Die Jesus Reeks - Leerder Gids by Chris Viljoen - HTML preview
Download the book in PDF, ePub, Kindle for a complete version.
4.6L
750ml
750ml
- Meer inligting oor die speserye:
- Mirre is gom wat kom van klein doring bome af met die naam Commiphora, en kan gebruik word in parfuum, speserye, wierook, medisyne, en wyn.
- Kaneel is kaneel. ☺
- Kalmoes is ‘n spesery plant poeier wat gemaak word (deur ‘n droë plant te maal) met die naam van “sweet flag plant”, of die “Acorus Calamus of Linnaeus”. Dit word ook ‘n Soetriet genoem, of ‘n Bitter Peper Wortel. In Europa word dit “German Ginger” genoem, en word gebruik om wyne en speserye en seep te maak.
- Kassie is ‘n tipe kaneel wat gemaak word van die bas van die “Cinnamomum cassia plant” uit die Lauraceae familie. Hierdie bas het ‘n baie skerper geur as gewone kaneel. Die bome groei ook in Vietnam, Indonesië, China, en Oos Asië, en word gebruik vir speserye, tee, en gesondheidsdrankies.
- Olyf olie is olyf olie. ☺
o Ons is nie onder die verbond van Abraham nie, so ons kan die olie maak as ons wil, want ons is juis buitestaanders (sondaars) wat onder die bloed van Jesus val, en ons het deel aan Sy nuwe verbond 1 Johannes 2:20.
Meer oor Judas:
o Dit lyk asof Judas hel toe was vir dit wat hy gedoen het… Maar ons moet onthou dat Judas berou het vir sy sonde - Matthéüs 27:3-5. En soos ons weet het Jesus hel toe gegaan om die dooies te roep tot bekering om dit vir almal regverdig te maak in geskiedenis sowel as toekoms, so wat as Judas hel toe was maar in die hel vir Jesus aangeneem het en vergifnis ontvang het, toe Jesus vir hulle gaan preek het? Niemand weet vir seker waar Judas is nie, maar kom ons hoop hy is in die hemel, sodat ons sy storie ook kan hoor! Vir ‘n in-diepte studie oor Judas en sy dood, gaan na die ekstra leer werk van die Openbaring reeks.
o Die fariseërs het vir Judas gevra om hulle te wys wie Jesus is in Markus 14. HULLE HET ELKE DAG
DAN MET JESUS GESELS IN DIE TEMPEL! Hoekom moes Judas hulle wys wie Jesus is? Want hulle gedagtes was verduister deur die hand van God sodat die voorspelling kon plaasvind v49.
o Die voorspelling van die 30-sikkels-silwer-verraaier in Matthéüs 26:15 het in Psalm 41:10, Sagaría 11:12-13 & Jesaja 64:8 gebeur!
o Hulle het ‘n hele menigte gestuur om Jesus te vang v43, Johannes 18:3-9 & 17:12 (voorspelling).
124
Die Jesus Reeks – Leerder Gids
Wie was Johannes Markus (John Mark):
o Die “sekere jongman” in v51 word net genoem in Markus. Let op dat Markus se naam ook Johannes was Handelinge 12:1-17, maar almal het hom Markus genoem, seker om hom te onderskei van Johannes, die skrywer van Johannes. Was hierdie Johannes Markus (John Mark) dalk die “sekere jongman” wat vir Jesus wou kom volg na Paulus hom nie wou toelaat nie, oor hy eens opgegee het om vir Jesus te werk? Om meer te weet van Markus se jonger dae toe hy nog onseker was oor die geloof, lees: Handelinge 4, 12, 13, 15, Kolossense 4:10, Filémon 1:24, & 2 Timótheüs 4:11.
Kan ons ooit bid soos Jesus gebid het in die tuin:
o Gebed is baie belangrik omdat dit die een ding is wat ons nader aan God bring. Psalm 4:1. Ons wil naby aan God wees, want dan kan dit met ons goed gaan op die aarde en in die hemel. Gebed is wat ons beskerm teen die bose. Om te praat met God is om ‘n verhouding met Hom te bou, sodat Hy al duideliker na ons vrae kan luister en ons kan seën. Daar is baie verskillende tipes gebede, en net sommige gebede word geantwoord, so dis belangrik om reg te bid.
o Hoe leer God ons om te bid?
a. Matthéüs 6:5-13 – Die Onse Vader.
b. Johannes 14:13 – Die Naam van Jesus.
c. Kolossense 4:2 – Bid met danksegging.
d. 1 Thessalonicense 5:17 – Aanhoudende gebed.
e. Markus 9:24, 25, & 29, & Matthéüs 6:17 – Sterk gebede kom saam met geloof en vas en met die salwings-olie. Romeine 8:26 – Die Heilige Gees is die ware Jakob.
o Waarvoor kan mens als bid?
a. 1 Johannes 5:14 – Enigiets wat God se Wil is, sal vir ons geantwoord word.
b. Matthéüs 5:44 – Bid vir julle vervolgers.
c. Efésiërs 3:20 – God kan selfs beter doen as ons beste gedagtes.
o Kan ons saggies bid, of in ons gedagtes bid en sal God dit hoor?
a. 1 Korinthiërs 14:15, Génesis 24:45, & 1 Samuel 1:12-13.
o Wat beteken Amen?
a. 2 Korinthiërs 1:20 – Amen is wat ons op die einde van ‘n gebed sê, en dit beteken “So be it!”. Laat dit so wees.
b. Deuteronómium 27:14-26 – God het beveel dat almal na die lesing van die wet sê Amen.
o Is daar enige verkeerde maniere van Gebed?
a. Matthéüs 6:5
o Hoe kry mens jou gebede beantwoord?
a. Matthew 18:18-20 – Jy kom saam in groepe en bid vir dieselfde ding.
b. Markus 11:24 – Glo en gaan aan asof jy dit al klaar gekry het.
c. Jakobus 1:6, Romeine 10:17 – Moenie twyfel nie.
d. Johannes 15:7 – Ken die woord van God.
e. Galásiërs 6:9, Lukas 6:45 – Doen goeie dade. Wat jy saai sal jy maai.
f. Filippense 4:6, Psalm 37:4 – Wees dankbaar en plaas God eerste.
g. Filippense 4:8-9 – Wees positief.
h. Lukas 6:38, Maleági 3:10 – Toets die Here met die tiendes.
o Wat as hulle onbeantwoord bly?
a. Jakobus 4:3 – Wanneer ons vir die verkeerde redes bid.
b. Matthéüs 5:22-24 – Wanneer ons ander oordeel.
c. Johannes 9:31 – Wanneer ons sondig.
125
o Voorbeeld van gebed in die Bybel?
a. 1 Kronieke 4:10 – Die gebed van Jabes.
b. Johannes 11:42 – Jesus se gebed.
c. Lukas 18:13 – ‘n Tollenaar (Tax Collector).
o Ekstra verse oor die gebed: I Konings 18:26 & 29, Lukas 6:28, Jakobus 5:16, 1 Johannes 1:9, 1
Thessalonicense 5:17, 1 Timótheüs 2:8, Psalm 139:23, Kolossense 1:9-15, Spreuke 4:23.
Wat gaan met die Jode gebeur as hulle nie glo in Jesus nie?
o Volgens Génesis 17:7 het God met die Jode ‘n EWIGE verbond gesluit. So die verbond van die Jode is altyd beskikbaar vir diegene wat daarin wil glo en die verordeninge daarvan wil volg. God sou ‘n leuenaar wees as Hy hierdie verbond weg breek Númeri 23:19. God breek nie verbonde nie Psalm 89:35. Die nuwe verbond kanselleer nie die ou een uit nie Matthéüs 5:17-20, en die ou verbond kanselleer ook nie die nuwe een uit nie Hebreërs 9:15 (die vers word hieronder verduidelik). Al twee verbonde hardloop langs mekaar, vir ewig. God het met die Jode ‘n ewige verbond gesluit
Génesis 17:7, en Jesus het met die Christene ‘n ewige verbond gesluit Hebreërs 9:11-12.
o Hebreërs 8:13 se dat die ou verbond naby is aan die verdwyning. Dit beteken nie hy het verdwyn nie. Want daar is nie ‘n Bybel vers wat se dat dit al verdwyn het nie. Die ou verbond sal eers kan vergaan na die einde van die wêreld, want hy moet vir ewig kan hou. 2 Korinthiërs 5:17 se dat indien jy IN CHRISTUS IS, het die ou dinge verby gegaan. So vir almal wat NIE IN CHRISTUS IS NIE, tel die ou dinge nog.
o Hebreërs 9:15 SLEGS DIE WAT GEROEPE IS tot die diens van Jesus, sal die ewige erfenis tot vergifnis van sondes KAN ontvang. Wat beteken die woord “KAN”? Dit beteken dis jou keuse! Die verbond van Jesus is beskikbaar VIR DIE WAT KIES om uit die ou verbond onder die nuwe een in te beweeg, maar al twee verbonde is aktief.
o Hoekom het Paulus gesê ons is verplig om die hele wet te onderhou as ons besny is vir die ou verbond, as die ou verbond verval het – Galásiërs 5:3?
o Galásiërs 5 se vir ons dat die dade van sonde ons onder die wet van die ou testament bring, maar dat die dade van liefde ons onder die genade van Jesus bring.
o 1 Korinthiërs 7:19 Jesus het gesê dat besnyding nou niks is nie, en ook is die ON-besnydenis niks.
Jesus het met Sy nuwe verbond duidelik gemaak dat die hart besny moet word in die geloof Jeremia 4:4 (en Romeine 2:29) en dit is ook hierdie vers in Jeremia wat bewys dat die Heilige Gees
‘n onuitblusbare vuur is, dieselfde een wat die ewige vuur van hel gaan aansteek Matthéüs 18:8.
Volgens die vers in Korinthiërs is geen fisiese besnydenis onder die nuwe verbond belangrik meer nie, SOLANK jy die WET volg.
o Jesus self het ook die Joodse verbond gevolg want selfs Hy was besny Lukas 2:21, en Hy het baie keer na Hy mense genees het, vir hulle gesê om te gaan doen alles wat in die Joodse wet staan aangaande die offerande, as getuienis vir die mense dat die wet nog in aksie is Lukas 5:14, Matthéüs 8:8, etc!
o Die wet het nie weg geval met die koms van Jesus nie. Dit is nog steeds in aksie. Al verskil is net:
- As jy ‘n Jood is, en die Joodse verbond aanvaar, sal jy die volledige wet van die Jode moet onderhou, en dit sluit in die wette van die offerande wat elke jaar gedoen moet word vir die versoening van sondes.
- As jy ‘n Christen is, moet jy nog steeds die wette volg net soos die Jode, maar Jesus het al die onreinheid-wette weg geneem Handelinge 10:11-15, so ons hoef nie meer die insettinge te volg as Christene nie Efésiërs 2:14-16, MAAR ons moet nog steeds die gewone wette 126
Die Jesus Reeks – Leerder Gids
onderdanig wees. Christene kan nie meer onrein word nie, maar hulle sondes kan hulle siele nog steeds swart vlek Jeremia 2:22, tot hulle vergifnis vra Hebreërs 9:12-14. EN ons moet Galásiërs 6:2 & Matthéüs 22:37-40 doen.
o Hoekom maak hierdie inligting sin?
- Want die Bybel beskryf die “pre-tribulation rapture” in Openbaring 3:10 & 1
Thessalonicense 5:9, wat sou beteken dat die kerk (Christene) weggeraap sal word net voor die laaste 7 jaar van die aarde Daniël 9:27, waar die verdrukking gebeur. MAAR, die Jode is nie onder die verbond van die Heilige Gees nie. Hulle is eerder onder die verbond van God die Vader self soos ons vroeër geleer het, en volgens Openbaring word die Jode nie weggeraap nie, maar gaan agter bly en in die woestyn deur God se eie hand beskerm word tydens die verdrukking Openbaring 12:6.
- Wanneer die woord se dat Jesus die einde vir die wet is “VIR geregtigheid vir almal wat glo”
Romeine 10:4 beteken dit NIE dat die wet weg val nie. Die wet moet nog gevolg word deur ALMAL, maar jy kan kies om nie meer die wet te gebruik vir jou geregtigheid nie, maar eerder vir Jesus. Galásiërs 3:23-29 Verduidelik hoe ons nog steeds deel kry aan die belofte van Abraham.
o Besef ook dat die wette van onreinheid NIE SONDE IS NIE – DIS NET ONREINHEID!
- Ons weet dit want al die Jode wat ‘n saadvloeiing ondervind (en dit sluit getroude paartjies in), word onrein. God wil juis hê dat ons moet trou en kinders op wek vir Hom. Hoekom sal Hy ons straf as ons tydelik onrein word deur die daad van seks – wat ons grootste werk is van God af of deur die dooies se liggame te begrawe, ens? Die onreinheid word nie gestraf nie. Jy word net nie toegelaat in die tempel nie – vir ‘n klein rukkie Levítikus 15:16, 18, 27, 19:11 tot jy weer rein is, want enigiemand wat met vuil hande selfs raak aan die berg waar God op neerdaal, sal geskroei word Eksodus 19:12, want GOD IS PERFEK EN HEELTEMAL
SKOON!!! WOW!
- God het nou wel gesê dat as jy waag om met ‘n onrein liggaam aan rein goed te vat wat aan God behoort, sal jy uit geroei word onder jou mense, vir die Jode bedoel, in Levítikus 7:21, want jy maak die tempel onrein.
- Nou moet nie verkeerd verstaan nie:
▪ Tatoes is nie ‘n ding wat jou onrein maak nie. Dit is nie ‘n insetting nie. Dit is ongelukkig ‘n wet Levítikus 19:28. Hoe weet ons dit? Want toe God ons bevel gegee het om nie te tatoeëer nie, het Hy NIE gesê jy word onrein nie… Hy het gesê dat dit die tempel van God beskadig, en so dit is nie ‘n onreinheid-insetting nie, maar ‘n volledige en ewige wet, want God herinner ons selfs dat Hy God is. Verder meer kan jy jouself vra: As God in 1 Korinthiërs 10:31 se dat alles wat jy doen, vir God se verheerliking moet wees, kan tatoes God verheerlik? Hoekom het God in elk geval gesoek dat niemand hul liggame moet beskadig nie? Volgens Romeine 14:23 wys ons dat as ons enigiets doen met die kleinste twyfel of dit reg of verkeerd is, is dit verkeerd. Ons liggame behoort aan God; Hy het ons gekoop vir ‘n prys, en wie is ons om so ‘n liggaam te beskadig sonder direkte toestemming 1 Korinthiërs 6:19-20?
Nou dit beteken nie jy is condemned oor jy tatoes het nie. Vergifnis is beskikbaar vir almal wat vra 1 Johannes 1:9, Hebreërs 10:17, Psalm 103:12, & Johannes 8:11.
▪ Om gay te wees of enige bloed-skandes tussen mens en dier te meng, word ook NIE
onreinheid genoem in die Bybel nie, maar eerder ‘n gruwel (abomination) Levítikus 20:12-15, ens. , wat beteken dat daardie wet ook NIE ‘n onreinheid-insetting is nie, maar presies soos die woord se “’n gruwel” en dis ook ‘n volledige en ewige wet, wat bevestig word in die nuwe testament ook, in 1 Korinthiërs 6:9-10 & Judas 1:7 – ‘n 127
Sodomiet is ‘n homoseksuele mens volgens Eségiël 16:48-50, Génesis 18:20, 19:4-5
& 24.
▪ Wanneer jy die wette lees, en die woord se dat dit jou “onrein” maak, dan beteken dit nie dit is sonde nie. Dit beteken net dat jy nie aan die Heilige goed van God mag raak nie, tot jy weer rein geword het. En die Christene kan nie meer onrein word nie, so die insettinge tel nie op ons nie, soos ons reeds gesien het.
▪ Wanneer jy die wette lees, en die woord “onrein” IS NIE DAAR NIE, dan beteken dit dat die wet ‘n ewige wet is wat heeltemal gevolg moet word en wat heeltemal tel as deel van die 10 gebooie, of jy nou ‘n Jood of ‘n Christen is. Die Christen kry vergifnis deur die bloed van Jesus, en die Jood kry vergifnis deur die bloed van die jaarlikse lam-offer.
o Om op te som: Die wet tel vir almal. Die twee verbonde vervang nie mekaar nie. Ons het ‘n keuse watter een van die twee verbonde ons onder wil verkeer en volg. Die ou EWIGE verbond wat God gesluit het met Abraham en al die Jode wat al die wette en insettinge insluit, of die NUWE verbond wat Jesus gesluit het met die Christene, wat al die wette insluit sonder die insettinge.
o So die vraag is:
- Wil jy elke jaar ‘n lam sonder gebrek offer vir jou sondes op die altaar van die Jode, en jouself laat besny, en al die wette en insettinge volledig onderhou, of:
- Wil jy een keer in jou hele lewe Jesus (die Laaste Lam) aanneem as jou persoonlike Saligmaker, en al die wette volg, met die vryheid om vergifnis vir sondes te vra, en om die wette van liefde en goeie dade te onderhou, eerder as die jaarlikse offerande?
- Dis jou keuse.
Die lisensie om te mag sondig?
o Jesus het vir ons ‘n nuwe gebod gegee, naamlik die liefde, en Hy se ook dat die liefde outomaties die hele wet vervul! Beteken dit dat ons het nou ‘n lisensie om te sondig, solank ons net alles met liefde hanteer? NEE DIT DOEN GLADNIE!
- Johannes 13:34 - ’n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.
- Galásiërs 5:14 - Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
- Romeine 5:18 - Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe.
- Lukas 16:17 - Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wet sou val.
- Matthéüs 5:18 - Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.
- Romeine 6:1-2 - WAT sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?
- Romeine 6:15 - Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!
- Romeine 7:7 - Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.
128


Die Jesus Reeks – Leerder Gids
LUISTER-LES & GESELSIE NA MARKUS 14
Na elke les uit Markus moet ons luister na sy vriende se oogpunt om die volle prentjie te kan sien. Byvoorbeeld, waar Markus dalk ‘n kort storie vertel van Jesus se doop, kan mens baie meer detail hoor by Matthéüs en Markus, want Johannes praat glad nie hiervan nie. Dan ook is daar stories wat Johannes vertel wat Markus glad nie vertel nie, en ons moet hulle ook luister om te kan oor-brug van een les na ‘n ander in Markus. Hierdie tabel lys al die hoofstukke wat ooreen stem met Markus (dis kruis-verwysings), en al die hoofstukke wat Markus glad nie het nie, maar wat die ander evangelies wel vertel (dis brug-hoofstukke). Luister die gedeeltes wat gemerk is. ONTHOU: Luister en lees saam in jou Bybel, dan bespreek ons hoe ons elkeen daaroor voel.
Doen: Pop vasvrae 1 mondelings.
JESUS SE
MATTHÉÜS MARKUS LUKAS JOHANNES
1-2
1-2
1
GEBOORTE EN
3-4 & 8
1
3-5
4
VOORBEREIDING
2
3
9 & 12
2
5-6
5
12
3
6 & 8
5-8 & 11
7
8 & 13
4
8
8-9
5
8
10 & 13-14
6
9
6
BOODSKAP EN
15
7
BEDIENING
15-16
8
9
18-19
9
9
17
10-17
7-11
19-20
10
18
21
11
19-20
12
21-23
12
20-21
24
13
21
25
26
14
22
12-13 & 18
14-17
DOOD EN
27
15
22-23
18-19
OPSTANDING
28
16
24
20
21
OPEN: __________ | BYBEL FEIT: __________ | AFSLUIT: __________
WATSE GOEIE NUUS HET ONS GELEER?
129
C Viljoen
KYK FLIEKS
KYK VIR HUISWERK
John Hagee – Earth’s Final Emperor.
KYK SAAM
Jesus se rou kruisiging en passie week van Palm Sondag – Passion of Christ 2004.
Onthou: Bring jou gunsteling Jesus-storie saam vir die volgende praktiese les, by bladsy 131-132.
130
Die Jesus Reeks – Leerder Gids
PRAKTIESE LES NA MARKUS 14
HOU NAGMAAL FEES OP DIE REGTE MANIER SOOS JESUS ONS GELEER HET
Dit is van skokkende belang dat ons leer om mekaar met nederigheid te dien Matthéüs 25:40, 23:11, Markus 9:35, 10:44-45, Lukas 6:38, Galásiërs 5:13, & 2 Kronieke 15:7. Jesus het eers Sy dissipels se voete gewas in die bo-kamer Johannes 13:1-17, en toe het hulle die nagmaal hou, nie omdat dit sonde is om met vuil hande of voete te eet nie Markus 7:2, maar om ons te leer nederig wees Jakobus 4:10. Al wat die dissipels kon doen was om te wonder wie van hulle die grootste gaan wees, in Lukas 22:24, terwyl Jesus voorspel was as die nederige dienaar in Jesaja 53 & Matthéüs 20:28. Ons het in Markus 9 geleer wie die dissipel was “vir wie Jesus lief gehad” het.
Petrus was glad nie gelukkig dat Jesus sy voete wou was nie, toe sê Jesus vir hom Johannes 13:8, 15 & 17.
Die woord is die water, en dis belangrik want: Efésiërs 5:26 & 2 Timótheüs 3:16-17. As Jesus dit kon doen, hoe kan ons te goed wees daarvoor?
In hierdie praktiese les gaan ons mekaar se voete was, en die nagmaal hou soos Jesus!
INSTRUKSIES
1. Hierdie is ‘n groep-les, so ons gaan dit saam ons mededissipels moet doen.
2. WAS JOU VOETE! Vir redes van higiëne gaan ons eers ons eie toon-naels knip, en ons voete ‘n behoorlike was (of twee) gee.
3. Loop kaalvoet tydens hierdie praktiese les, sodat jou voete vars bly.
4. SALF JOUSELF met olyf olie of salf olie en was jou gesig.
5. Sit Christelike- & Kersfees-musiek aan, dalk met kerse of olie lampe op die tafel, in die duister!
6. Open met gebed & lees al die gevalle en instruksies van die nagmaal hard-op: Matthéüs 26:17-30, Markus 14:12-26, Lukas 22:7-23, Johannes 13:1-30 & 1 Korinthiërs 11:23-29.
7. Was mekaar se voete: → Drup gerus ‘n druppel salf olie in die water as jy wil, en OPEN met gebed.
o Maak ‘n bak vol warm water, sit ‘n lap of spons daarin, en gooi ‘n handdoek oor jou skouer.
o Kies ‘n mededissipel, en was (spoel net liggies) hul voete.
o Droog hul voete af, en gaan sit sodat die volgende persoon dit ook kan doen.
8. Geniet saam aan tafel ‘n maaltyd van lamsvleis en ongesuurde brood en souse, met ‘n glasie wyn of sap, en gesels oor Jesus en Judas se gedeeltes. Resep-voorstelle in die huiswerk. Doen dan die: o Vat die brood & dank God: “Jesus, dankie dat U liggaam vir ons sondes gebreek was, tot ons genesing”. Breek dit en gee vir almal om te eet. Laat almal verstaan dis Jesus se liggaam.
o Vat die beker & dank God: “Jesus, dankie dat U bloed gestort was vir vergifnis van ons sondes, sodat ons met die nuwe testament saam U kan leef”. Gee vir almal om uit dieselfde beker te drink. Laat almal verstaan dis Jesus se bloed, die nuwe testament & nuwe verbond.
- Vee die beker mooi af na jy uit hom gedrink het, vir redes van higiëne.
- Dis belangrik om dieselfde beker te gebruik, want almal het uit Jesus se beker gedrink, wat Hy om gestuur het, so hou hom silwer-skoon.
9. Moenie vergeet om te lag en gelukkig te wees nie Jesaja 61:1, Filippense 4:4-9 & Prediker 9:7-10!
10. Sing gerus ‘n versie van Amazing Grace (Genade Onbeskryflik Groot), en sluit af met gebed.
11. Geniet dit! → Fees gesels onderwerp-idees op volgende bladsy. Onthou ook leerder-stories.
131
TOPICS & VRAE VIR NAGMAAL FEES DAG
TOPICS
VRAE


