Die Jesus Reeks - Leerder Gids by Chris Viljoen - HTML preview

PLEASE NOTE: This is an HTML preview only and some elements such as links or page numbers may be incorrect.
Download the book in PDF, ePub, Kindle for a complete version.

3:17-19 AFR83

Skryf in hierdie taak al die goed wat maar kan vergaan in jou eie lewe… Met ander woorde, maak ‘n lys van al die goed wat jy sonder kan klaar kom en waarmee jy nogtans ook in die Here steeds sal jubel. Maar dis belangrik om hierdie lysie baie stadig neer te skryf, en te sit en dink aan elke enkele woord wat jy neer skryf. Dink mooi en rustig aan dit wat jy skryf. Maak die bladsy vol.

Byvoorbeeld: Al sou my vriende my nooit weer bel nie, en al sou ek ook my werk verloor, en al sou ek siek raak of blind word, etc.

Al sou ____________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________

_______________________________. Nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God my redder!

87

Image 85

C Viljoen

KYK FLIEKS

KYK VIR HUISWERK

Geen.

KYK SAAM

Jesus is onbeskryflik – Indescribable.

88

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

KLAS TOETS 2 – MULTIPLE CHOICE

TOETS DATUM: ______________________________

30 Punte

LEER-STOF:

Jesus Reeks Bladsye: 37, 47, 59, 63, 71, & 81.

Verse: Matthéüs 6:33, Johannes 3:5, v16, Kolossense 4:14, Daniël 9:24-27 & Matthéüs 28:6.

INSTRUKSIES EN REELS

• Die is ‘n toe-boek toets om die inligting van Jesus dieper hart toe te stuur.

• Geen groep-werk, elektriese toestelle, boeke of Bybels word vir die toets toegelaat nie.

• Jy het 1 uur om die toets te antwoord, so rofweg 2-minute per vraag.

• Geniet dit & STERKTE! ☺

89

C Viljoen

90

Image 86

Image 87

Image 88

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

MARKUS 11 – NOG ‘N GELYKENIS, JESUS OP ‘N ESEL IN DIE STAD, DIE VYEBOOM, EN DIE DOOP

Hoekom het Jesus op ‘n esel gery? Hoekom het mense hulle klere en takke van bome onder die esel gegooi? Hoe kan mens die hemel seën?

Wat beteken Hosanna? Wat beteken die droë vyeboom? Mag ons

winkels in die kerk hê? Kan ons vergewe sonder om die persoon te sê?

Was die doop van Johannes uit die hemel of uit mense?

Lees Markus 11.

In hoofstuk 11 leer ons vier belangrike goed. Ons sien hoe Jesus in Jerusalem in gegaan het vir Sy kruisiging wat naby was, en ons leer wat gebeur met die wat nie vrugte dra nie. Ons vind uit wat die kerk se regte doel is, en sien hoe Jesus mense se skelm vrae beantwoord. En ons sien hoe fiks Jesus en Sy dissipels was.

Intog van Jesus in Jerusalem (v1-11): Ook in Matthéüs 21:1-11, Lukas 19:29-42, & Johannes 12:12-15.

o Let op hulle loop nog heeltyd na Jerusalem toe, al die pad van Cesaréa-Filíppi (by die berg Hermon in Damaskus vandag) in Markus 8:27 ________ vér, deur Galiléa na Kapérnaüm nog ______ verder in Markus 9:30 & 33. Toe loop hulle _____ tot oor die Jordaan rivier, en daarna ______ na Judéa in Markus 10:1, nog steeds oppad na Jerusalem in Markus 10:33. Toe kom hulle in Jérigo wat ______

weg van Judéa was in Markus 10:46. Toe loop hulle nog _____ tot naby Jerusalem, by die Olyfberg in Bétfagé en Betánië in Markus 11:1. En daar was nog dorpe voor hulle uit, nog omtrent ______, voor Jerusalem, in Markus 11:2. Finally is Jesus in Jerusalem, in Markus 11:11. Dis amper ______!

o Sagaría 9:9 Voorspel als! Die dissipels het eers later besef, in Johannes 12:23 & Lukas 24:45.

o Lukas 19:40 God sê vir ons dat die woord SAL geskied, selfs al is daar nie een siel oor op aarde nie!

Die verdroogde vyeboom. Die reiniging van die tempel (v12-26): o Hoséa 9:10 & Joël 1:7 In die Bybel is die vyeboom ook ____________________.

o Vol woorde, maar sonder die vrugte wat kom van ____________________! Hebreërs 11:6

o Jesus is vir Julius Malema EWE LIEF as vir ons! Wie is ons om sondaars te haat Romeine 5:8?

- Wat sou JY doen as Jesus vir Julius gevra het om by hom te eet vanaand?

o In Gelykenis 11 in die huiswerk sê Jesus dat die sondaars voor Sy dissipels is, want hulle (die gentiles, die sondaars buite Jerusalem) het Jesus aanvaar deur die mond van Johannes, terwyl Sy eie dissipels (Jode in Jerusalem) NIE in Jesus geglo het tot aan die einde eers nie, terwyl hulle die Woord gehoor het “uit die perd se bek”. Hulle kon in Markus 9:18 nie eers ‘n gees uitdryf nie.

o In v17 is die regte doel van die kerk!!! Die doel van die kerk is ____________________!

Die doop van Johannes (v27-33):

o Jesus het nie tyd vir mense met slinkse planne nie, hulle sal in die duister bly. Jy kan net opgee en eerlik raak voor God. Jesus het vir die Fariseërs basies gesê om na die HEEL begin van die “Good News Gospel” te gaan, wat Johannes gepreek het. Laat hulle eers gaan melk drink, voor hulle Jesus se vaste spys kon kom probeer eet. En dit was ‘n streng waarskuwing van Deuteronómium 6:16-17.

o Om die vraag te antwoord wat die fariseërs nie kon antwoord nie: Jesaja 40:1-3 (Johannes uit God!) o Om die fariseërs se vraag te antwoord wat Jesus nie wou gee nie: Daniël 7:13-15 (Jesus uit God!)

WATSE GOEIE NUUS HET ONS GELEER?

OPEN: __________ | BYBEL FEIT: __________ | AFSLUIT: __________

VERWYSINGS: Deuteronómium 7:9, Psalm 86:15, 122:6, 136:26, Joël 2:28-29, Sagaría 3:17, 12:2-3 & Johannes 3:16.

91

C Viljoen

HUISWERK – OM TE LEES

Oor die gelykenisse:

o Gelykenisse wat tussen Markus 11 & 12 gebeur in die ander evangelies:

- Gelykenis 21 – Die twee seuns (Matthéüs 21:28-32):

▪ Die vraag by Matthéüs 21:31 is baie belangrik: “Wie van die twee het die wil van die Vader – GEDOEN”?!

▪ Jesus praat streng met Sy dissipels in Matthéüs 21:32 want tydens al die gelykenisse en wonderwerke het die dissipels aanhou om te twyfel dat Jesus regtig is wie Hy gesê het Hy is.

▪ Hierdie ongelooflike gelykenis verduidelik homself! Ons moet AKSIES VAN GELOOF

DOEN – DOEN – DOEN voor ons geloof lewendig raak en ons gered word! Die mond tel GLADNIE!!! Wat jy sê tel GLADNIE, sonder werke nie!!! Ons gaan nou wel gereeld in swakheid val, maar ons moet OPSTAAN en aangaan, vir Christus!

Verder oor die intog van Jesus in Jerusalem (die palm takke):

o Jesus het een week voor Sy opstanding in die stad op die esel gekom, soos ons later sal uitvind.

o Voor die vrede van Jesus se opstanding, was daar eers die oorlog van Sy liggaam (die kruis).

- Dit was so voorspel in die ou testament boeke. Sien 1 Konings 1:33 & Sagaría 9:9-10.

- Konings ry PERDE in oorlog, of DONKIES in vrede Rigters 5:10, 10:4, 12:14, & 2 Samuel 16:2.

- Kyk hoe awesome is God: Die skrifte het in detail, selfs Jesus se intog in Jerusalem op ‘n Esel, BAIE lank terug voorspel in Sagaría 9:9, maar Jesus het dit uit hulle gedagte gehou, dat die dissipels dit eers later besef, in Johannes 12:23 & Lukas 24:45, na Jesus se opstanding. Op die regte tyd sal God jou alles wys wat jy moet weet, soos jy met jou reis saam God aan gaan. God sal jou alles wys, as jy soek en aanhou klop 2 Korinthiërs 4:3-5 & Jeremia 33:3!

- Israel is God se vyeboom, en God verwag dit moet nie net woorde (blare) hê nie, maar dade (vrugte).

- Op die gedagte van Julius Malema... Baie mense is vinnig om ‘n vinger te wys en te oordeel... Maar het jy ooit vir ‘n oomblik gestop en gedink dat sondaars, net soos Matthéüs, God se ere-gaste is? God het hoop dat almal genesing ontvang van Jesus af. Het jy al ooit al die hartseer, onsekerheid, en vrees gesien in Julius Malema se oë wanneer hy op TV

verskyn? Het jy al ooit gedink om vir hom te bid? Dalk doen dit BAIE meer, as haat...

o Palm Sondag is ‘n Christen-fees wat ons vier een week voor Jesus uit die dood opgestaan het, om te onthou hoe Hy nederig op ‘n Esel in die stad in gebring was. So dis eers Palm (Sondag), dan Goeie (Vrydag), dan Easter (Sondag), dan later kom Hemelvaartdag. Palm Sondag in 2025 is op 13 April.

o So in 2025 is dit:

- Palm Sondag 13 April → Jesus ry die stad in op ‘n donkie (esel).

- Goeie Vrydag 18 April → Jesus word gekruisig.

- Easter Sondag 20 April → Jesus se opstanding (Paasfees), presies 1 week na Palm Sondag.

- Sien Hoofstuk 17 (Markus 15) se huiswerk vir ‘n in-diepte oop breking van die hele kalender.

o Palm Sondag is voor God ‘n manier om ‘n koning met groot eer te ontvang. God het gesê dat NEDERIGHEID eendag sal heers Lukas 14:11-14 & Matthéüs 5:3, 5 & 10! Daar was ‘n soortgelyke geval in die ou testament, in 2 Konings 9:13, toe nou hier met Jesus, en daar is ‘n voorspelling in Openbaring 7:9 wat sê dat almal van ons eendag palm-boom takke gaan vas hou voor Jesus.

92

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

o Dink bietjie hieraan… In Markus 11:10-11 het die hele skare die “Hosanna” lied gesing en wou Jesus as hul aardse koning kroon. Hulle het nie verstaan dat Jesus nie gekom het om op die aarde te regeer nie, maar om almal eendag vir EWIG te verlos van die aarde, en in die hemel te heers nie.

Net een week later het die mense hul lied verander van Hosanna af, na: “KRUISIG HOM!” in Matthéüs 27:22-23. Hoekom? Kan dit wees dat hul oë skierlik oop gegaan het, en hulle verstaan het dat Jesus gekruisig moes word, soos die voorspellings in die ou testament? Of het hulle nie geweet nie en net teen Jesus gedraai? Was hulle dalk bang vir die Romeine wat Jesus gekruisig het, en het hulle almal dalk net uit vrees met die groep Jesus verloën soos Petrus? Iets om aan te dink…

Net soos God vir ons sê om te bid vir vrede in Israel. MIN-WETEND bid ons eintlik vir die einde van die wêreld om te gebeur! Hoekom? Want op die oomblik is daar konflik in Israel. Sodra daar vrede kom voorspel Openbaring die einde van die ou dinge! Leer die Openbaring Reeks vir meer.

o God soek vrede vir almal, en veral in Israel. Bid daarvoor! Psalm 122:6, Génesis 12:3, Johannes 14:27, 20:20-22, Filippense 4:7 & Psalm 23.

93

C Viljoen

DIE PLEKKE WAT JESUS OP VOET BESOEK HET

Hier is ‘n lys van al die plekke (wat die Bybel noem) waar Jesus geloop het. Dit is baie moontlik dat hierdie nie die enigste plekke is nie, want die boeke praat nie van al Jesus se wonderwerke nie, maar net van die belangrikes – Johannes 20:30 & 21:25.

PAD-KAART AREA-LYS WAAR JESUS GELOOP HET

MATTHÉÜS MARKUS

LUKAS

JOHANNES

PLEK

GEBEURTENIS

Voor die wêreld bestaan

1:2 & 14

Daar

het

Find Your Next Great Read

Describe what you're looking for in as much detail as you'd like.
Our AI reads your request and finds the best matching books for you.

Showing results for ""

Popular searches:

Romance Mystery & Thriller Self-Help Sci-Fi Business