie…” kan ons verstaan dat Jesus nie opgevaar het HEMEL toe nie, maar na die Boesem van Abraham, waarin Hy al die nuwe gerede siele uit die hel (en ook die sondaar op Sy regterhand) heen gevat het om in rus te wees voor die wegraping. So Jesus het nie opgevaar na die plek waar die Vader wandel nie, maar net waar die siele in rus wandel.

o Die Bybel maak dit baie duidelik in baie verse dat Jesus EERS in die doderyk NEERGEDAAL het, om vir die ou testament se ongehoorsame siele te gaan preek tot bekering met Jesus se bloed, om die woord reg deur vir almal regverdig te maak.

o Baie siele in die hel kon Jesus se preek ignoreer, soos:

- Die siele wat leiers en verharde sondaars was, of die siele wat God haat oor Hy so ‘n walglike plek ooit kon maak (alhoewel almal vooraf gewaarsku was dat hulle dit kan vryspring). Moenie vergeet nie: God is God. Hy besit alles en Hy maak die reëls, of ons daarvan hou of nie. Hy bestuur dinge soos Hy wil, ongeag ons opinie!

- Die siele wat regtig boos was en glo dat Satan eendag vir Jesus gaan oorwin na die wegraping.

- Die bose geeste wat reeds onder kettings is in die hel (verwys na die Openbaring reeks).

- So baie siele kon Jesus se bloed as vergifnis aanvaar en hemel toe gaan, en baie kon Jesus se vrye losprys ook verwerp terwyl hulle saam die demone wag om te probeer vir God oorwin in die einde. Wat ‘n gedagte!

o Toe Jesus uit die dode opstaan 3 dae later, het baie ontslape heiliges saam met Hom opgestaan uit die dode Matthéüs 27:52! Wie kon hulle wees, anders as sondaars wat bekeer het in die doderyk?

o Dit kan nie wees dat Jesus net die heiliges in Abraham se Boesem gevat het saam met hulle liggame in die hemel in by God nie. Want dit sou beteken dat elke keer as iemand sterf, hul liggame dadelik verdwyn en saam hul geeste reguit hemel toe gaan? Geen graf, geen boesem van Abraham?

o Was Jesus hel toe? Nee. Was Jesus doderyk toe? Ja! En nou is Hy in die hemel.

o Ander verse om na te slaan op hierdie onderwerp: Openbaring 1:18, 2:11, 20:6-15, 21:1-5, 8, Matthéüs 16:18, Lukas 16:23, 26, 1 Johannes 1:7-9, 2 Korinthiërs 5:21, 6:14, Johannes 5:28-29, 19:30, 2 Konings 2:1-11, Psalm 11:7, Matthéüs 17:1-9, 18:10, 1 Korinthiërs 5:1-10, 2

Thessalonicense 1:9, Hebreërs 6:2, 2 Petrus 2:17, & Markus 16:16.

Ons weet wat Jesus gedoen het na Sy dood, maar wat gebeur met ONS na die dood: o Hoekom is daar dood, en watter *voordele* het dit?

- Dit was nog nooit die Here se plan dat enigiemand moes doodgaan nie.

- Romeine 5:12 & 1 Korinthiërs 15:22 Sonde bring dood. Adam het eerste gesondig. Ons is sy afstammelinge. Ons almal erf die sonde (en dus ook die straf vir sonde), wat in Adam se bloed vloei. Dis waar ‘n vader se werk belangrik raak. Aksies tel, nie woorde nie.

137

C Viljoen

- Dood het ontstaan saam sonde, want sonde verwyder ons van God Jesaja 59:1-2, en in God maak NIE dood nie. God bring alle lewe 1 Timótheüs 6:13. Sonde het ons in die duister gewerp, want geen lig het gemeenskap met die duister nie 1 Korinthiërs 6:14.

- Hebreërs 9:22 & Johannes 10:10-11 Daar was geen vergifnis en redding vir sonde, behalwe deur die dood nie. Jesus was ons laaste sonde-offer, vir almal wie in Hom glo Johannes 3:5!

Hy verwyder al ons sondes Psalm 103:12.

o Hoekom was die boom dan in die tuin?

1. Sonder die boom van Kennis in die tuin van Eden, sou ons geen keuse gehad het behalwe om God lief te hê nie. Ons sou soos ys koue masjiene wees wat hul baas gehoorsaam. Maar met die plant van hierdie boom, kon ons self kies om God lief te hê *Génesis 2:17*.

- Kort-verhaal vanuit die 17de en 18de eeue, van John Milton se epiese gedig: "Paradise Lost":

Milton se tema: Die oorspronklike sonde van Adam en Eva, en die ellende van die wêreld tot die koms van Christus, word in die openings lyne uiteengesit, wat sê:

"Van die mens se eerste ongehoorsaamheid, en die vrug van die verbode boom, die sterflike smaak, het die dood in die wêreld gebring, en al ons wee met die verlies van Eden totdat een Groter Man ons herstel en die salige troon herwin."

Verantwoordelik vir die korrupsie van Adam en Eva, is die duiwel, wat vroeër uit die hemel saam met sy rebelle-engele verdryf is omdat hulle probeer het om God omver te werp.

"Krans, met hoofde gebuig, het hul hulself van die rand van die hemel af neer gewerp. Ewige toorn het agter hulle aan gebrand na die bodemlose put."

In die besonder kom God en die duiwel as lewendige en magtige figure voor, maar Milton maak dit duidelik dat die uitstorting van Adam en Eva vanuit Eden regverdig is: Alhoewel gewaarsku, het Eva die verbode vrug geproe met volle kennis van die gevolge, en in volle besit van haar eie vrye wil, wat God nie sou oortree nie. So die Aartsengel lei Adam en Eva uit die Hemel, maar die eindpunte van die gedig is baie optimisties oor hul toekoms, op aarde:

"’n Paar natuurlike trane het hulle laat val, maar dit gou afgevee. Die hele wêreld was voor hulle, waar om hul rusplek vanuit te kies, en die Voorsiener hul gids.

Hulle het hand-aan-hand, met dwaal stappe stadig, deur Eden hul eensame pad gestap."

o Wat is die eerste en tweede dood, en hoe gebeur dit?

- Romeine 14:8, Matthéüs 10:28 Die Eerste dood is die van die vlees, en dit gebeur wanneer ons ons laaste asem uit blaas Prediker 3:20.

- Daniël 12:2 & Openbaring 20:12-13 Die Tweede dood is in die gees, en dit gebeur net alleenlik met ongelowiges wat veroordeel word tot hierdie dood Openbaring 20:14. En dit wat oorbly vir die gelowiges, is ‘n tweede, heeltemal nuwe, jong lewe Openbaring 21:4.

138

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

o Gaan ons Christene dadelik hemel toe na die dood, of slaap ons eers in die graf tot die wegraping?

- Baie predikers dink ons gaan net alleenlik slaap tot die wegraping, NIE SO NIE! Daar bestaan nie ‘n ding soos “Siel-Slaap” nie! Bewyse: Psalm 146:4 Ons liggaam skei van ons siel en gees, en gaan na twee verskillende plekke!

- Die gees gaan wakker wees by Christus *Filippense 1:21*, 23, 2 Korinthiërs 5:8, Openbaring 6:9-11, Lukas 16:22, & 23:43.

- Die vlees gaan slaap in die graf Jesaja 26:19, 1 Korinthiërs 15:18, & 1 Thessalonicense 4:13-14.

- Die siel is ons geheue, en gaan saam met die gees om rekenskap vir elke daad te gee Romeine 14:11-13, Jeremia 31:33, & Hebreërs 10:16.

- Ons gaan ELKE LAASTE sonde onthou in ons SIEL, want die onderbewussyn, wat niks vergeet nie, kom ook saam. ELKE YDELE WOORD… Matthéüs 12:36. Behalwe die sondes waarvoor ons vergifnis ontvang het Hebreërs 8:12 & Psalm 103:12.

- So ons IS ‘n Gees, en HET ‘n Siel, en leef in ‘n Liggaam.

o Hoe kan ons vir seker weet ons is gereed om hemel toe te gaan?

- Dis maklik, jy moet net kan “ja” sê, by elkeen van hierdie vrae: i. Is jy ‘n sondaar? Romeine 3:23

ii. Het jy berou vir jou sondes? Markus 1:15

iii. Is Jesus in jou hart toegelaat, en is jy gedoop? Johannes 3:3-16

iv. Probeer jy jou bes om nie meer te sondig nie? Galásiërs 6:1 & Matthéüs 18:15

v. Doen jy moeite om nie aspris te sondig nie? Hebreërs 10:26

vi. Laat jy God elke dag in jou groei? 1 Johannes 1:6-10 & Galásiërs 5:22-23

- Dan sou ek sê het jy ‘n goeie kans!

o Hoekom kry party mense meer tyd op aarde as ander?

- Númeri 14:18 & Romeine 2:4 God is geduldig, sodat ons almal kan bekeer.

- Matthéüs 5:4, Númeri 31:17 & Matthéüs 2:13 Kinders wat sterwe.

- Job 2:6 Satan en bose geeste kan nie dood maak nie.

- Handelinge 19:16 & Job 1:13-22 Maar hulle kan mense motiveer om te kies om mekaar dood te maak.

- Matthéüs 4:1-11 Hy kan jou ook motiveer om te sondig, waarin jy die tweede dood sal bereik.

o Hoekom is daar wrede dood?

- Party wrede dode is straf vir sonde: Deuteronómium 21:18-21, Génesis 7:4, Eségiël 16:49 & Génesis 19:24.

- Ander dode is deur sonde van die duiwel af: Deuteronómium 27:25, Rigters 19:25, 29 & Johannes 19:18.

- Die Almagtige Here sal alles vergeld: Romeine 13:10, Psalm 147:3, & Romeine 12:19.

o Kan ‘n mens iemand opwek uit die dood?

- Johannes 11:11-13, 23, 27 & 40-43.

- Wanneer ons glo, en gered is, en as dit sal dien as ‘n teken van God se grootheid, en nie wanneer ons dit net vir ons-self wil doen nie, het ons die krag in Matthéüs 10:8 gekry!

o Is dit veilig om ‘n kans te vat en nie in God te glo nie?

- Jou lewe, jou keuse. Ons weet bo alles God bestaan. Hy hoef nie Homself te bewys nie. Die heelal skreeu die heerlikheid van ons Skepper! Maar verbeel jou vir ‘n oomblik... Dink net hieraan:

139

C Viljoen

i. Kom ons sê vir ‘n oomblik daar is geen God nie. As daar geen God is nie, en jy het NIE

in God geglo nie, dan is JY sowel as die CHRISTENNE veilig. Hoekom? Want as God nie bestaan nie, is daar geen straf op die Christen nie, en ook geen straf op jou nie!

ii. MAAR, wat as God nou wél bestaan, en jy glo nie in Hom nie? Dan is die Christen alleen veilig, terwyl jy in die hel gaan brand. Jy sien, as jy nie ‘n Christen is nie, het jy hier ‘n 50% kans om hel in die moeilikheid te beland, en die Christen het 100%

veiligheid.

iii. Go with God, Crispy!

o Wat doen ‘n mens met die pyn van iemand anders se dood?

- Hierdie is ‘n lekker vraag. Hoe hanteer mens die pyne van jou vriende en familie wat sterf rondom jou? Hoe kry mens die hart-snare om weer reg te speel?

- Al jou vriende en selfs al jou vyande, en al jou familie, en almal waarvoor jy lief is, wat vandag alreeds gesterwe is, wil almal hê jy moet een baie belangrike vraag vir jouself vra.

- En daardie vraag is: Hoe sal my (ma/pa/vriend-in/broer/suster/seun/dogter/ander awesome geliefde) wil hê ek moet my lewe lei, elke dag? En dan gaan doen jy wat jou geliefdes sal eer! Elke dag! En onthou dat jou dag ook sal kom! ☺ So moenie tyd mors nie.

- Psalm 34:18.

o Hoekom is daar ‘n tweede dood?

- Openbaring 21:27, Deuteronómium 30:3-13, Joël 2:25, Jeremia 30:17 & 32:27, Jesaja 61:7, Job 42:10, Jesaja 1:18, 2 Korinthiërs 5:17, 6:14, 1 Petrus 4:8, Psalm 103:5, Job 33:25, Handelinge 1:6, Daniël 9:25, Openbaring 21:2, & Jakobus 1:15.

- Die sonde bring voort die dood. Die tweede dood. Jesus het ‘n nuwe Jerusalem vir ons gaan voorberei. Wanneer Hy ons kom haal, sal net die wat Christene is, toegelaat word in die hemel, want die lig het geen gemeenskap met die duister nie, die tweede dood is die ewige straf.

o Ekstra verse om na te slaan op die onderwerp van ons dood: Hebreërs 12:6, Levítikus 17:11, 1

Johannes 1:5-7, Openbaring 22:14-15, Spreuke 15:4, 3:13-18, 11:30, 13:12, Génesis 3:22-24, Spreuke 28:15, Jesaja 59:7, Matthéüs 27:52, Johannes 8:44, 1 Thessalonicense 4:14-16, & Johannes 14:3.

Jesus was geslaan met ‘n sweep. Die Bybel beskryf nie die sweep nie. Die cat-of-nine-tails sweep wat beskryf word deur baie, is iets wat aangeneem is in geskiedenis oor dit in die oudste Romeine geskiedenis gebruik was, en oor dit en die 40 (39) slae hulle gewone manier van gésel was. Een slag weg van dood af.

Op verskeie ander plekke in die Bybel word die 39 houe van die Romeine wel beskryf. Die detail van watter tipe sweep op Jesus gebruik was, staan glad nie fisies in die Bybel nie. Wees versigtig en toets die geeste wat ekstra detail met jou deel. Dit gaan nie die verskil tussen hemel en hel beteken as ons aanvaar Jesus was met een sweep bo ‘n ander geslaan nie... Maar ons moet selektief wees oor wat ons hoor en by wie, want klein detail kan groot gif wees in die verkeerde hande. Wanneer jy twyfel, bly by dit wat jy letter-vir-letter in die Bybel self kan sien en raak lees.

140

Image 125

Image 126

Image 127

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

LUISTER-LES & GESELSIE NA MARKUS 15

Na elke les uit Markus moet ons luister na sy vriende se oogpunt om die volle prentjie te kan sien. Byvoorbeeld, waar Markus dalk ‘n kort storie vertel van Jesus se doop, kan mens baie meer detail hoor by Matthéüs en Markus, want Johannes praat glad nie hiervan nie. Dan ook is daar stories wat Johannes vertel wat Markus glad nie vertel nie, en ons moet hulle ook luister om te kan oor-brug van een les na ‘n ander in Markus. Hierdie tabel lys al die hoofstukke wat ooreen stem met Markus (dis kruis-verwysings), en al die hoofstukke wat Markus glad nie het nie, maar wat die ander evangelies wel vertel (dis brug-hoofstukke). Luister die gedeeltes wat gemerk is. ONTHOU: Luister en lees saam in jou Bybel, dan bespreek ons hoe ons elkeen daaroor voel.

Doen: Pop vasvrae 2 mondelings.

JESUS SE

MATTHÉÜS MARKUS LUKAS JOHANNES

1-2

1-2

1

GEBOORTE EN

3-4 & 8

1

3-5

4

VOORBEREIDING

2

3

9 & 12

2

5-6

5

12

3

6 & 8

5-8 & 11

7

8 & 13

4

8

8-9

5

8

10 & 13-14

6

9

6

BOODSKAP EN

15

7

BEDIENING

15-16

8

9

18-19

9

9

17

10-17

7-11

19-20

10

18

21

11

19-20

12

21-23

12

20-21

24

13

21

25

26

14

22

12-13 & 18

14-17

DOOD EN

27

15

22-23

18-19

OPSTANDING

28

16

24

20

21

WATSE GOEIE NUUS HET ONS GELEER?

OPEN: __________ | BYBEL FEIT: __________ | AFSLUIT: __________

141

Image 128

C Viljoen

KYK FLIEKS

KYK VIR HUISWERK

John Hagee – The Coming Fourth Reich.

KYK SAAM

Jesus se kruisiging op die engelse fliek – Killing Jesus 2015.

Onthou: Bring een interessante feit omtrent Markus 16 saam na die volgende klas toe.

142

Image 129

Image 130

Image 131

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

MARKUS 16 – DIE GROOTSTE WONDERWERK WAT JESUS SE HANDE KAN VERRIG

Wat het op aarde gebeur terwyl Jesus dood was? Hoekom het Jesus na Galiléa gegaan toe Hy uit die dood opstaan? Is die storie van die opstanding waarheid? Het iemand die Bybel dalk verander? Aan wie het Jesus verskyn? Wat het die dissipels gedoen? Wanneer is Jesus op hemel toe? Wat is oor vir ons om te doen?

ONTHOU: Pop vasvrae 3 is oppad oor hierdie les, by bladsy 151.

Lees Markus 16.

Deel jou interessante feit oor Markus 16 met die groep.

In hoofstuk 16 lees ons die skrikwekkende storie van Jesus se opstanding uit die dood, en Sy verskyning voor Hy hemel toe was, en ons vind ook uit die werk wat God van ons verwag om te doen.

Die opstanding (v1-8):

o Lees ook: Matthéüs 28:2-7, Lukas 24:2-8, & Johannes 20:11-18.

o HIER IS DIE EVANGELIE! Die _______ nuus! Reg van les 1 af! 1 Korinthiërs 15:1-6 & Johannes 3:16.

o Die enigste manier om hemel toe te gaan is deur __________ Johannes 14:6 & Handelinge 4:12!

o Jesus het op die Sabbat opgestaan Markus 15, die laaste dag van die week (Sondag vir die Jode, of Saterdag vir die Christene). Kyk na Markus 16:1-2. Dis die dag toe hulle _____ Jesus het opgestaan.

o Romeine 4:25, 5:12, 18, 6:23, 10:9, Matthéüs 25:46, Openbaring 20:14-15, & Markus 15.

o Verwys na die Geboorte van Jesus en Sy bloedlyn vir meer oor die Marias by die graf.

o v7 Is baie belangrik! “Gaan sê vir Sy dissipels EN VIR PETRUS! ” Hoekom? Want Petrus het Hom 3

keer verraai en het seker nie waardig gevoel nie. Ons gaan eendag uitvind hoekom Johannes 21!

Verskyning van Jesus na Sy opstanding (v9-20):

o Handelinge 1:3 & 1 Korinthiërs 15:6-9 Jesus was op aarde vir _______ dae. WOW!

o Jesus het aan baie mense verskyn:

- Maria Magdalena v16:9-11 & Johannes 20:10-18, die vroue Matthéüs 28:8-10, 2 Gelowiges op reis v12-13 & Lukas 24:13-35, dissipels wat agter ‘n geslote deur was Lukas 24:36-43 & Johannes 20:19-23, dissipels en Tomas v14 & Johannes 20:24-31, dissipels wat vis vang Johannes 21:1-14, & die dissipels in Jerusalem Lukas 24:44-49.

o ‘n Paar goed wat ons moet kan doen elke dag:

- Romeine 10:13 – Die Naam van die Here ____________________ tot redding!

- 1 Petrus 2:24 – Ons sondes __________ , en vir geregtigheid __________!

- Matthéüs 28:16-20 – Ons moet mense __________ en __________.

- Markus 16:15-18 – Ons moet die ______ versprei, mense _______, duiwels _______, praat in ______, bid as ons gif in kry laat dit ons geen _____ doen nie, en op siekes die ______ lê.

- Handelinge 10:43 – ________ moet _______ van sondes deur ______ se naam kan ______!

- 1 Thessalonicense 5:16-18 – Ons moet altyd ______ wees en ______ en __________ wees!

- Johannes 16:33 – Ons moet onthou dat ons ____________________ sal hê op aarde!!!

Die grootste wonderwerk van Jesus, was die ewige lewe vir ons onverdiende sondaars Johannes 3:16.

WATSE GOEIE NUUS HET ONS GELEER?

OPEN: __________ | BYBEL FEIT: __________ | AFSLUIT: __________

VERWYSINGS: Psalm 32:8, Romeine 3:23, 2 Korinthiërs 5:20, Efésiërs 4:11, 6:20, Filippense 1:6, Kolossense 1:14, 1 Timótheüs 2:13, 4:12, 2 Timótheüs 1:6 & 1 Johannes 4:18.

143

Image 132

C Viljoen

Jy word beslis waardeur!

Versprei asseblief hierdie pakket oral aanlyn met

almal wat jy in die hande kan kry!

Dit sal altyd verniet wees!

Lei siele na Christus saam my.

Onthou, jy mag klas-fooie hef aan jou studente

wanneer jy hierdie kursus aanbied, solank jy die

materiaal verniet verskaf.

Saai asseblief in die rigting van hierdie inisiatief sodat

dit voltyds kan hardloop? Watter onderwerp sal jy

volgende wil aanbied?

Baie liefde vir jou, en baie dankie!

Sien bladsy 181 vir meer kursusse wat reeds beskikbaar is!

VIR DONASIES

Mr. CJ Viljoen (Verwysing: Jesus)

FNB Spaar Rekening: 62473460873

Takkode 250655

Jy kan ook hier kliek of die QR kode scan vir ‘n Pay Pal donasie (chrisviljoen777@gmail.com).

144

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

HUISWERK – OM TE LEES

Die doeke mooi opgerol by Jesus se graf, en oor drome en visioene: o Volgens ‘n storie op die internet: Die Jode het gesig-doekies gehad wat uit hulle linne-hoede gehang het. As ‘n Jood by ‘n tafel besig was om te eet en wou die tafel tydelik verlaat, sou hy hierdie lappie netjies oprol en op die tafel los tot hy terug is. Dit sou ‘n simbool wees vir ‘n dienaar (waiter) wat sê: “Wag, ek kom terug.” As die Jood klaar was, sou hy die lappie deurmekaar op die tafel gelos het wat sou beteken: “Maak skoon die tafel, ek is klaar, ek kom nie weer terug nie.”

Jesus het Sy lappie opgevou en netjies in Sy graf gelos. Johannes 20:7. Hy het heel moontlik gesê:

“Ek kom terug.” Al van daar af. Hoe amazing is dit, vir die een wat oplet?

o Alles het betekenis, en ons moet oor alles wonder en bid, want God het voorspel dat ons sal drome droom en gesigte sien, en dat dit als God is wat met ons praat Joël 2:28-32, Job 7:14, 33:14-20 & Handelinge 2:17-21! ALLES het ‘n rede en ‘n doel en in ALLES praat God met ons elke dag! Hoe is jou geestelike ore en oë ingestel?

Simon se naam was verander na Céfas (Petrus) soos ons leer in Markus 1 (Johannes 1:42-43): o Jesus het seker gemaak Petrus word ingesluit na Sy opstanding, want hy het Jesus 3 keer verraai en het seker gedink dat hy nie meer goed genoeg was vir Jesus nie.

o Alhoewel Petrus baie foute gehad het soos die res van ons Galásiërs 2:11-14, was hy wel altyd die gewillige een Matthéüs 14:28-30!

o Jesus hou daarvan om mense te gebruik wat nie lyk of hulle die regte persoon vir die job is nie Lukas 5:10 & Handelinge 4:13.

o Ons kan meer van hom leer in die Handelinge en in die boeke van 1 & 2 Petrus. Petrus het later tyd spandeer met Markus 1 Petrus 5:13 en Markus het sy boek geskryf volgens die goed wat Petrus kon onthou van sy volging van Jesus toe Hy nog op aarde was.

Markus 16 was baie korter in die “oorspronklike Bybel”:

o Daar was ‘n gedeelte van Markus wat moontlik nie deur Markus geskryf was nie, maar wat later in gesit was, maar voor ons daaroor kan leer moet ons eers meer leer oor waar die oorspronklike tekste van die Bybel gehou word.

o ‘n Manuskrip is ‘n outydse scroll of dokument, soos die “Declaration of Independance” wat op vark-vel geskryf was baie jare gelede.

o ‘n Kodeks is ‘n manuskrip wat oor geskryf was in boek-vorm, soos die enkel boeke wat saam die Bybel op-maak.

o ‘n Bybel is ‘n “collection of books” wat nou een groot nuwe boek maak omdat al sy klein boekies oor dieselfde goed praat en by mekaar in pas.

o Daar is meer as een biblioteek wat bybel-boeke beskerm. Een van die grootstes, wat die oudste boeke van die Bybel-tyd beskerm, is in Italië, in Rome. Die volledige adres van die biblioteek is:

- Vatican Apostolic Library (vat) – of Bibliotheca Apostolica Vaticana in Latyns

- 00120 Vatican City

- 00120 Vatikanstadt

- Vatican City

- Rome, Italy

o Die biblioteek het lank voor 1475 bestaan, maar was eers in 1475 formeel “gestig” of opgerig as die biblioteek wat beskerm sal word soos die president van Amerika, omdat dit die oudste dokumente 145

C Viljoen

het van ons geskiedenis. Hierdie biblioteek huis 75 000 geskiedkundige kodekse, en 1.1 Miljoen gedrukte boeke. Die biblioteek laat jou nie toe om in te gaan, tensy jy eers presies kan bewys wat jou kwalifikasies is, en die redes hoekom jy juis daar wil navorsing doen nie. Jy kan vra dat hulle vir jou kopies stuur deur epos van spesifieke bladsye in boeke wat so vér terug as 1801 geskryf was.

Die biblioteek het ook ‘n aparte seksie wat die “Vatican Secret Archives” genoem word, en dit het omtrent 150 000 ekstra items in wat behoort aan die pope van daardie spesifieke tyd. Die woord

“Secret” het gewoonlik “geheim” beteken in hierdie naam, tot 1881, maar is nou oop vir gekwalifiseerde navorsers en die woord “Secret” beteken nou eerder amper dieselfde as die

“Secret Service” van die president van Amerika, wat ‘n baie spesiale en beskermde tipe VIP item is.

Van die dokumente in die Secret Archives is die ou vorige popes se skryf-werke of persoonlike dokumente, en daar word ook sekere geheime staatsdokumente in gehou wat net vir spesifieke oë gehou word in die wêreld se regerings. Dit hou ook die totale wette van die Rooms-Katolieke

"Regering" wat aan die Katolieke behoort juis oor hulle die Heilige See (Sea of Rome) besit, wat fisies behoort aan die pope (die Vatican-head). So die pope kan eintlik gesien word as die president van die totale Roman Catholic bestaan regoor die hele wêreld, en hy “hulle” besit die Heilige See en is ‘n regering op hul eie. Hulle biblioteek besit ook boeke van die medieval tyd wat geskryf was met baie versierings en prentjies, soos die boek wat op die fliek “The Sword in the Stone” of Merlin deur gelees word. Die naam van hierdie boeke word “Illuminated Manuscripts” genoem. Daar is baie absolute amazing goed om te leer van hierdie biblioteek en sy eerste dae as jy dit wil verder navors.

o Ongelukkig bestaan die oorspronklike Bybel boeke nie meer nie. Die oorspronklike Bybel het ook nog nooit bestaan nie. Daar was nooit ‘n Bybel in die Bybel-tyd nie. Mense van die Bybel-tyd het baie boeke (scrolls) geskryf in die tyd van God en van Jesus (ons is in die tyd van die Heilige Gees), en die oorspronklike boeke of scrolls was deur duisende jare oor geskryf en kopies van geskryf en oues verloor, gesteel, gebrand, verloor in vloede en oorloë, etc. van voor die tyd van Babilon, tot vandag toe. As daar leuens bestaan in ons ou vertaling Bybel vandag, sal die een wat die leuens geskryf het die straf ontvang, en nie jy nie, so jy kan ophou stres oor die akkuraatheid van die Bybel.

God het gesê Hy sal die oorspronklike Woord beskerm Psalm 12:7-8.

o En dit is ook belangrik om te onthou om altyd ‘n outydse woordeboek te gebruik wanneer jy ‘n ou Bybel lees, want baie woorde het betekenis verander:

- Gay was altyd “happy” – Nou beteken dit homoseksualiteit.

- Cool was altyd “not hot” – Nou beteken dit populêr!

o Die Bybel het 66 boeke wat saam oor ‘n tyd van rofweg 1500 jaar geskrywe was. 39 boeke in die Ou Testament, en 27 in die Nuwe Testament. Dit WAS NIE gegee deur mense nie, maar die totale werke was gegee deur God, en geskryf deur mense 2 Timótheüs 3:16.

- Die Ou Testament (die Bybel van die Jode) het 3 dele. Dis “Die Pentateug” (wette) of die eerste 5 boeke van Moses, dan “Die Profete” en dis al die boeke wat die profete geskryf het, en dan “Die Skrifte” wat ander geskrewe werke is soos die Psalms, Spreuke, en die ander boeke van die ou testament.

o Dis maklik om te volg… Moses het die wette geskryf Eksodus 17:14, Númeri 33:2, Joshua 1:8, Matthéüs 19:8 & Johannes 5:46-47. Die boeke was in die ark Deuteronómium 31:24-26. In die tyd van Dawid en Salomo was al die boeke wat so vér geskryf was geskuif na die tempel toe 1 Konings 8:6. Ander boeke was geskryf en bymekaar gebring soos Psalms, Spreuke, Jesaja, Hoséa en Miga Spreuke 25:1. Die Jode was uit Israel gegooi toe Babilon oorgeneem het, en dit het laat die boeke van die Bybel verstrooid raak. Maar toe die Jode se ballingskap verby was het Ezra die 146

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

boeke weer bymekaar gemaak en ‘n kopie daarvan gemaak vir die ark wat in die tweede tempel moes staan. Hierdie boeke saam word die Hebreeuse Bybel genoem.

In die derde eeu voor Christus was hierdie boeke vertaal na die Griekse taal deur 70

Joodse geleerdes (scholars). In AD 1947 was die “Dead Sea Scrolls” gevind in Qumran, 20myl oos van Jerusalem op die noord-weste strand van die Dooie See, in Israel. ‘n Seuntjie wat bokke moes oppas het ‘n bok gevolg wat verlore geraak het van die groep af, toe gooi hy ‘n klip in ‘n grot in wat hy by die see raak geloop het, en toe hy iets hoor breek, het hy gaan kyk, en dit het later gelei tot die soek en vind van nog 11 grotte en baie tiene duisende ceramic potte vol leer en papirus scrolls wat kopies was van die oorspronklike tekste, en daar was ook baie boeke wat geskryf was deur mense wat die oorspronklike tekste na-gevors het. Hierdie scrolls of Bybelse kopies van die ou testament is baie meer as 2000 jaar oud vandag en hulle het nog dieselfde inligting in as ons moderne Bybel vandag, wat vertaal en geskryf was van scrolls af wat baie ouer was as die Dead Sea Scrolls, so die Dead Sea Scrolls is bewyse dat ons ou vertaling Bybel nie verander was met tyd nie. Ons weet selfs dat die ou testament presies 39 boeke moet hê uit Jesus se eie mond, in Lukas 11:49-51. Abel was dood in Génesis, en Sagaría was dood in 2 Kronieke, en dis die eerste en laaste boeke van die ou testament. WOW!

- Die Nuwe Testament het ook drie dele, en die Christene glo in albei die ou en nuwe testament. Die drie dele is eers “Die Evangelie” (goeie nuus) van Jesus, dan “Die Kerk Geskiedenis” wat net die Handelinge is, en dan “Die Apostoliese Skrifte” wat al die ander boeke van die nuwe testament is.

o Volgens ons geskiedenis, was die eerste nuwe testament versameling bymekaar gesit deur ‘n ou (Marcoin is sy naam) wat geglo het om net al die boeke in die groep te sit wat praat van Jesus as God, en het alles uitgelaat wat praat van Jesus as net ‘n man. Toe het iemand die nuwe testament boeke anders bymekaar gesit, deur die evangelie, en Handelinge, en 13 van Paulus se briewe, en 1-, 2-, 3- Johannes, Judas, en Openbaring bymekaar te sit. Toe kom die finale nuwe testament wat ons ken, wat bymekaar gesit is deur ‘n kerk man met die naam Athanasius in AD 367 en dit was deur die “Raad van Carthago” die finale nuwe testament gemaak in AD 397. Later was daar uitgevind dat hierdie finale groepering van die nuwe testament heeltemal reg was van die begin af, want die nuwe testament boeke is almal geïnspireerd en gelyk aan die ou testament boeke. Byvoorbeeld: Kyk na 1 Timótheüs 5:18 & Lukas 10:7. Paulus het basies hier gesê dat Lukas se skrifte deel is van “Die Skrifte”! En die ou testament praat van hierdie selfde ding in Deuteronómium 25:4! So ons weet dat Paulus die ou testament skrifte in die tempel gaan lees het, en dat die nuwe testament ooreen stem met die ou testament hierdeur! Daar is baie voorbeelde.

Petrus het ook gepraat in daardie tyd al, van mense wat die Bybel (die groep scrolls in die tempel) verdraai net soos hulle Paulus se skrifte verdraai, en dit sal hulle onheil beteken 2 Petrus 3:15-16, so Petrus het basies gesê dat Paulus se skrifte deel vorm van “Die Skrifte”, oor hy juis al sy werk uit die ou testament gehaal het!

Omtrent al die priesters van ons geskiedenis rondom 2000 jaar gelede, het so veel boeke van hul eie geskryf en tekste aangehaal en preke gepreek uit die ou testament waarvan die versies vandag in die nuwe testament is, dat rofweg net 27 verse nog nie ingesluit is nie. Voor die nuwe testament bymekaar gesit was, het mense al dit so 147

C Viljoen

gepreek, uit die 27 boeke wat ons vandag ken. Daar is omtrent 5300 Griekse, 10 000

Latyns, en 9000 deurmekaar kopies van die nuwe testament wat al gevind is vandag deur die jare, en HULLE ALMAL WAT AL GEVIND IS – IS VERBATIM!!! DIT BETEKEN

HULLE ALMAL HET PRESIES DIESELFDE WOORD-VIR-WOORD INHOUD! Dit beteken dat die nuwe testament het vir die hele 2000 jaar nog glad nie verander nie, nes die ou testament. Ons weet dat die ou testament waar is want die mense in die nuwe testament het baie woorde uit die ou testament aangehaal.

o Die woord het nog nooit verander nie, soos wat eindelose ou oorspronklike scrolls bewys, en dit word vasgestel deur die boeke en navorsing wat geskryf was deur miljoene mense van daardie tyd, wat geskryf het oor die Bybel. Ons enigste probleem, is die duisende NUWE VERTALINGS wat geskryf word, wat die oorspronklike skrifte draai. Ons moet bly by die 1933/53 vertaling Bybel in Afrikaans, of die oorspronklike King James Version in Engels. Hierdie is die twee mees akkurate skrifte, en jy kan meer daaroor leer uit die ou preke van die Panorama of Prophecy CD!

o Hoeveel dele ons ook al het van die Bybel, dit maak nie saak nie. Of jy nou een boek in die Bybel het, of al 66, dit vertel dieselfde storie van dieselfde God, en ons glo in die een lewendige God wat skepper is van Hemel en Aarde! Met die tegnologie van vandag, en die groot hoeveelheid mense wat die Bybel probeer vals bewys moet ons maar huiwer voor ons enigsins glo in nuwe boeke wat ontdek word deur wetenskaplikes. Miskien is dit ekstra boeke, maar miskien nie. Miskien het iemand dit vervals en self geskryf. As 66 boeke genoeg was om 6000 jaar se mense hemel toe te stuur, is dit genoeg vir ons ook, en ons weet klaar hulle is almal akkuraat genoeg! Ons sal eendag in die hemel die ware oorspronklike tekste sien en kan leer.

o Vir interessantheid, het jy al ooit gewonder:

- Hoekom sien jy nooit Budiste preek op TV tot redding van die hele wêreld nie?

- Hoekom probeer die Moslems/Hindus/Politeïste/UFOs/etc. ons nie oorreed tot hul geloof nie?

- Hoekom is dit net die lewendige God (Jode, katolieke, christene, etc.) wat op TV en radio preek tot ons redding?

- Hoekom probeer die ateïste of die evolusioniste nie om ander gelowe aan te val nie?

- Hoekom is dit altyd net die Christen God wat aangeval word om dit vals te bewys?

- Hoekom het die Amerikaanse geld en oudste Scrolls Bybelse verse en boodskappe op?

- Almal wat geen geloof het nie (die ateïste en evolusioniste) wat op TV preek dat die aarde miljoene en biljoene jare oud is, het eers gekom na Charles Darwin ‘n boek geskryf het in 1859 wat sê dat die Bybel vals is, en dat die wêreld deur evolusie gegroei het. Sy boek se naam is “Origin of Species”, en dit sê dat NIKS ontplof het, en ALLES gemaak het. Lol… ☺ in 1859!!! Minder as 200 jaar gelede… En skielik is almal ateïste! Voor dit het almal die eenvoudige geloof gehad in God, en hier skryf een ou net een boek wat LIEG en sê die Bybel is vals, en skielik het jy moordenaars wat almal wil uitroei wat in God glo. Hoe verduidelik jy dit? Die Bybel is BAIE ouer as die boek van Darwin. Hoekom glo almal vir Darwin? Is die mense te lief vir sonde, en te bang om die ware straf van die Bybel te face?

- ‘n Seun met die naam Eric Harris het vir ‘n 17-jarige dogter met die naam Cassie Bernall gevra of sy in God glo, en haar in die kop morsdood geskiet in haar skool-klas! Sou dit kon gebeur het as hy nie Charles Darwin se boek gelees het nie?

- Hoekom is die heel grootse geloof in die wêreld, die Christene, met meer as 2.1 BIL-JOEN

gelowiges? Moenie eers die Jode (ons vriende) begin tel nie! Daar is net 7.9 Biljoen mense op die hele aarde vandag.

148

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

- Hoekom is die heel OUDSTE geloof in die hele wêreld die Joodse geloof? Die Christene het begin 2000 jaar gelede… Die Jode is nog meer as 4000 voor dit Génesis 1:1!

- Hoekom beskerm die wêreld NET die skrifte wat deel vorm van die Joodse en Christen geloof? Waar is die biblioteek wat die ander gelowe geskerm?

- Die ateïste en evolusioniste was 100% vals bewys deur Dr. Kent Hovind en baie ander, en alhoewel ‘n Christen NIE kan bewys dat God bestaan nie, kan ‘n ateïs nie bewys dat God NIE

bestaan NIE! Dis ALTWEE ‘N GELOOF! So as die ateïste sê hulle het geen geloof, LIEG HULLE, want hulle het geen bewyse dat daar geen God is nie. Dis ook ‘n geloof! Want NIEMAND

WEET NIE! Maar wat as God nou wel gestaan, en die ateïste sterf? Hulle sal spuit wees.

- Hoekom haat mense die Bybel so? Dis net ‘n boek wat jou leer hoe om met liefde en vergifnis en met opbouing ander rondom jou te hanteer. Om met eer op te tree. Haat mense dit dalk omdat dit jou verhoed om te rook, of te suip, of voorhuwelikse seks te hê, of omdat dit jou verhoed om moord te pleeg, of te steel, ens. Die feit dat mense dit haat, MAAK NIE DIE WOORD VALS NIE! Sterkte vir hulle!

- Hoe is dit dat ‘n groep tieners ‘n onderwyser se kar kan optel en op ‘n ander plek neer sit, maar ‘n groep sterk manne van die ou dae kan nie ‘n 2.2 ton klip optel om die piramiedes of tempels mee te bou nie?

- Dink bietjie vir JOUSELF en hou op om mense se opinies blindelings te volg. Selfs al kom iemand met stories wat bewyse het… KYK of die bewyse waar is! Vind uit vir jouself! Wees wakker in hierdie misleidende era van ons!

o TERUG OP DIE ONDERWERP VAN MARKUS: Volgens die oudste manuskripte (kopies) wat vandag nog bestaan in die Vatikaan Biblioteek, met die name (Codex Sinaiticus) en (Codex Vaticanus), het Markus 16 net die eerste 8 verse gehad, so Markus 16:1-8 was die hele laaste hoofstuk. Een van hierdie twee ou boeke was gevind op die berg Sinai, terwyl die ander een gevind was in die Biblioteek toe hy formeel gestig was, en niemand weet hoe lank hy al daar gele het nie. Miskien was Markus dood voor hy klaar geskryf het, of miskien was die tekste net weg. Is dit moontlik dat Markus net die einde van sy boek so wou los? Verse 9-20 was moontlik later bygesit deur “scribes”, alhoewel niemand seker is nie, want:

1. Die oudste oorspronklike skrifte het net 8 verse.

2. Die verandering van onderwerp tussen vers 8 & 9 is te skierlik. Vers 9 is sommer skielik die volgende dag, die storie verander nie geleidelik nie.

3. Markus het in v9 vir Maria Magdalena voorgestel asof dit die eerste keer is wat hy van haar praat, maar hy het in realiteit al 3 keer van haar gepraat, in Markus 15:40, 47, & 16:1.

4. In die ekstra 11 verse in Markus 16 vind ons omtrent 18 woorde wat hy nooit te vore in sy ander hoofstukke gebruik nie, so dit klink soos ‘n ander mens wat ‘n hele ander woordeskat het.

5. In v19 sê Markus “…die Here…” wat hy nooit op ‘n ander plek doen nie. Markus noem heeltyd vir Jesus op Sy naam, of hy sê “Hy” of “Hom”, maar nooit “Here” nie, tot nou.

6. Die tekens wat sal volg in v17-18 word glad nie in die ander 3 evangelies genoem nie. Net Markus praat daarvan.

7. Markus eindig altyd sy stories met verbasing: Markus 1:22, 27, 2:12, 4:41, 5:15, 33, 42, 6:51, 9:6, 15, 32, 10:24, 32, 11:18, 12:17, & 16:5. Dit sou sin maak dat Markus heeltemal beplan het om sy laaste hoofstuk te eindig in vers 8 met die verbasing van die vroue by die graf, maar heel moontlik het ‘n geleerde skrywer gedink dat Markus ook moes eindig soos die ander evangelies, wat almal eindig soos Openbaring 22:21!

149

C Viljoen

o Dit maak nie saak of hierdie 11 ekstra verse by gesit was of nie, want dit is NIE NUWE inligting nie.

Elke vers wat ekstra is in Markus 16, is aanhalings uit ander dele van die Bybel, so basies is niks bygevoeg of weg-gevat nie. Hier is die lys van verse in Markus 16 wat van ander plekke in die Bybel aangehaal is (en daar is nog meer):

MARKUS 16:

AANGEHAAL UIT

9

Lukas 8:2

10

Lukas 24:10

11

Lukas 24:11

12

Lukas 24:13-15

13

Lukas 24:33-35

14

Lukas 24:36

15

Matthéüs 28:19

16

Johannes 3:18

17

Handelinge 5:16

18

Handelinge 28:3-5

19

Lukas 24:51

20

Handelinge 5:12

Moontlike weerspreking (contradiction):

o Lees Matthéüs 28:9, Lukas 24:37-40 & Johannes 20:17. Een vers sê dat niemand aan Jesus moet raak direk na Sy opstanding nie, maar in ‘n ander vers sê Jesus self vir die mense om aan Hom te vat. Een vers vertel hoe hulle Jesus se voete gegryp het… Dit is nie ‘n contradiction nie, want Lukas 8:42-47.

Die enigste manier om versoekings te oorkom:

o Matthéüs 17:21 & 26:41.

Loer gou hier:

o Markus 16:1-2 beskryf hoe die vroue baie vroeg, net na sonop by die graf gekom het om Jesus te balsem. Al reeds op hierdie oomblik, op die 1ste dag van die week was Jesus nie meer hier nie. Vir interessantheid: AS Jesus “op die 1ste uur” van die Joodse Sabbat-dag (dag 3) opgestaan het, meen dit Hy was presies 39 ure (39 slae) dood!

o Romeine 5:18 Jesus het beslis vir alle sonde, insluitend Original Sin (Adam en Eva se eerste sonde) betaal.

150

Image 133

Image 134

Image 135

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

LUISTER-LES & GESELSIE NA MARKUS 16

Na elke les uit Markus moet ons luister na sy vriende se oogpunt om die volle prentjie te kan sien. Byvoorbeeld, waar Markus dalk ‘n kort storie vertel van Jesus se doop, kan mens baie meer detail hoor by Matthéüs en Markus, want Johannes praat glad nie hiervan nie. Dan ook is daar stories wat Johannes vertel wat Markus glad nie vertel nie, en ons moet hulle ook luister om te kan oor-brug van een les na ‘n ander in Markus. Hierdie tabel lys al die hoofstukke wat ooreen stem met Markus (dis kruis-verwysings), en al die hoofstukke wat Markus glad nie het nie, maar wat die ander evangelies wel vertel (dis brug-hoofstukke). Luister die gedeeltes wat gemerk is. ONTHOU: Luister en lees saam in jou Bybel, dan bespreek ons hoe ons elkeen daaroor voel.

Doen: Pop vasvrae 3 mondelings.

JESUS SE

MATTHÉÜS MARKUS LUKAS JOHANNES

1-2

1-2

1

GEBOORTE EN

3-4 & 8

1

3-5

4

VOORBEREIDING

2

3

9 & 12

2

5-6

5

12

3

6 & 8

5-8 & 11

7

8 & 13

4

8

8-9

5

8

10 & 13-14

6

9

6

BOODSKAP EN

15

7

BEDIENING

15-16

8

9

18-19

9

9

17

10-17

7-11

19-20

10

18

21

11

19-20

12

21-23

12

20-21

24

13

21

25

26

14

22

12-13 & 18

14-17

DOOD EN

27

15

22-23

18-19

OPSTANDING

28

16

24

20

21

Luister ook Handelinge vir huiswerk, want ons is die kerk van die handelinge wat Jesus vir ons gegee het!

OPEN: __________ | BYBEL FEIT: __________ | AFSLUIT: __________

WATSE GOEIE NUUS HET ONS GELEER?

151

Image 136

C Viljoen

KYK FLIEKS

KYK VIR HUISWERK

John Hagee – The Final Farewell.

KYK SAAM

‘n Lang, maar belangrike fliek – The Jesus Film 1979.

152

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

PRAKTIESE LES NA MARKUS 16

MAAK GEREED OM ‘N CHRISTEN TE WEES

Kan jy nou na hierdie reeks dalk vir die eerste keer regtig sê dat jy vir Jesus ken? Dis een ding om te weet wat Hy gedoen het, maar dis natuurlik ‘n hele ander saak om te kan sê ons ken Hom.

Dink so daaraan: Jy ken dalk vir Joyce Meyer of Avril Lavigne of die Barefoot Contessa of vir Barack Obama dalk so goed, dat jy tot weet wat in hul persoonlike lewens aan gaan… Maar ken hulle jou? En al weet jy dalk alles van hulle lewens omdat hulle daaroor praat op TV, maar as enigiemand jou vra of jy hulle ken, gaan jou beste antwoord moet wees:

“Wel ek ken hierdie ou of vrou goed, maar glad nie persoonlik nie.”

Net so is dit een ding om Jesus te ken, maar ‘n hele ander saak om Hom PERSOONLIK te ken. En Hy moet jou ook persoonlik ken as jy Hom gaan persoonlik ken. Jesus moet jou persoonlike Saligmaker word Lukas 1:47 & 2 Petrus 2:20! Hoe doen mens dit?

In hierdie laaste praktiese les gaan ons weer leer hoe om Jesus aan te neem sodat ons ander ook kan leer, en ons gaan die kreet leer en op sê van dit waarin ons glo, en ons gaan bid vir die seëninge van God oor ons, om ons te gebruik vir Sy wil.

INSTRUKSIES

1. Lees nou deur die volgende 4 bladsye.

2. Sê die gebede hard op saam, en probeer om elke woord te bedoel uit jou hart!

3. Geniet dit!

153

C Viljoen

DIE APOSTOLIESE KREET

Hierdie kreet was nie direk so in die Bybel geskryf nie. Dit was geskryf omtrent 150 jaar na al die oorspronklike apostels gesterf het, en dit is ‘n goeie opsomming van die Christelike geloof, alhoewel daar 2

punte in die oorspronklike apostoliese kreet is wat nie verkeerd verstaan moet word nie. Dit is veronderstel om ‘n rekord te wees van wat die apostels vir die mense geleer het, maar wie ook al dit geskryf het na die apostels gesterf het, het hierdie twee moontlike foute begaan: 1. Die gedeelte wat sê dat Jesus neer gedaal het hel toe, moet reg verstaan word:

- Jesus HET NIE hel toe gegaan om gestraf te word omdat Hy ons sondes op Sy skouers geneem het nie, soos ons vroeër geleer het in die reeks. Hy het hel toe gegaan om die evangelie aan die dooies te preek sodat almal gelyke kans het om hemel toe te gaan deur die aanneming van Jesus. Sien Markus 15 vir meer.

2. Die oorspronklike apostels kreet of geloofsbelydenis sê dat die apostels “Glo in die Heilige Gees, die heilige Rooms Katolieke kerk”. Dit moet ook reg verstaan word:

- Dit PRAAT NIE van die Rooms Katolieke kerk soos ons dit vandag ken nie. Die woord

“katoliek” beteken “universeel”. So toe hierdie kreet geskryf was, het hierdie gedeelte letterlik bedoel dat die apostels geglo het in “die Heilige Gees, du AL die heilige kerke wat glo dat Jesus hul Saligmaker is.”

Hierdie kreet is belangrik, want God sê vir ons dat ons op ENIGE tyd gereed moet wees om te kan verduidelik wat ons geloof is, en hoekom ons dit glo, in 1 Petrus 3:15. Lees 1 Petrus 3:8-22 vir meer oor die kreet. Kom ons sê die kreet op die regte manier, soos wat die Bybel hom preek vir die Christen: DIE CHRISTELIKE KREET OF GELOOFSBELYDENIS

Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde.

Ek glo in Jesus Christus, Sy eniggebore Seun, ons Here; die enigste weg na God die Vader, wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is, en neergedaal het na die hel tot redding van die dooie heiliges. Ek glo dat Hy op die derde dag weer opgestaan het uit die dood; en dat Hy opgevaar het na die hemel en sit nou aan die regterhand van God, die almagtige Vader, waarvandaan Hy weer gou sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel. My Redder.

Ek glo in die Heilige Gees, die twee-snydende swaard en lewendige woord van God wat skerper is as enige ander swaard, die heilige, algemene, Christelike kerk, en die gemeenskap van die heiliges.

Ek glo in die vergewing van sondes; die opstanding van die liggaam; en die ewige lewe.

Amen.

Ek is trots Pinkster, happy-clappy!!!

154

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

MAAK SEKER JY GAAN HEMEL TOE

Jy kan hierdie bladsye gebruik om die evangelie (die goeie nuus) aan ander oor te dra!

Dit is jou werk! Leer dit mooi!

BESTRAF DIE BOSE OOR JOU, BREEK DIE BANDE VAN DIE GESKIEDENIS AF

Jy kan Jesus dadelik aanneem as jy wil, maar dit is beter om eers seker te maak dat die huisie in jou hart mooi skoon is, voor jy laat Jesus in kom. Vra vir Jesus om jou te verlos van die bose. Lees Matthéüs 6:9-13

en bid:

Vader, ek wil U aanneem! Hoor my gebed asseblief! Ek kort U hulp! Weerhou onheil van my. Verlos my van al die bose! As ek besete is deur ‘n bose gees, verlos my asseblief. As daar ‘n vloek oor my is, of bose bande van by voorvaders, verlos my asseblief. Ek pleit die bloed van Jesus oor my, en ek vra laat die Heilige Gees in my hart kom en rondom my kom en my vir elke oomblik veilig hou! Ek bid dit in die naam van die Vader God, die Skepper van hemel en aarde, en in die naam van die Seun Jesus Christus, wat vir my sondes op die kruis was en uit die dode op gestaan het, en in die naam van die Heilige Gees, die Woord van God wat skerper is as enige ander swaard. Halleluja! Dankie Jesus! Amen!

NEEM JESUS AAN AS JOU PERSOONLIKE SALIGMAKER

Daar is net een manier om seker te wees jy gaan hemel toe. Jy moet Jesus aan neem as jou persoonlike Saligmaker. Goeie werke kan jou nie red nie. Dit kan jou net gered hou, want geloof sonder dade is dood!

Jesus is die enigste weg na die hemel! Almal het gesondig. Het jy al ooit gelieg, of gesteel, of een van jou medemense gehaat? Lees Romeine 3:23, 10:9-10, & Johannes 3:5. Kom ons bid saam: Jesus, ek is ‘n sondaar wat verdien om hel toe te gaan. Maar ek glo dat U die enigste Here is. Ek glo dat U

vir my sondes gesterf het, en uit die dood opgestaan het. Vergewe my sondes asseblief. Was my skoon met U bloed. Maak my ‘n nuwe mens. Maak my U kind. Gebruik my vir U wil. Kom leef vir ewig in my hart. Ek behoort nou aan U. Ek gaan elke dag vir U leef. Dankie Here! Halleluja! Amen!

LAAT JOU DOOP

God het gesê ons moet Jesus aan neem, en glo dat Jesus God is, en ons laat doop, EN goeie werke vir hom doen, en gedurig bid en vas, en-en-en! Laat enige ernstige Christen wat al gedoop was, jou doop. Nie iemand wat net as baba in geseën is nie, maar iemand wat ‘n ware groot-doop ondergaan het. Gaan in die water in saam die persoon, en dis verkieslik beter dat ander mense jou doop sien, wat jou verantwoordelik kan hou vir jou aksies, want die doop is ‘n “public act to witness”, maar jy kan gedoop word deur slegs een persoon ook. Dit bring jou simbolies in Jesus se graf in saam met Hom, en jy staan saam Hom ook weer op uit die dood! Jy sterf jou sondes en ou lewe af in die water Markus 16:16, Efésiërs 4:4-6, & Romeine 6:4.

Die persoon wat jou doop moet jou onder die water in help, en sê: Ek doop jou in die Naam van die Vader, en in die Naam van die Seun Jesus, en in die Naam van die Heilige Gees. Amen!

Een dip of drie dips maak nie saak nie. Don’t major in the minor things!

155

C Viljoen

HOU NAGMAAL

Roep jou familie en vriende en hou gereeld nagmaal. Sien Markus 14 vir meer. Lees Markus 14:12-26.

Breek die brood, dank God daarvoor, en gee dit vir almal om te eet saam met jouself. Sê vir almal: “Hierdie is die liggaam van Jesus, gebreek vir ons sondes, tot genesing van ons liggame.” Vat dan die wyn, dank God daarvoor, en gee dit vir almal om te drink saam met jouself. Sê vir almal: “Hierdie is die bloed van Jesus, gegiet vir ons sondes tot die redding van ons lewens, sodat ons in die nuwe verbond saam Jesus kan in gaan!” Amen!

BID DIE GEBED VAN SENINGE & SALF JOUSELF

Vat olyf olie of salf olie en salf jou gesig. Bid die seëninge van Matthéüs 5:1-12 & Númeri 6:24-26 oor jou.

Vader God, Ek bid nou in die naam van Jesus!

Ek is arm van Gees. Help my gebrek aan geloof. Laat ek eendag in U koninkryk in gaan.

Ek treur. Vertroos my hart asseblief. Vee my trane weg vir ewig.

Ek is sagmoedig. Help my om ‘n vrymoedige leier te word. Laat ek saam U oor die aarde heers.

Ek honger en dors na die geregtigheid. Laat ek die water en vrug van die ewige lewe proe.

Ek is genadig, liefdadig, mensliewend, en barmhartig. Vergeef my sondes asseblief. Ontferm U oor my.

Ek is rein van hart deur U vergifnis! Laat ek U eendag van aangesig-tot-aangesig sien.

Ek is ‘n vredemaker. Ek is lief vir vrede. Noem my asseblief U kind. Bring vrede in Israel.

Ek word vervolg as ek opstaan vir dit wat reg is. Laat ek eendag U regverdige koninkryk erf.

Ek word beskuldig, beledig, en vervolg, as ek U getuig. Gee asseblief vir my ‘n groot loon in U koninkryk.

Vader God, seën, behoed en bewaar my. Laat U aangesig oor my skyn. Wees my genadig! Verhef U

aangesig oor my en gee vir my vrede. In Jesus se Naam!

Ek bid nou vir myself, en vir my hele familie en al my vriende, en vir al my vyande, en ek bid vir almal wat U

nodig het. Ek pleit die bloed van Jesus oor ons almal, en ek vergewe al my vyande, en ek sal vergeet wat hulle gedoen het en hulle met respek en eer behandel, omdat hulle ook net mense is soos ek, en omdat ek wil hê dat U dieselfde aan my ook moet doen. Dis moeilik, maar ek probeer. Help my asseblief. Help ons almal. Gee vir ons krag. Seën, genees, versterk, en beskerm ons almal asseblief, weerhou onheil van ons, laat ons U koninkryk vind. Moet ons nooit alleen los nie. Gebruik ons vir U wil! Halleluja! Amen!

LEER ELKE DAG DIE WOORD VAN GOD EN RED SIELE VIR CHRISTUS

Begin om die nuwe testament te leer uit ‘n ou-vertaling Christen Bybel, en versprei hierdie selfde nuus net soos dit vir jou ook vrylik gegee was! Praat met almal oor God, altyd! Moenie vergeet om ook die ou testament te leer nie, maar doen dit NA jy die nuwe testament geleer het, want jy moet eers leer oor jou eie verbond wat jy met Jesus in getree het, voor jy van die vorige verbond kan leer. Hebreërs 8:13 ☺

WELKOM IN DIE FAMIELIE VAN CHRISTUS

Jy kan NIE jou redding verloor wanneer jy sondig NIE! As jy daaroor berou en vergifnis vra. So moenie laat die duiwel vir jou lieg nie. BID ALTYD! Werk hard terwyl jy belowe word om vervolg te word op aarde!

Johannes 8:44, 16:33, 1 Johannes 1:9, & 1 Thessalonicense 5:16-18.

Laat almal ‘n glas water vat, en doen Markus 9:41.

156

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

DIE EINDE

Lukas 15:10 - Die engele juig nou saam God oor die besluit wat jy geneem het!

Lukas 16:22 - Wanneer jy eendag sterf, sal jy dadelik deur engele gelei word na die rus van die Hemel!

Matthéüs 24:31 - As jy hier is tydens die wegraping, sal engele van God jou kom haal.

Hebreërs 1:14 & Psalm 91:11 - Engele van God is gestuur om jou op te pas en jou te help op aarde.

Job 33:15-16 - Luister mooi na God se roep-stem.

1 Korinthiërs 13:1-13 - Tree op met liefde, want God is liefde, en dit vergaan nooit nie.

☺

DIE BELANGRIKSTE VRAAG:

Waar is die koninkryk van God wat ons moet soek soos Matthéüs 6:33 sê?

Dis JESUS! Soos Matthéüs 4:17 sê, en ook volgens “Hosanna” in Markus 11:9-10.

WOW!

157

C Viljoen

158

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

CHRONOLOGIESE VOLGORDE VAN AL 4 EVANGELIES

JESUS IS

MATTHÉÜS

MARKUS

LUKAS

JOHANNES

Beloofde

Dienaar van

Seun van die

Seun van

Koning

God

mens

God

Christene

Heidene,

OORSPRONKLIKE LESERS:

Jode

Grieke

regoor die

Romeine

wêreld

Jesus is die

Messias

Jesus het Sy

Geloof in

Jesus was God

omdat Hy Ou

woorde met

Jesus is

BELANGRIKSTE TEMAS:

maar ook

Testamentiese

daad

nodig vir

volkome mens

profesieë

gerugsteun

Verlossing

vervul het

SKRYWERS STYL:

Onderwyser

Storieverteller Geskiedkundige

Teoloog

Die

Jesus se

Jesus se Preke

Jesus se

beginsels

GROOTSTE EMPATIE:

wonderwerke

& Woorde

Menslikheid

van Jesus se

en optrede

lering

VERGELYKING VAN DIE VIER EVANGELIE IN DIE:

- Geboorte en Voorbereiding van Jesus

- Boodskap en bediening van Jesus

- Dood en opstanding van Jesus

GEBOORTE EN VOORBEREIDING

MATTHÉÜS

MARKUS

LUKAS

JOHANNES

- JESUS

1

Lukas se doel in skrif

Luk 1:1-4

2

God het 'n mens geword

Joh 1:1-18

3

Die voorvaders van Jesus

Mat 1:17

Luk 3:23-38

'n Engel beloof die geboorte van

4

Luk 1:5-25

Johannes aan Sagaria

’n Engel belowe die geboorte van

5

Luk 1:26-38

Jesus aan Maria

6

Mary besoek Elizabeth

Luk 1:39-56

7

Johannes die Doper word gebore

Luk 1:57-80

8

’n Engel verskyn aan Josef

Mat 1:18-25

9

Jesus word in Betlehem gebore

Luk 2:1-7

10

Herders besoek Jesus

Luk 2:8-20

Maria en Josef bring Jesus na die

11

Luk 2:21-40

tempel

Besoekers kom van oostelike

12

Mat 2:1-12

lande af

13

Die ontsnapping na Egipte

Mat 2:13-18

14

Die terugkeer na Násaret

Mat 2:19-23

159

C Viljoen

Jesus praat met die godsdienstige

15

Luk 2:41-52

leraars

Johannes die Doper berei die weg

16

Mat 3:1-12

Mar 1:1-8

Luk 3:1-18

vir Jesus voor

17

Johannes doop Jesus

Mat 3:13-17

Mar 1:9-11

Luk 3:21-22

Satan versoek Jesus in die

18

Mat 4:1-11

Mar 1:12-13

Luk 4:1-13

woestyn

Johannes die Doper verklaar sy

19

Joh 1:19-28

sending

Johannes die Doper verkondig

20

Joh 1:29-34

Jesus as die Messias

21

Die eerste dissipels volg Jesus

Joh 1:35-51

22

Jesus verander water in wyn

Joh 2:1-12

BOODSKAP EN BEDIENING -

MATTHÉÜS

MARKUS

LUKAS

JOHANNES

JESUS

23

Jesus maak die tempel skoon

Joh 2:13-25

Nikodémus besoek Jesus in die

24

Joh 3:1-21

nag

Johannes die Doper vertel meer

25

Joh 3:22-36

oor Jesus

26

Herodes sit Johannes in die tronk

Luk 3:19-20

27 Jesus praat met 'n vrou by die put

Joh 4:1-26

Jesus vertel van die geestelike

28

Joh 4:27-38

oes

29

Baie Samaritane glo in Jesus

Joh 4:39-42

30

Jesus preek in Galilea

Mat 4:12-17

Mar 1:14-15

Luk 4:14-15

Joh 4:43-45

Jesus genees 'n Staatsamptenaar

31

Joh 4:46-54

se seun

32

Jesus word in Násaret verwerp

Luk 4:16-30

33

Vier vissermanne volg Jesus

Mat 4:18-22

Mar 1:16-20

34

Jesus leer met groot Gesag

Mar 1:21-28

Luk 4:31-37

Jesus genees Petrus se skoonma

35

Mat 8:14-17

Mar 1:29-34

Luk 4:38-41

en vele ander

36

Jesus preek regdeur Galilea

Mat 4:23-25

Mar 1:35-39

Luk 4:42-44

Jesus voorsien 'n Wonderbaarlike

37

Luk 5:1-11

vangs van vis

Jesus genees 'n man met

38

Mat 8:1-4

Mar 1:40-45

Luk 5:12-16

melaatsheid

39

Jesus genees 'n verlamde man

Mat 9:1-8

Mar 2:1-12

Luk 5:17-26

Jesus eet saam met Sondaars by

40

Mat 9:9-13

Mar 2:13-17

Luk 5:27-32

Matteus se huis

Godsdienstige leiers vra Jesus oor

41

Mat 9:14-17

Mar 2:18-22

Luk 5:33-39

vas

Jesus genees 'n kreupel man by

42

Joh 5:1-15

die swembad

Jesus maak daarop aanspraak dat

43

Joh 5:16-30

hy God se Seun is

160

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

44

Jesus ondersteun sy eis

Joh 5:31-47

45

Dissipels pluk koring op Sabbat

Mat 12:1-8

Mar 2:23-28

Luk 6:1-5

Jesus genees 'n man se hand op

46

Mat 12:9-14

Mar 3:1-6

Luk 6:6-11

die Sabbat

47

Groot skares volg Jesus

Mat 12:15-21

Mar 3:7-12

48

Jesus kies die twaalf dissipels

Mar 3:13-19

Luk 6:12-16

49

Jesus gee die saligsprekinge

Mat 5:1-12

Luk 6:17-26

50

Jesus leer oor Sout & Lig

Mat 5:13-16

51

Jesus leer oor die Wet

Mat 5:17-20

52

Jesus leer oor woede

Mat 5:21-26

53

Jesus leer oor wellus

Mat 5:27-30

54

Jesus leer oor Egskeiding

Mat 5:31,32

55

Jesus leer oor Geloftes

Mat 5:33-37

56

Jesus leer oor vergelding

Mat 5:38-42

57

Jesus leer oor liefdevolle vyande

Mat 5:43-48

Luk 6:27-36

Jesus leer oor gee aan die

58

Mat 6:1-4

behoeftiges

59

Jesus leer oor Gebed

Mat 6:5-15

60

Jesus leer oor vas

Mat 6:16-18

61

Jesus leer oor Geld

Mat 6:19-24

62

Jesus leer oor Bekommernis

Mat 6:25-34

Jesus leer hoe om ander te

63

Mat 7:1-6

Luk 6:37-42

kritiseer

64

Jesus leer oor Vra, Soek, Klop

Mat 7:7-12

Jesus leer oor die weg na die

65

Mat 7:13-14

Hemel

Jesus leer oor Vrugte in mense se

66

Mat 7:15-20

Luk 6:43-45

lewens

Jesus leer oor die bou van huis op

67

Mat 7:21-29

Luk 6:46-49

Rots vs Sand

’n Romeinse hoofman oor

68

Mat 8:5-13

Luk 7:1-10

honderd demonstreer geloof

Jesus wek 'n weduwee se seun

69

Luk 7:11-17

uit die dood op

70

Jesus verlig Johannes se twyfel

Mat 11:1-19

Luk 7:18-35

71

Jesus beloof rus vir die siel

Mat 11:20-30

’n Sondige vrou salf Jesus se

72

Luk 7:36-50

voete

Vroue vergesel Jesus en die

73

Luk 8:1-3

dissipels

Fariseërs sê Jesus is onder Satan

74

Mat 12:22-37

Mar 3:20-30

se mag

Godsdienstige leiers vra Jesus vir

75

Mat 12:38-45

'n wonderwerk

76

Jesus beskryf sy ware familie

Mat 12:46-50

Mar 3:31-35

Luk 8:19-21

Jesus vertel die gelykenis van die

77

Mat 13:1-9

Mar 4:1-9

Luk 8:4-8

vier gronde

Jesus verduidelik die gelykenis

78

Mat 13:10-23

Mar 4:10-25

Luk 8:9-18

van die vier gronde

161

C Viljoen

Jesus vertel die gelykenis van die

79

Mar 4:26-29

groeiende Saad

Jesus vertel die gelykenis van die

80

Mat 13:24-30

Onkruid

Jesus vertel die gelykenis van die

81

Mat 13:31-32

Mar 4:30-34

Mosterdsaad

Jesus vertel die gelykenis van die

82

Mat 13:33-35

suurdeeg

Jesus verduidelik die gelykenis

83

Mat 13:36-43

van die onkruid

Jesus vertel die gelykenis van

84

Mat 13:44

verborge skat

Jesus vertel die gelykenis van die

85

Mat 13:45-46

pêrel handelaar

Jesus vertel die gelykenis van die

86

Mat 13:47-52

visnet

87

Jesus maak die storm stil

Mat 8:23-27

Mar 4:35-41

Luk 8:22-25

Jesus stuur die demone in 'n trop

88

Mat 8:28-34

Mar 5:1-20

Luk 8:26-39

varke in

Jesus genees 'n bloeiende vrou

89

Mat 9:18-26

Mar 5:21-43

Luk 8:40-56

en wek meisie uit die dood op

Jesus genees die blindes en

90

Mat 9:27-34

stommes

Die mense van Násaret weier om

91

Mat 13:53-58

Mar 6:1-6

te glo

Jesus spoor die dissipels aan om

92

Mat 9:35-38

vir werkers te Bid

93

Jesus stuur die 12 dissipels uit

Mat 10:1-15

Mar 6:7-13

Luk 9:1-6

Jesus berei die dissipels voor vir

94

Mat 10:16-42

vervolging

Herodes maak Johannes die

95

Mat 14:1-12

Mar 6:14-29

Luk 9:7-9

Doper dood

96

Jesus voed Vyfduisend

Mat 14:13-21

Mar 6:30-44

Luk 9:10-17

Joh 6:1-15

97

Jesus loop op Water

Mat 14:22-33

Mar 6:45-52

Joh 6:16-21

Jesus genees almal wat hom

98

Mat 14:34-36

Mar 6:53-56

aanraak

Jesus is die ware Brood uit die

99

Joh 6:22-40

Hemel

Die Jode stem nie saam dat Jesus

100

Joh 6:41-59

uit die hemel is nie

101

Baie dissipels verlaat Jesus

Joh 6:60-71

102

Jesus leer oor innerlike reinheid

Mat 15:1-20

Mar 7:1-23

Jesus stuur 'n demoon uit 'n

103

Mat 15:21-28

Mar 7:24-30

meisie

Die skare verwonder hulle oor

104

Mat 15:29-31

Mar 7:31-37

Jesus se gereelde genesing

105

Jesus voed vierduisend

Mat 15:32-39

Mar 8:1-9

162

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

Godsdienstige leiers vra vir 'n

106

Mat 16:1-4

Mar 8:10-12

teken in die lug

Jesus waarsku teen verkeerde

107

Mat 16:5-12

Mar 8:13-21

lering

108

Jesus gee 'n blinde sig terug

Mar 8:22-26

109

Petrus sê Jesus is die Messias

Mat 16:13-20

Mar 8:27-30

Luk 9:18-20

Jesus voorspel sy dood die eerste

110

Mat 16:21-28

Mar 8:31-9:1

Luk 9:21-27

keer

Jesus word op die berg van

111

Mat 17:1-13

Mar 9:2-13

Luk 9:28-36

gedaante verander

Jesus genees 'n duiwel besete

112

Mat 17:14-21

Mar 9:14-29

Luk 9:37-43

seun

Jesus voorspel sy dood die

113

Mat 17:22-23

Mar 9:30-32

Luk 9:44-45

tweede keer

Petrus kry die muntstuk in die vis

114

Mat 17:24-27

se bek

Die dissipels stry oor wie die

115

Mat 18:1-6

Mar 9:33-37

Luk 9:46-48

Grootste sou wees

Die dissipels verbied 'n ander om

116

Mar 9:38-42

Luk 9:49-50

Jesus se naam te gebruik

117

Jesus waarsku teen versoeking

Mat 18:7-9

Mar 9:43-50

Jesus waarsku om nie op ander

118

Mat 18:10-14

neer te kyk nie

Jesus leer hoe om 'n gelowige

119

Mat 18:15-20

wat sondig te behandel

Jesus vertel die gelykenis van die

120

Mat 18:21-35

onvergewensgesinde skuldenaar

121

Jesus se broers bespot hom

Joh 7:1-9

Jesus leer oor die koste om hom

122

Mat 8:18-22

Luk 9:51-62

te volg

123

Jesus leer openlik by die tempel

Joh 7:10-31

Godsdienstige leiers probeer

124

Joh 7:32-53

Jesus arresteer

Jesus vergewe 'n owerspelige

125

Joh 8:1-11

vrou

126

Jesus is die lig vir die wêreld

Joh 8:12-20

Jesus waarsku teen komende

127

Joh 8:21-29

Oordeel

Jesus praat oor God se ware

128

Joh 8:30-47

kinders

129

Jesus sê hy is ewig

Joh 8:48-59

Jesus stuur twee-en-sewentig

130

Luk 10:1-16

boodskappers uit

Die twee-en-sewentig

131

Luk 10:17-24

boodskappers keer terug

Jesus vertel die gelykenis van die

132

Luk 10:25-37

barmhartige Samaritaan

133

Jesus besoek Maria en Marta

Luk 10:38-42

134

Jesus leer sy dissipels oor gebed

Luk 11:1-13

163

C Viljoen

Jesus antwoord vyandige

135

Luk 11:14-28

beskuldigings

136

Jesus waarsku teen ongeloof

Luk 11:29-32

137

Jesus leer oor die lig binne

Luk 11:33-36

Jesus kritiseer die godsdienstige

138

Luk 11:37-54

leiers

139

Jesus praat teen skynheiligheid

Luk 12:1-12

Jesus vertel die gelykenis van die

140

Luk 12:13-21

ryk dwaas

141 Jesus waarsku oor bekommernis

Luk 12:22-34

Jesus waarsku oor voorbereiding

142

Luk 12:35-48

vir sy koms

Jesus waarsku teen komende

143

Luk 12:49-53

verdeeldheid

Jesus waarsku oor die

144

Luk 12:54-59

toekomstige krisis

Jesus roep die mense op om hulle

145

Luk 13:1-9

te bekeer

146

Jesus genees die kreupel vrou

Luk 13:10-17

Jesus leer oor die koninkryk van

147

Luk 13:18-21

God

Jesus genees die man wat blind

148

Joh 9:1-12

gebore is

Godsdienstige leiers

149

Joh 9:13-34

bevraagteken die blinde man

Jesus leer oor geestelike

150

Joh 9:35-41

blindheid

151

Jesus is die Goeie Herder

Joh 10:1-21

Godsdienstige leiers omsingel

Joh 10:22-

152

Jesus by die tempel

42

Jesus leer hoe om die koninkryk

153

Luk 13:22-30

binne te gaan

154

Jesus treur oor Jerusalem

Luk 13:31-35

Jesus genees 'n man met water

155

Luk 14:1-6

suiker (dropsy/edema)

156

Jesus leer hoe om eer te soek

Luk 14:7-14

Jesus vertel die gelykenis van die

157

Luk 14:15-24

groot fees

Jesus leer oor die koste om 'n

158

Luk 14:25-35

dissipel te wees

Jesus gelykenis van die verlore

159

Luk 15:1-7

skape

Jesus vertel die gelykenis van die

160

Luk 15:8-10

verlore muntstuk

Jesus vertel die gelykenis van die

161

Luk 15:11-32

verlore seun

Jesus vertel die gelykenis van die

162

Luk 16:1-18

slim bestuurder

164

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

Jesus vertel van die ryk man en

163

Luk 16:19-31

die bedelaar

Jesus praat oor Vergifnis &

164

Luk 17:1-10

Geloof

165

Lasarus word siek en sterf

Joh 11:1-16

Joh 11:17-

166

Jesus vertroos Maria en Marta

36

Joh 11:37-

167 Jesus wek Lasarus uit die dood op

44

Godsdienstige leiers beplan om

Joh 11:45-

168

Jesus dood te maak

57

Jesus genees tien mans met

169

Luk 17:11-19

melaatsheid

Jesus leer oor die komende

170

Luk 17:20-37

Koninkryk van God

Jesus vertel die gelykenis van die

171

Luk 18:1-8

aanhoudende weduwee

Jesus vertel die gelykenis van

172

Luk 18:9-14

twee manne wat gebid het

Jesus leer oor die huwelik en

173

Mat 19:1-12

Mar 10:1-12

egskeiding

174

Jesus seën kindertjies

Mat 19:13-15

Mar 10:13-16

Luk 18:15-17

175 Jesus praat met die Ryk Jong Man Mat 19:16-30

Mar 10:17-31

Luk 18:18-30

Jesus vertel die gelykenis van die

176

Mat 20:1-16

werkers wat gelykop betaal word

Jesus voorspel sy dood die derde

177

Mat 20:17-19

Mar 10:32-34

Luk 18:31-34

keer

178

Jesus leer hoe om ander te dien

Mat 20:20-28

Mar 10:35-45

179

Jesus genees 'n blinde bedelaar

Mat 20:29-34

Mar 10:46-52

Luk

Find Your Next Great Read

Describe what you're looking for in as much detail as you'd like.
Our AI reads your request and finds the best matching books for you.

Showing results for ""

Popular searches:

Romance Mystery & Thriller Self-Help Sci-Fi Business