Die Jesus Reeks - Leerder Gids by Chris Viljoen - HTML preview

PLEASE NOTE: This is an HTML preview only and some elements such as links or page numbers may be incorrect.
Download the book in PDF, ePub, Kindle for a complete version.

24:51

Betánië & die Hemel

Jesus vaar op hemel toe

Party keer vertel ons vir iemand iets uit die Bybel, en kort daarna sal hulle jou vra: “Waar staan dit in die Bybel?” Hou op om skuldig te voel as jy nie kan onthou waar jou versies staan nie. Jy kan vir daardie persoon sê: “Kry ‘n Bybel en soek dit jouself.” Want dit sal hulle goed doen, of “Het jy al ooit gehoor van Google?” Miskien sal daardie persoon een of ander tyd vir jou ook iets vertel wat in die Bybel staan, en dan kan jy hom/haar ook vra “Waar staan dit in die Bybel?”. Hou op skuldig voel. Het jy ooit besef as iemand ‘n boek gelees het, en jy vra vir hulle op watter bladsy iets gebeur het, dat NIEMAND kan onthou nie? Dink daaraan: Jy kan ‘n romantiese storie lees waar ‘n vrou haar lang hare uit ‘n hoë venster gooi vir die man om op te klim om by haar uit te kom... Almal wat die boek gelees het weet presies wat gebeur het… Maar waag en bêre die boek en vra dan vir die persoon: “Op watter bladsy het die vrou haar hare uit gegooi vir die man?” Niemand gaan weet nie. In die ou dae was die Bybel nie genommer nie. Dit het geen hoofstukke en vers-nommers gehad nie, so nie eers Jesus het ooit uit die Bybel gepreek en dan vir die mense gesê presies waar Hy dit gelees het nie. Hy het altyd iets gesê soos: “Jeremia het geskryf…” of “Moses het van my geskrywe…” of “Dit staan ook geskryf…” of “Dit is ook in die skrifte dat…” En dit staan hier: Matthéüs 4:4, 7, Lukas 4:8, 10, 21:22, Johannes 5:46, 8:17, 12:14, & Deuteronómium 6:16, 8:3. So jy kan sien dat dit is belangrik om te weet WAT die Bybel sê… Nie WAAR die Bybel dit sê nie. En dis waar selfs al moet jy die duiwel uit dryf. Niemand sal dit ooit als kan onthou nie, so hou op skuldig voel en sê eerder vir die ou met wie jy praat Lukas 10:26.

97

Image 89

Image 90

C Viljoen

DIE PAD-KAARTE VAN JESUS SE REISE

Ons leer baie oor die belangrike plekke van die Bybel en waar hulle is uit die Openbaring reeks. Hier is die twee belangrikste land-kaarte van die Openbaring reeks, en waar Israel in pas op hulle.

98

Image 91

Image 92

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

Let op dat Jesus in Israel gestap het, en hier is ‘n paar land-kaarte wat van vér af stelselmatig nader aan Israel in-zoem sodat jy ‘n groot prentjie van buite af kan sien voor jy na Israel self kyk.

99

Image 93

C Viljoen

Hier is ‘n land-kaart wat baie nader aan Israel is, en dit wys die belangrike plekke waar Jesus gebore was en geloop het.

Wanneer ons net kyk na die klein stukkie tussen Markus 7-11 sien ons al klaar hoe baie Jesus beweeg het, en dat Hy nooit stil gestaan het nie. Hy was altyd op reis, êrens besig met God se werk: 1. Markus 7

→ Dekápolis (Vrou met besete dogter)

2. Markus 8

→ Betsáida (2de Vermeerdering van die brode)

3. Markus 10

→ Jerigo (Vraag van 2 seuns van Sebedéüs)

4. Markus 11

→ Jesus in Jerusalem, in die stad

100

Image 94

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

Let op met hierdie land-kaart dat die belangrikste punt op die hele aarde die Mount of Olives is – die OLYFBERG!!! Die plek waar Jesus Sy nuwe koninkryk gaan op stel eendag en vanaf die hele wêreld heers!

101

Image 95

Image 96

C Viljoen

MEER INLIGTING – DIS DIE NUWE “JERUSALEM” – NIE DIE NUWE “TEMPEL” NIE

NOORD

Western Wall → Al wat oor is van die oorspronklike Joodse tempel van God.

Waar Jesus opgevaar het, en eendag weer heen sal neerdaal. Olyfberg Berg Moria – Temple Mount → Waar God se Joodse tempel MOET staan. Moslems het tans hulle Dome tempel hier gebou om Allah (hul god) en Muhammad (hul boodskapper) te aanbid.

Waar Jesus (reg op die voet van die Olyfberg) gebid en bloed gesweet het. Tuin van Getsémané Muslim Dome on the Rock → Die Jode wil die Moslems aanval en hierdie tempel af breek sodat hulle hul eie Joodse tempel van God weer kan oprig. Dis die heel laaste voorspelling in die Bybel, voor die einde van die hele wêreld. Dit is hoekom daar konflik in Israel is.

Jesus het op die Olyfberg Sy dissipels gegroet en opgevaar hemel toe Handelinge 1:11. Jesus kom weer terug op die presiese plek waar Hy opgevaar het Sagaria 14:4. Volgens Sagaria 4, wanneer Jesus op die Olyfberg neerdaal, gaan Hy die berg in twee verdeel en die twee helftes gaan na die Noorde en Suide toe vlug, sodat daar 'n vallei reg in die middel van die Olyfberg kan wees. Daardie splyt is reg aan die middel-Oostelike kant van die berg Moria, waar die laaste tempel op gebou gaan word, voor Jesus se koms – waar die duiwel in gaan vals vrede belowe. Dit is ook op berg Moria waar die Moslems tans hulle "Dome on the Rock" tempel gebou het waarin hulle hul god aanbid, en dis juis vir hierdie rede dat daar sulke verskriklike konflik is in Israel, tussen die Jode en die Moslems, want die Jode besit Israel, maar die Moslems het dit oorgeneem en gebruik nou ons God se heilige Berg vir hulle afgod-aanbidding. Die Jode mag selfs nie op die berg gevang word dat hulle bid nie, en mag slegs by die Westelike muur op die buitekant bid.

Die Temple-Mount (berg Moria) is tans die heiligste plek op aarde. Daar gaan nie ‘n tempel wees in die nuwe Jerusalem nie, volgens Openbaring 21:22. Wanneer Jesus op die Olyfberg neerdaal en hom deel in twee dele, gaan Hy die nuwe Jerusalem saam met Hom bring. Vir meer inligting oor Moria, verwys na die Openbaring Reeks, Deel 3, bladsy 44-49. Die Here gaan laat die rivier van ewige lewe reg deur die vallei in die Olyfberg vloei Sagaria 14:8 in Israel, en dit sal verniet lewe aan die hele Jerusalem en Israel gee - aan God se kinders, vir ewig. Die nuwe Jerusalem sal nie ‘n tempel hê nie!!!

Wat jy hier moet wegneem is: Die 3de tempel word met mense-hande gebou, op Moria. Jesus daal neer op die Olyfberg eendag. Daar gaan NIE ‘n tempel in die Nuwe Jerusalem wees nie, want God is die tempel.

102

Image 97

Image 98

Image 99

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

LUISTER-LES & GESELSIE NA MARKUS 11

Na elke les uit Markus moet ons luister na sy vriende se oogpunt om die volle prentjie te kan sien. Byvoorbeeld, waar Markus dalk ‘n kort storie vertel van Jesus se doop, kan mens baie meer detail hoor by Matthéüs en Markus, want Johannes praat glad nie hiervan nie. Dan ook is daar stories wat Johannes vertel wat Markus glad nie vertel nie, en ons moet hulle ook luister om te kan oor-brug van een les na ‘n ander in Markus. Hierdie tabel lys al die hoofstukke wat ooreen stem met Markus (dis kruis-verwysings), en al die hoofstukke wat Markus glad nie het nie, maar wat die ander evangelies wel vertel (dis brug-hoofstukke). Luister die gedeeltes wat gemerk is. ONTHOU: Luister en lees saam in jou Bybel, dan bespreek ons hoe ons elkeen daaroor voel.

JESUS SE

MATTHÉÜS MARKUS LUKAS JOHANNES

1-2

1-2

1

GEBOORTE EN

3-4 & 8

1

3-5

4

VOORBEREIDING

2

3

9 & 12

2

5-6

5

12

3

6 & 8

5-8 & 11

7

8 & 13

4

8

8-9

5

8

10 & 13-14

6

9

6

BOODSKAP EN

15

7

BEDIENING

15-16

8

9

18-19

9

9

17

10-17

7-11

19-20

10

18

21

11

19-20

12

21-23

12

20-21

24

13

21

25

26

14

22

12-13 & 18

14-17

DOOD EN

27

15

22-23

18-19

OPSTANDING

28

16

24

20

21

OPEN: __________ | BYBEL FEIT: __________ | AFSLUIT: __________

WATSE GOEIE NUUS HET ONS GELEER?

103

Image 100

C Viljoen

KYK FLIEKS

KYK VIR HUISWERK

John Hagee – The Wrath of God.

KYK SAAM

John Hagee – The Secret of Knowing God.

104

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

PRAKTIESE LES NA MARKUS 11

BID

Ons moet leer bid… Leer om REGTIG te bid. Hoe kan ons glo in God, en werk vir Hom, en siele red, as ons nie met God kan gesels nie? Hoe kan bose geeste van ons af weg bly as ons nie met God praat nie Markus 9:29? Hoe kan ons die duisternis oorwin sonder om God te roep vir hulp? God sê vir ons oor en oor in die Woord om gereeld te bid. Om altyd te bid, al dink ons nie dit werk nie. Die Jode vas gereeld. En nie net vir een dag nie, maar eerder vir weke en soms maande op ‘n slag. Hulle bid dag en nag. Ure lank op hulle knieë, dag na dag terwyl hulle vas. Of hulle staan by die weste-muur en bid. Dawid het vir baie nagte aan een in die gras gelê en skape op pas, en die sterre bewonder, en het gebid en gebid. Wie is ons as Christene, om te dink ons kan net gou ‘n vinnige oggend-gebed af rammel en dink dit is ‘n gesprek met God? Of dink dit los al ons probleme op? Hoe kan ons God blameer as Hy nie ons gebede antwoord nie, wanneer ons net vinnig ‘n 30-sekonde gebed op stuur? Dit maak God nie bly nie. Kyk, daar is niks fout daarmee om ‘n kort gebed te bid wanneer dit nodig is nie, maar ons moet SERIOUSLY leer om behoorlik met God te gesels ook. Ons moet ALTYD DEUR BID, so ons moet eintlik 1000 klein gebede die heel dag, elke dag bid VIR ALLES wat ons doen! Ons kan fluister, heel dag, elke dag. En dan moet ons leer om te bid soos Jesus bid, in Markus 14:34-41.

In hierdie praktiese les gaan ons ‘n bid-uur hou, net soos Jesus, want dit is hoe mens oorlog voer met die duisternis! Maak gereed vir oorlog!

INSTRUKSIES

1. SALF JOUSELF met olyf olie of salf olie en was jou gesig.

2. Skryf ‘n lysie van onderwerpe waaroor jy wil bid, as jy nie dink jy gaan ‘n uur lank kan maak nie.

3. Beplan om oor elke onderwerp 5 minute lank te bid en God te smeek, dan kan jou lysie 12 goed op hê. Of as jy 2 minute oor elke onderwerp wil gesels, dan kan jou lysie 30 goed op hê. Jou keuse.

4. As jy wil kan jy Bybel versies voor die tyd op soek en neer skryf sodat jy die woord kan uit spreek oor al jou onderwerpe wat jy baan bid.

5. Kies ‘n kamer waar jy jou deur kan toe maak en PRIVAAT bid.

6. Sit ‘n kussing op die grond vir jou knieë, en trek gemaklik aan, verkieslik nag-klere.

7. Sit vir jou Bybel-musiek of rustige klasieke musiek aan.

8. Stel jou horlosie om jou te time op presies 1 uur, sodat jy kan kyk of jy dit kan reg kry.

9. As jy regtig voluit wil gaan en die Bybel-dae se gebed wil beleef, kan jy dit navors voor die tyd en jou gunsteling manier van gebed uit probeer. Party mense het gestaan en bid met ‘n doek wat op hul kop hang, ander het by vensters gestaan en op kyk en bid. Mense van klein geloof het ook voor ‘n wierook-bak gebid. Ander bid op hul knieë. Jy kan buite in die nag op ‘n kombers bid terwyl jy vir die sterre kyk. As jy regtig wil voluit gaan en ‘n kwaai gebed-manier probeer, kan jy ‘n sak op die grond sit, en vuil klere aan trek, en vuur-as of sand op die sak gooi en daarin gaan sit en bid.

10. Maak seker daar is NO DISTRACTIONS, en gaan eerder OOR ‘n uur, as onder!

11. Huil as jy wil, smeek, staan op en dans voor God, kniel, wees stil, doen ALLES VIR GOD!

12. Onthou die bloed van Jesus, die salwing van die Heilige Gees, en die Name van die drie-enige God!

13. Geniet dit!

105

C Viljoen

106

Image 101

Image 102

Image 103

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

MARKUS 12 – NOG GELYKENISSE, DWALING, BELASTING, TIENDES, EN DIE LIEFDE

Hoekom is Jesus die Hoeksteen? Moet ons belasting betaal? Gaan ons mekaar onthou in die hemel? Gaan ons nog steeds getroud wees in die hemel as ons op die aarde getroud was? Sterf Christene ooit? Wat is die grootste gebod? Moet ons onsself lief hê? Moet ons voor in die kerk sit?

Kan God een ou harder oordeel as ‘n ander? Hoeveel tiende is genoeg?

Lees Markus 12.

In hoofstuk 12 leer ons baie inligting! Ons sien hoe Jesus met die fariseërs en dissipels gesels en hulle leer, en vind uit die verskil tussen die wat die woord ken, en die wat dit doen! Kom ons begin!

Gelykenis 22 – Die landbouers (v1-12): Ook in Matthéüs 21:33-46 & Lukas 20:9-19 & Jesaja 5:1-7 WOW.

o Die land-eienaar is ______, die wingerd (land) is _______, die skelm grond-huurders is die _______

(wat like om mense en die woord dood te maak, laat hul geen werke doen en vrugte dra nie Jeremia 26:7-11, 38:1-28, Matthéüs 14:1-12, & 2 Kronieke 24:21), die land-eienaar se dienaars is __________ wat gestuur word om God se Woord aan Israel te verkondig, die land-eienaar se seun, is ______, en die ander nuwe huurders is die vergewe _______ (die gentiles wat Christenskap kry).

o Jesus het hulle aksies vooruit voorspel Psalm 118:22, & Jesaja 28:16, want Johannes 10:18.

Die vraag oor die belasting (v13-17):

o Jip, dis ‘n lands-wet v17 & Romeine 13. Maar bewaar die wat over-charge op belasting, of rente vra Spreuke 28:8-10, Psalm 15:5, & Levítikus 25:35-37.

Die Sadduseërs en die opstanding (v18-27): Hulle dwaal want v24. Sien ook Johannes 8:51-55 (Sy woord)!

o Jy kan jou broer se vrou trou, na sy __________ v19. Ons gaan nie __________ wees in die hemel nie v25. Ons is __________ in die hemel na die dood, so geen opwekking van dood is nodig vir _______ nie, net vir sondaars. Hul word wakker gemaak om voor die _______ te kom staan 26-27.

Die groot gebod (v28-34):

o God __________, en jou naastes – SOOS – JOU – __________! In v32 wou die skrifgeleerde __________ wees, maar in v34 sê Jesus wie regtig _________ is. Lees mooi stadig! Onnie vs. Hoof!

o Ons naastes is die wat ons _______________ Levítikus 19:18!

o Die liefde vir jouself: Efésiërs 5:29, Spreuke 19:8, & Levítikus 19:33-34. MAAR: 2 Timótheüs 3:1-8, Spreuke 18:12, 21:4, & Galásiërs 6:3-5. Wees lief (nie verlief) op jouself.

Die Christus, Seun van Dawid (v35-37):

o Psalm 110:1 Jesus is die Seun van Dawid, maar selfs Dawid noem Hom Here! “Die Here (__________) het vir my Heer die koning (__________) gesê…” → Selfs Dawid ken sy God!

Waarskuwing teen die skrifgeleerdes (v38-40):

o Jy is nie beter as ander nie! Romeine 12:16, Filippense 2:3, & Lukas 18:9-14.

Die aalmoes van die arm weduwee (v41-44):

o Jy sal maai, wat jy saai! Matthéüs 6:4, Maleági 3:10, 2 Korinthiërs 9:7, & Lukas 6:38.

WATSE GOEIE NUUS HET ONS GELEER?

OPEN: __________ | BYBEL FEIT: __________ | AFSLUIT: __________

VERWYSINGS: Génesis 38:8, Deuteronómium 4:35, 6:4-5, 23:19, 25:5, Psalm 37:21, 139-14, Spreuke 14:30, 22:7, Jesaja 1:17, 45:21, Eségiël 22:12, Matthéüs 19:29, Lukas 14:26-27 & h14, Johannes 3:5, 15:18, Handelinge 4:8-12, 1 Thessalonicense 5:14, 2 Timótheüs 3:16, Jakobus 2:15-16 & 1 Johannes 4:7-9.

107

C Viljoen

HUISWERK – OM TE LEES

Het jy geweet:

o Xenofobie (om enigiets of enigiemand vreemd of uit die buiteland te haat of voor bang te wees) is sonde. → Levítikus 19:33-34

o God het gesê ons moet lief wees vir ons vyande Matthéüs 5:44!

o Soos Jesus antwoord op die Sadduseërs se vraag op die opstanding, kan ons weereens die beskrywing sien van Openbaring, en die “Pre-Tribulation Rapture”. Die Christene is dadelik in die hemel, terwyl die bose wag vir die oordeel.

o Daar is weereens profesie, in Jeremia 26:7-11. Jesus ken die woord goed!

o In die gelykenis van die landbouers het hulle die woord van God (en dus God se waarskuwing) stil gemaak. God soek vrugte. Hy kom om te kyk, of jy dit like of nie.

Oor die gelykenisse:

o Verdere inligting op Gelykenis 22 van die Markus 12 les, van die landbouers:

- Dit was ‘n gewoonte in ou Israel dat land-eienaars (plaas-boere) hul grond uit verhuur, en dan kan hulle tot op 50% van die land se vrug eis van die huurders af as betaling oor hulle die grond gebruik.

- Die land-eienaar het dienaars gestuur om Sy porsie van die vrugte te gaan haal, en die slinkse fariseërs (soos bossies wat die vrugte verstrik) het almal dood gemaak of gewond en met leë hande weg gestuur. Toe stuur die land-eienaar (God) Sy eie Seun om te gaan kyk, en hulle het hom gekruisig! WOW!!! Nou gaan God terug kom en al die goddeloses van die aarde verwoes met die einste hoeksteen (Chief Cornerstone Jesus Christ) wat hulle almal weg gegooi het. En dan gaan reg en geregtigheid heers vir ewig, soos ons kon sien in Markus 1. Jesus gaan met ander woorde die nuwe (en laaste) ewige koning wees wat met regverdigheid gaan heers, en Hy gaan ons as prinse en prinsesse aanstel om die hemelse koninkryk saam Hom te heers, soos ons oor en oor hier en in die Openbaring reeks leer.

- Die ongelooflike ding is dat die huurders gedink het as hulle die seun dood maak, sal hulle die land kan erf. Maar min-wetend het hulle ‘n skoon, vleklose Seun van God dood gemaak en dit was toe gebruik as ‘n laaste sonde-offer op die altaar voor God (want jy MOET bloed giet vir die vergifnis van sonde), en Jesus het dit een laaste keer vir ons gedoen, toe die fariseërs die romeine opgesteek het om Jesus te kruisig. ALLES wat die duiwel doen, word deur God gebruik vir iets goed in die einde Génesis 50:20.

- Toe Jesus die vraag stel in Markus 12:9, het hy eintlik die fariseërs toegelaat om hul eie

“death-sentence” uit te spreek. Die fariseërs het gedink hulle was outomaties goedgekeur vir die hemel omdat hulle gebore was uit Abraham, en dis hoekom geskiedenis en bloed-lyne vir hulle so belangrik was, maar toe wys God vir hulle dat die koninkryk van God net vir die bedoel is wat die Heilige Gees (die woord van God) aan dra, soos ‘n wingerd-stok! Die hele plaas se druiwe kom van EEN groot wortel af! WOW! Dan kom die water in die wortel, en beweeg van die eerste druiwe af regdeur tot die laaste. Net so ook verwag God moet ons wees. Ons moet die woord hoor by een ou, en dan oor dra aan ‘n ander ou, en ‘n groot onbeukbare ketting maak! Wat gaan jy doen?

- Soos ons in Markus 1 geleer het is Jesus die dak EN fondasie van die kerk, die groot rots.

108

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

o Gelykenisse wat tussen Markus 12 & 13 gebeur in die ander evangelies:

- Gelykenis 23 – Die bruilof (Matthéüs 22:1-14):

▪ Die gelykenis is amper dieselfde as die een in Lukas 14:15-24.

▪ Weer sê Jesus vir ons dat die gelykenisse die koninkryk vir ons nader bring, en dit sal ons gebede beantwoord, soos ons leer in Matthéüs 6:33.

▪ In die gelykenis van die bruilof is die koning ook God. Die slawe is die Christene. Die genooides is die mense wat baie praat, maar min doen. Dis al die mense wat spog oor hul altyd in die kerk is, maar nie een slag vir ‘n arme kan geld gee nie.

▪ Toe die genooides nie kom om aksies vir God se kerk te doen nie, word al die sondaars en gewone gentiles geroep tot aksie!

▪ Kyk hoe mooi Jesus praat in Matthéüs 22:12 wanneer jy nog kans het by die oordeelsdag om rekenskap te gee. Maar wat gaan jy kan sê? Ons weet van die Openbaring reeks watter klere die bruilof klere is en hoekom dit belangrik is hier! Die man het probeer om in die hemel te kom sonder die bloed van Jesus wat jou sondes weg was en jou spier wit laat. In Matthéüs 22:13 vind ons uit dat die hel nie is wat mense dink dit is nie. Dis nie ‘n plek waar jy al die sondes onder die son kan doen nie. Dis ‘n plek waar jy VAS GEMAAK GAAN WORD, en in vuur en swawel brand vir ewig, waar wurm nie dood gaan nie en waar jy nooit sal verteer nie, en waar baie geween en gekners van tande is, in dik rook en diep donker duisternis, vir ALMAL in die hel, insluitend die demone, en insluitend die duiwel. Die duiwel is nie die koning van die afgrond nie! Hy gaan OOK vas wees in kettings, soos ons in die Openbaring reeks leer.

▪ Let op wat gebeur met die koning se slawe in Matthéüs 22:6, en hoe God die saak hanteer het in Matthéüs 22:7. Ons word GLADNIE ‘n lekker lewe op aarde belowe nie, so wie is ons om so te dink? Die prys is in die hemel! NIE HIER NIE! God sal vir ons opstaan op die regte tyd Romeine 12:19. God is geduldig, maar daar kom ‘n dag Obadja 1:15 & Hebreërs 10:29-31!

▪ Heel in die einde vind ons weer uit, in Matthéüs 22:14 dat GOOD DEEDS belangrik is: Matthéüs 7:21. Watse aksies gaan jy begin doen???

▪ Vir meer kleur in die prentjie kan jy ook Handelinge 13 lees.

Om ‘n visserman vir Jesus te wees beteken:

o Sit AAS UIT! Moenie mense forseer nie. Moenie eers met hulle direk praat as dit nie absoluut nodig is nie. Wees net rondom hulle ‘n amazing voorbeeld soos Jesus, laat jou AKSIES hulle roep na die koninkryk toe (die AAS). Laat hulle JOU kom vra hoe om soos jy te wees (die vis kom snuffel). Dan kan jy hulle wys hoe om soos JESUS te wees (ruk ‘n reuse hoek in hul bek), en hoe om saam jou hemel toe te gaan eendag (in katrol)! Jesus het niemand gesmeek om hom te volg en na hom te luister nie. Hy het vir almal die praktiese voorbeeld van Christelike geloof elke dag gewys, en al daai menigtes het Hom self gevolg. En moenie mense probeer verander of “convict” van hulle sondes nie... Dis die Heilige Gees se werk. Jou werk is net om hulle lus en nuuskierig vir God se woord te maak. Om hulle te nooi kerk toe. Party mense probeer die vis se skubbe skoon maak nog voor hulle die vis ooit gevang het... Dit sal nooit werk nie. Vang EERS die vis. Lok hulle kerk toe. GOD sal sorg vir die res. Be wise as serpents, and harmless as doves – Matthéüs 10:16.

109

Image 104

Image 105

Image 106

C Viljoen

LUISTER-LES & GESELSIE NA MARKUS 12

Na elke les uit Markus moet ons luister na sy vriende se oogpunt om die volle prentjie te kan sien. Byvoorbeeld, waar Markus dalk ‘n kort storie vertel van Jesus se doop, kan mens baie meer detail hoor by Matthéüs en Markus, want Johannes praat glad nie hiervan nie. Dan ook is daar stories wat Johannes vertel wat Markus glad nie vertel nie, en ons moet hulle ook luister om te kan oor-brug van een les na ‘n ander in Markus. Hierdie tabel lys al die hoofstukke wat ooreen stem met Markus (dis kruis-verwysings), en al die hoofstukke wat Markus glad nie het nie, maar wat die ander evangelies wel vertel (dis brug-hoofstukke). Luister die gedeeltes wat gemerk is. ONTHOU: Luister en lees saam in jou Bybel, dan bespreek ons hoe ons elkeen daaroor voel.

JESUS SE

MATTHÉÜS MARKUS LUKAS JOHANNES

1-2

1-2

1

GEBOORTE EN

3-4 & 8

1

3-5

4

VOORBEREIDING

2

3

9 & 12

2

5-6

5

12

3

6 & 8

5-8 & 11

7

8 & 13

4

8

8-9

5

8

10 & 13-14

6

9

6

BOODSKAP EN

15

7

BEDIENING

15-16

8

9

18-19

9

9

17

10-17

7-11

19-20

10

18

21

11

19-20

12

21-23

12

20-21

24

13

21

25

26

14

22

12-13 & 18

14-17

DOOD EN

27

15

22-23

18-19

OPSTANDING

28

16

24

20

21

WATSE GOEIE NUUS HET ONS GELEER?

OPEN: __________ | BYBEL FEIT: __________ | AFSLUIT: __________

110

Image 107

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

KYK FLIEKS

KYK VIR HUISWERK

John Hagee – Sin, Sex and Self Control.

KYK SAAM

Die ateïste fliek – Case for Christ.

111

C Viljoen

PRAKTIESE LES NA MARKUS 12

BETAAL ‘N TIENDE AAN GOD

Die tiende (aalmoes) gaan nie net daaroor dat God jou SAL seën nie. Dit gaan ook nie oor sommige kerke wat dalk die geld op die verkeerde dinge gebruik nie. Dit gaan nie eers oor die arm mense wat dit nodig het nie. Dit gaan oor die feit dat God wil hê ons moet offergawes maak! Gee vir God die eerste van jou inkomste, en Hy sal dit wat jy oor het seën om oor te loop! Die tiende is ‘n opsie. Net in die ou testament was dit Joodse wet om tiendes te betaal Levítikus 27:30. Maar as jy ‘n Christen wil wees, gaan jy ook moet leer offergawes betaal, want alhoewel dit nie vandag ‘n wet is vir Christene nie, en al maak dit nie saak hoeveel jy gee nie, is dit nog steeds baie belangrik vir God dat jy uit jou hart uit kies om dit te doen: 1

Johannes 3:17, Deuteronómium 15:11, Spreuke 14:21 & 31, 19:17, 21:13, 22:9, 28:27, Handelinge 20:35, Matthéüs 5:42, Jakobus 1:27, Lukas 12:33-34, 3:11, Matthéüs 19:21, & Romeine 15:1.

God vra jou nie vir ‘n aalmoes oor Hy jou geld soek nie. Hy vra vir dit om te kyk of jy kan gehoorsaam wees uit jou eie hart. En om vir jou geleentheid te gee om die armes te ondersteun. Hoekom? Want ons is gemaak om mekaar nodig te hê, en jy gaan nooit suksesvol wees tot jy dit geleer het nie. Die tiendes word betaal sodat daar KOS kan wees in die kerk Maleági 3:10. DIS DIE DOEL! KOS IN DIE KERK!

Die ou testament tiende beteken: 10% van ALLES wat jy maandeliks verdien het Deuteronómium 14:22.

Jesus die insettinge weg gevat, en die tiendes is nou opsioneel. MAAR dis heeltemal belangrik as jy jou geloof wil aan die lewe hou, en geseënd wil wees. Moenie God beroof nie. En dis belangriker om jou aalmoes met ‘n bly hart te gee, as om die volle tiende te gee met ‘n bedroefde hart 2 Korinthiërs 9:7. As die kerk jou geld misbruik, sal hulle gestraf word Maleági 3:8-9 en jy sal geseën wees vir die bedoeling in jou hart Handelinge 20:35. Hou jý op stres, en doen net die regte ding.

In hierdie praktiese les gaan ons ‘n tiende betaal aan God!

INSTRUKSIES

1. SALF JOUSELF met olyf olie of salf olie en was jou gesig.

2. Die volle tiende werk so: Jy vat jou salaris NA belasting, en deel dit deur 10. Dit is die bedrag wat aan God behoort. Nie 10% van alles wat jy besit nie, maar ‘n tiende van alles wat jy gemaak het in daardie maand. As jy belasting INSLUIT dan hoef jy nie op jou TAX-RETURN tiende te betaal nie, want dan het jy reeds. Onthou ook dat getroude paartjies SAAM AS EEN hulle tiendes gee.

3. Besluit hoeveel jy vir God gaan gee:

- Gaan jy ‘n volle ou testament tiende een keer probeer gee, of dalk die halfte van ‘n tiende, of gaan jy dalk selfs soos R20-R500 gee? Wat ook al jy met ‘N BLY HART KAN DOEN! Probeer bietjie een slag om ‘n behoorlike bedrag te gee, om die volle waarde van God te leer in jou.

4. Besluit vir wie jy dit gaan gee:

- Dit maak die meeste sin om die tiende te saai in die rigting (kerk) waar jy jou geestelike voeding ontvang. ‘n Kerk wat die geld gebruik om kos vir armes gee.

5. Gaan gee dit dan in die geheim, met nederigheid, en vertel geen siel wat jy gedoen het nie!

6. Geniet dit, en onthou die liefde in 1 Johannes 4:8 & 1 Korinthiërs 13!

112

Image 108

Image 109

Image 110

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

MARKUS 13 – NOG GELYKENISSE EN DIE OPENBARING

Hoe erg gaan die einde van die wêreld wees? Gaan daar tekens wees van die einde voor dit gebeur? Wat moet ons doen daaroor? Gaan die tyd vinnig vlieg? Hoe kan ons ‘n vals christus uit ken? Wie ken die datum van die einde van die wêreld? Hoe baie moet ons bid? Sê die woord ons mag nooit ooit slaap nie?

Lees Markus 13.

In hoofstuk 13 sien ons ‘n duidelike waarskuwing van die einde tyd en die wegraping! Ons leer hoe om die vals christusse uit te ken, en vind uit wat ons moet doen daaroor. Ons leer ook die laaste 2 gelykenisse van die 25 wat ons in hierdie reeks na kyk. Kom ons leer die opsomming van Openbaring.

Die profetiese rede, die begin van die smarte (v1-13):

o Die onmoontlike piramides en geboue in v1? Die blokke weeg _____ metrieke ton (die gemiddelde kar). Kon die sterk ________ of ________ of vriendelike _______ wat elk 100 metrieke ton geweeg het (as pakdiere) van die ou dae nie dit optel nie, selfs in groepe dalk? En die wetenskaplikes spin in sirkels! Jesaja 30:6, Job 41:10-12, 16, & 18, Job 40:10-19, Filippense 4:13, Génesis 32:22-32, & 6:4.

o ALMAL wat sê: “Ek is Jesus!” is ________ v6, want v26, Openbaring 1:7, & 1 Thessalonicense 4:16.

o Die teken van die pastore wat op TV is word _________________ in Matthéüs 24:14.

Die profetiese rede (vervolg), die groot verdrukking (v14-23): o Wanneer iemand in die tempel in Israel staan en vrede belowe, v14 studeer dan die ____________________ Openbaring 6:2 en doen wat v14-16 sê!

o As mense wonders en tekens doen anders as genesing en verlossing, is hulle __________ v22.

o Daniël het ons gewaarsku in Daniël 9:25-27, 11:31, 12:11 soos ons in die Openbaring reeks leer.

o Babas en kinders sal __________, verdrukking sal erger wees as enigiets wat ooit gebeur het, en die dae sal ______ wees sodat die uitverkorenes dit kan ______. Kyk na die Openbaring reeks vir meer.

Die profetiese rede (vervolg), wederkoms van die Seun van die mens (v24-32): o Die ware Christus v26-27 & Openbaring 19:11-16.

o Almal sal Hom op dieselfde tyd __________ Matthéüs 24:27.

o Hoe kan v30, Matthéüs 24:34 & Lukas 21:32 waar wees? Want soms moet mens die hele storie lees vir konteks: Matthéüs 16:28, Markus 9:1, & Lukas 9:27.

o Nog bewyse dat ons DOEL is om ALMAL te kan __________ v32 & Handelinge 1:7-8.

Die profetiese rede (slot), die waaksaamheid (v33-37):

o “Waak” beteken om “on-watch” te wees, versigtig en nugter, gereed vir iets ________ dit gebeur.

Markus 14:34, & 37-38. In die geestes-wêreld beteken dit om ALTYDDEUR te ___, terwyl die duister nog met ons is 1 Petrus 5:8 & Kolossense 1:13-14. God het die dissipels getoets om te sien of hulle vlees of gees heers, in Markus 14. Ons moet ophou sorgeloos wandel en aksies neem sonder om daaraan te dink of dit sonde is of nie, want Romeine 14:12, 1 Petrus 4:5, & Matthéüs 12:36.

o “Waak” beteken NIE om nooit te slaap nie. Ons weet dat God wil hê ons moet fisies __________ en __________, in: Spreuke 3:24, Psalm 127:2, Job 4:13-16, Génesis 46:2, & Daniël 2:19, etc.

WATSE GOEIE NUUS HET ONS GELEER?

OPEN: __________ | BYBEL FEIT: __________ | AFSLUIT: __________

VERWYSINGS: Spreuke 27:17, Johannes 15:5, 1 Korinthiërs 16:13-14 & 2 Korinthiërs 2:11.

113

C Viljoen

HUISWERK – OM TE LEES

Oor die gelykenisse:

o Gelykenisse wat tussen Markus 13 & 16 gebeur in die ander evangelies:

- Gelykenis 24 – Die vyf verstandige en vyf onverstandige maagde (Matthéüs 25:1-13):

▪ Die bruid is ons, in Efésiërs 5:25-32. God en Jesus is die bruidegom in hierdie vergelyking, en dit praat van die wederkoms:

• Ou testament: Jesaja 54:4-6, 62:4-5, Hoséa 2:19!

• Nuwe testament: Johannes 3:27-30, Matthéüs 9:15, & Markus 2:19-20.

▪ Almal is uitgenooi na die bruilof, maar nie almal stel genoeg belang om AKSIE TE

NEEM en hulle lampies vol olie te maak, of ekstra olie saam te neem nie Jesaja 61:1

& Handelinge 10:38. Of met ander woorde, om jou geloof te versterk dat jou lampie altyd brand Matthéüs 5:15 terwyl jy wag vir Jesus Jesaja 40:31. So die Heilige Gees is nie saam hulle deur die lering van die woord nie. Dan kom Jesus terwyl jy nog nie reg is nie, en dan gaan Hy jou weg wys. Ons moet die Bybel LEER 2 Timótheüs 2:15!

▪ Jesus sal net verskyn aan die mense wat Hom gretig soek Hebreërs 9:28.

o Gelykenis 25 – Die talente (Matthéüs 25:14-30):

▪ Ons het reeds amper net so selfde gelykenis geleer in Markus 10. Dis vanselfsprekend. Jesus gee vir ons die woord, en Hy gee vir ons die opdrag om siele te gaan red (om die talente te gaan verdubbel) Markus 16:15. Party mense het die geld en vermoë om vér te reis en baie siele te red, terwyl ander dalk die vermoë het om minder siele te gaan red. Dit maak nie saak nie. Solank jy die siele GAAN RED wat God jou die vermoë gegee het om te doen, gaan ons by die koninkryk eendag kan in gaan en aangestel word oor baie dinge in die hemel.

▪ Maar hier gaan die ou wat die minste van verwag was (hy moes NET EEN SIEL GAAN

RED), maar hy kon nie aksie neem nie. Hy moes ‘n siel gaan red, maar selfs as hy nie dit wou doen nie, kon hy die talent vat en vir wisselaars gaan gee (sy hulp offer aan ander Christene wat siele gaan red), maar selfs dit het hy nie gedoen nie, en toe noem Jesus hom lui Matthéüs 25:26! Hy het sy lampie onder ‘n emmer gesit.

▪ Toe vat Jesus die man se eie redding en sy een enkele talent van hom af weg, en gee dit aan die een met die baie talente. Hoekom? Want Matthéüs 7:21.

▪ Die man met die een talent het ook vir sy heer gesê dat hy ‘n harde man was, en maai waar Hy nie gesaai het nie… Dis waar! God is hard Spreuke 3:11-12 & Deuteronómium 8:5, en God maai waar Hy nie gesaai het nie, want alles behoort aan hom in elk geval, en dis ons werk om vir Hom die woord te saai Psalm 24:1, Markus 16:15, & Openbaring 14:19.

Meer inligting oor die waaksaamheid en verdrukking en ‘n interessante feit: o BEWYSE DAT ONS TYDENS DIE VERDRUKKING WEG SAL WEES: Lukas 21:36.

o Ons moet oor en oor vir dieselfde goed bid! Markus 14:39.

o Die oomblik wat jy lus raak om te sondig, hardloop kamer toe EN WAAK EN BID Matthéüs 26:41, Lukas 18:1, Efésiërs 6:18, & 1 Thessalonicense 5:17.

o ALLE Christene gaan ‘n harde lewe hê: 2 Timótheüs 3:12, Matthéüs 24:9, & 1 Petrus 4:12.

o Die Argentinosaurus was ‘n herbivoor (eet net plante) en het 100 metrieke ton geweeg!

114

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

Ongelooflike goed:

o In Génesis 32 het Jakob vir God getackle, geduik (yes, ek moes dit ook 2 keer lees) en met Hom gestoei... Eerstens... WOW! Tweedens... Hoekom was Jakob daarna geseën? Want!

o Hy het alleen-tyd met God gesoek.

o Hy was 100% stukkend voor God.

o Hy het na God gehonger.

o Hy het nie opgegee nie. (Dis ‘n hele ander vlak van deursettingsvermoë!) o Hy was EERLIK!

▪ In Génesis 27:19 (20 jaar vroeër) het hy vir sy pa gelieg en gesê hy is Esau...

▪ Hier in Génesis 32:27 (20 jaar later) was hy 110% eerlik oor wie hy was... Wie hy regtig was, diep binne... ‘n Sondaar!

o Maak my sommer vroeg lus om rondom my kickboxing sak te dans!

o In Job 40-41 praat God met Job oor ‘n seekoei (Behemoth) se kruis. Dis sy heupe!

o Die hele Markus 13 gaan oor die toekoms.

o Hierdie hoofstuk, sowel as die 70x7 profesie word in detail bespreek in die Openbaring Reeks.

o In Openbaring 1:7 waar God se dat ELKE oog hom sal sien... Verwys dit na ELKE oog... Die dooies ook. ALMAL sal God sien wanneer hy in Openbaring 19 terug kom vir die finale oorwinning!

o Die feit dat daar gepreek word aan die hele wêreld op TV, radio en die internet vandag, is ‘n teken -

Matthéüs 24:14 & 24!

115

Image 111

Image 112

Image 113

C Viljoen

LUISTER-LES & GESELSIE NA MARKUS 13

Na elke les uit Markus moet ons luister na sy vriende se oogpunt om die volle prentjie te kan sien. Byvoorbeeld, waar Markus dalk ‘n kort storie vertel van Jesus se doop, kan mens baie meer detail hoor by Matthéüs en Markus, want Johannes praat glad nie hiervan nie. Dan ook is daar stories wat Johannes vertel wat Markus glad nie vertel nie, en ons moet hulle ook luister om te kan oor-brug van een les na ‘n ander in Markus. Hierdie tabel lys al die hoofstukke wat ooreen stem met Markus (dis kruis-verwysings), en al die hoofstukke wat Markus glad nie het nie, maar wat die ander evangelies wel vertel (dis brug-hoofstukke). Luister die gedeeltes wat gemerk is. ONTHOU: Luister en lees saam in jou Bybel, dan bespreek ons hoe ons elkeen daaroor voel.

JESUS SE

MATTHÉÜS MARKUS LUKAS JOHANNES

1-2

1-2

1

GEBOORTE EN

3-4 & 8

1

3-5

4

VOORBEREIDING

2

3

9 & 12

2

5-6

5

12

3

6 & 8

5-8 & 11

7

8 & 13

4

8

8-9

5

8

10 & 13-14

6

9

6

BOODSKAP EN

15

7

BEDIENING

15-16

8

9

18-19

9

9

17

10-17

7-11

19-20

10

18

21

11

19-20

12

21-23

12

20-21

24

13

21

25

26

14

22

12-13 & 18

14-17

DOOD EN

27

15

22-23

18-19

OPSTANDING

28

16

24

20

21

WATSE GOEIE NUUS HET ONS GELEER?

OPEN: __________ | BYBEL FEIT: __________ | AFSLUIT: __________

116

Image 114

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

KYK FLIEKS

KYK VIR HUISWERK

Flight of Faith – The Jesus Story Documentary.

KYK SAAM

Die ou fliek – Ben Hur.

117

C Viljoen

118

Image 115

Image 116

Image 117

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

MARKUS 14 – DIE PAASFEES, DIE NAGMAAL, EN DIE AANKLAG TEEN JESUS

Wat is die Pasga, en ongesuurde brode, en die nagmaal, en nardussalf, en

‘n albaste fles? Het Judas Iskáriot omkoopgeld gekry? Bestaan die bovertrek nog? Was Judas hel toe na sy dood? Het Petrus vir Jesus verraai? Weet Jesus alles? Waar was die tuin van Getsémané? Wat was Jesus se laaste wonderwerk? Het Jesus baklei vir Sy lewe?

ONTHOU: Pop vasvrae 1 is oppad oor hierdie les, by bladsy 129.

Lees Markus 14.

In hoofstuk 14 het ons weer storie-tyd soos met Jesus se geboorte. Kom ons vind uit wat gebeur het!

Die owerpriesters hou raad (v1-2):

o Storie tyd! Die huiswerk het ‘n resep vir ongesuurde brood vir die nagmaal.

Die maaltyd in Betánië (v3-9):

o Storie tyd! Die huiswerk het ‘n resep vir salwing olie.

Die loon van die verraad (v10-11):

o Storie tyd! Miskien was Judas hemel toe? Verwys na die huiswerk en Openbaring Reeks vir meer.

Die laaste Pasga, die heilige nagmaal (v12-26):

o Ook in Matthéüs 26:17-30, Lukas 22:7-23 & Johannes 13:21-30.

o Die Pasga is ‘n fees in Eksodus 12 wat die Jode vier om die laaste plaag oor Egipte te onthou, toe die eersgeborenes van die Egiptenare gesterf het, maar al die Israeliete wat die lamsbloed op hul deure gehad het was __________. Dit is ‘n gebraaide lam, wat saam ongesuurde plat-brode (sonder yeast) geëet word elke jaar, en die fees hou gewoonlik 7-8 dae (meer in Markus 15).

o Jesus was die LAASTE Hebreërs 9:25-28, finale Lam van die _______. Hy het die ou verbond gestop Markus 14 & Hebreërs 8:8-13, en die nuwe verbond, die ____________ begin in 1 Korinthiërs 5:7!

o Die nagmaal is om gereeld aan Jesus se _________ en __________ te dink 1 Korinthiërs 11:23-25.

o Paulus het BELANGRIKE INSTRUKSIES gegee in 1 Korinthiërs 11:23-29 oor die erns van nagmaal.

o Die Brood was __________ net soos Jesus se liggaam, in Psalm 22:12-15 & 16-17 & Jesaja 53:4-7.

o Die Wyn is Jesus se ____________, gegiet vir ons sondes, in Openbaring 7:14, en toe gebeur v26.

o Ons het reeds die reëls van alkohol-gebruik vir die nagmaal geleer in Markus 8.

Petrus gewaarsku (v27-31):

o Storie tyd! Die voorspelling is in Sagaría 13:7-9.

Jesus in Getsémané (v32-42):

o Storie tyd! Jesus se bloed-sweet word in die huiswerk bespreek.

Jesus word gevange geneem (v43-52):

o Storie tyd! Meer oor hoe Jesus gevang was (en die voorspelling daarvan) in die huiswerk.

Jesus voor die Joodse Raad (v53-65):

o Jesus was __________ toe hulle Hom aankla, en dit was voorspel in Jesaja 53:7.

Jesus deur Petrus verloën (v66-72):

o Storie tyd! Selfs Petrus het __________________ gekry Markus 16:7!

WATSE GOEIE NUUS HET ONS GELEER?

OPEN: __________ | BYBEL FEIT: __________ | AFSLUIT: __________

VERWYSINGS: Génesis 3:6, 15, Númeri 18:29, Psalm 22, Jesaja 53, Lukas 22:42, Johannes 1:29, Romeine 5:12-21 & 2 Korinthiërs 5:12.

119

C Viljoen

HUISWERK – OM TE LEES

Nagmaal fees voorstel:

o Mooi wyn glase, outydse tafel doeke (sackcloth), (wit, bruin, groen, en rooi kleur skakerings) klein brood mandjies vir brood, kerse & blomme.

o Christelike- & Kersfees musiek, oor Jesus, wat dalk oor skakel van hartseer na gelukkige musiek.

o Indien jy wyn wil insluit, koop net genoeg vir elke persoon om te kan proe, en gaan met 4th Street Sweet Red. Die geleentheid gaan nie oor die wyn nie. Gebruik eerder lekker druiwe-sap.

o Hoekom soet? Want alhoewel die wyn tradisioneel bitter voorgestel word om Jesus se bitter dood tot herinnering te bring, word soet voorgestel om die soet bevryding te onthou wat Jesus gebring het na die kruis!

o Vrugte voorstelle vir die tafel: Turksvye, dadels, klapper melk, amandels en pistachio neute met rosyntjies, druiwe, olywe, en kersies! Jy kan ook avokadopeer by voeg, en suurlemoen!

o Maak ligte slaaie.

o Vir nagereg, voorstelle: Melkkos, grenadella yskas tert, melktert, ens. Iets outyds en natuurlik.

Resep-voorstel vir skaap-bout vir ‘n nagmaal fees:

o Bestanddele (kies wat jy sal geniet, en geur na jou eie smaak): o 3kg BEENLOSE Skaap bout (koop volgens die hoeveelheid mense benodig)

▪ Moet NIE wyn in die vleis sit NIE!!!

▪ (3Kg vleis nodig 4 ure se slow-roasting, en daarna 1 uur ekstra per ekstra kg) o Suurroom en gegeurde dip-poeier → Maak hiermee ‘n doop-sous vir die tafel.

o Olyf olie – Exodus 27:20

o Heuning/Appelkoos Jam/Blatjang/etc. – Psalm 119:103, Hooglied 2:3-4

o 1-2 Beef stock-blocks

o 1 Koppie water/Coke

o Woester speserye

o Bruin ui speserye

o Roosmaryn takkies

o Anys – Matthéüs 23:23

o Koljander – Eksodus 16:31 & Númeri 11:7

o Pypkaneel – Eksodus 30:23 & Openbaring 18:13

o Komyn (Cumin) – Jesaja 28:25 & Matthéüs 23:23

o Dille (Dill) – Matthéüs 23:23

o Knoffel (fyn gekap) – Númeri 11:5

o Baie Uie (grof gekap of in half-maan ringe gesny)

o Kruisement (Mint) – Matthéüs 23:23 & Lukas 11:42

o Mostert – Matthéüs 13:31

o Rue – Lukas 11:42

o Sout – Esra 6:9 & Job 6:6

o Kosjer sout – Briljante geur (jy kan ook die gerookte Kosjer sout-weergawe gebruik) o Peper – Hooglied 4:13-15

o Metode:

o Meng jou gunsteling speserye en nat bestanddele saam na smaak (sonder die soet heuning bestanddele & die olie). Moet nie AL die speserye gebruik nie. Net jou gunsteling.

120

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

o Steek die skaap bout vol diep mes-gate, en vlak vurk-gate en smeer die speserye oor dit.

▪ Maak seker die knoffel word in die diep gate van die vleis gedruk.

▪ Jy kan ook met ‘n marinade-inspuiting die sous diep in die vleis in spuit.

o Sit ‘n ordentlike DIK laag uie en ‘n bietjie olyf olie onder in ‘n diep oond-pan.

▪ Plaas die vleis bo-op die uie, en gooi die beef stock-block wat in ‘n koppie water/Coke opgelos is daarin.

▪ Bedek dit. Laat die vleis vir 1-2 dae lank week (trek) in die yskas. Draai elke 12 ure.

o Haal die vleis uit die yskas om kamer-temperatuur te bereik, en voor-verhit die oond na 170°C. Hier kan jy ook aartappels en sampioene (mushrooms) by sit as jy wil.

o Sit nou die vleis met ‘n toe deksel (of met foelie oordek) in die oond.

▪ Laat dit stadig kook vir op tot 4 ure, of tot sag en gaar (volgens vleis-gewig).

o Haal dan die vleis uit, maak oop die deksel en kyk of die vleis oral gaar en sag is.

▪ Indien sag en gaar, kan jy die vleis uit die water-mengsel haal, en ‘n bietjie heuning-olie op die vleis smeer.

▪ Gooi die vleis-water in ‘n aparte bak waar jy dit kan dik maak met ‘n sous-poeier indien nodig, vir sous. Proe ook die sous en besluit of ekstra sout nodig is.

o Kies een van 2 opsies om die vleis bruin en bros (chrispy) te maak: 1. Sit die vleis SONDER ‘n deksel terug in die oond om te bruin vir op tot 30min per kant. Kyk gereeld, en smeer elke 10min ‘n bietjie van die pan-sous bo-oor die vleis met ‘n kwas indien nodig.

2. Jy kan ook VERKIESLIK, die vleis eerder op ‘n braai gooi om vir rofweg 30-45min te bruin en van die rook-geur in te trek. Maak seker jy draai GEREELD die vleis sodat die heuning nie swart brand nie.

o Wanneer die vleis gereed is, sit dit vuur warm in ‘n mooi tafel-bak, en breek die vleis in stukke. Gooi die sous bo-oor die vleis, en bedien dit net so, met die eerste hitte!

1. Beplan die brood, botter, en ander kosse ook reg om die tafel gereed te hê vir etenstyd met al die kos vars warm.

o LEKKER EET!

Resepte van die ongesuurde brood:

o Die ongesuurde brood word Matzo genoem deur die Jode, en word spesifiek gebruik vir die fees van die ongesuurde brode tydens die Joodse Pasga, of die Christelike Paasfees.

o Baie Matzo resepte bestaan wat verskriklike lekker peuselhappies kan wees, en hulle bestanddele sluit soms uie, eiers, botter, melk, barley (gars), en ander goed in, maar vir die Paasfees kan net die basiese Matzo gebruik word, of een wat barley en eier of oats (hawer) in het is ook aanvaarbaar.

Geen graan-wyn of knoffel of vrugtesap of ander goed is toegelaat tydens die Paasfees nie.

o DIE KOSHER ONGESUURDE BROOD RESEP:

- Bestanddele:

- 4 ½ koppies meel (en ekstra om mee uit te rol)

- 1 teelepel Kosher sout (en bietjie ekstra vir later)

- 2 eetlepels olyf olie (geen ander olie)

- ¾ koppie en ¼ koppie warm water, apart

- Metode:

- Voorverhit die oond tot 260C.

121

C Viljoen

- Meng die bestanddele vinnig saam (minder as 18 minute) en voeg bietjie water by as die beslag te styf is.

- Deel die deeg in 8 stukke en rol elke stuk 3-5mm dun uit.

- Sny die deeg in blokkies so groot soos jy wil, en prik die deeg met ‘n vurk indien borrels (bubbles) vermy wil word.

- Jy kan sout-water met ‘n kwas oor die deeg verf vir ‘n groter souterige smaak.

- Sit al die deeg op oond-panne, en maak seker hul raak nie mekaar nie.

- Bak vir 90 sekondes aan elke kant, of tot die deeg goud-bruin is.

o NOG ‘N ONGESUURDE BROOD RESEP:

- Bestanddele:

- 4 Koppies heel graan meel

- 1 koppie wit meel

- 2 koppies water

- ¼ koppie heuning

- 1 ½ teelepel Kosher sout

- ¼ koppie olyfolie

- Metode:

- Meng al die bestanddele goed en vinnig saam in minder as 18 minute voor dit in ‘n voor verhitte oond MOET gaan, voor dit ingesuur word.

- Rol dit so 3.5mm dik uit en sit dit op ‘n gesmeerde pan (NIE MET VARK VET NIE).

- Sny dit in 1-duim of groter blokkies na gevoel.

- Bak teen 210C vir 15 minute of tot dit lig-bruin is en donker borrels (bubbles) gemaak het. Die brood moet redelik bros (chrispy) wees.

Jesus het bloed gesweet:

o Jesus het bloed gesweet terwyl hy bid Lukas 22:44. Die kondisie se naam is Hematidrosis vandag, en dis baie skaars. Die oorsaak is verskriklike groot angs v34 & Matthéüs 26:38. WOW!

o Jesus was die laaste Adam in die tuin 1 Korinthiërs 15:21 & 45!

Die salwing olies van die ou en nuwe testament:

o ‘n Albaste fles is ‘n fles/boks/skaal (vial) waarin olies of parfuum gestoor was. Die fles was gemaak uit albaste-klip, amper soos graniet of marmer of selfs ivoor. ‘n Regte goeie kwaliteit fles vir die duurste van inhoud. Die boks se proppe was gewoonlik geseël met was (wax).

o Daar is TWEE gevalle van Albaste flesse:

- Hierdie storie in Markus 14 (& Matthéüs 26:6-13 & Johannes 12:1-8) is die tweede geval, een week voor Jesus se kruisiging, in die huis van Simon die melaatse wat deur Jesus genees is, en Jesus was gesalf deur Maria van Bethanië wat verstaan het wat gebeur toe Jesus gekruisig word VOOR Sy eie dissipels, die Maria wat soos ouma Caroline is. Die Bybel noem nooit dat sy met sonde was nie, maar net dat sy by Jesus se voete wou sit en luister.

- Die eerste geval was omtrent ‘n jaar voor Jesus se kruisiging, in Lukas 7:36-50, in die huis van Simon die fariseër, in Galiléa Lukas 7:1 & 11. Die vrou (wie se naam nie genoem is nie) het gekom om vergifnis te ontvang van baie sondes.

o Die nardussalf (spikenard in Engels) het nie ‘n resep in die Bybel nie, maar dit word moontlik van ‘n Indiese nardus-plant (Ardostachys Jatamansi) se harige wortels gemaak saam kosbare olyf olies en ander kruie heel moontlik, of dit was net die suiwer wortel-olie van die plant, wat groei in die Himalayan berge insluitend Mount Everest (wat in Asië is), van die familie van Valériane plante.

122

Die Jesus Reeks – Leerder Gids

o Die prys van die nardussalf was meer as 300 pennings, en dit is amper ‘n jaar se salaris vir die slawe wat ‘n penning per dag gekry het vir hulle werk Matthéüs 20:9-10.

o Let op dat JUDAS die verraaier haar wou stop om Jesus in te salf Johannes 12:4. Interessant nè?

o Salf word vir baie redes gebruik:

- Ou testament: Eksodus 25:6, Levítikus 8:30, & Númeri 4:16.

- Nuwe testament: Markus 6:13, 14:3-9, Jakobus 5:14, & Hebreërs 1:8-9.

o Die heilige salf resep is in Eksodus 30:23-25. Die Jode mag dit nie vir hulself gemaak het nie, maar eerder net die hoë-priester en net op die altaar en op ander goed wat God toegelaat het. Daar was vir die Jode gesê dat hulle gesien sal word as gentiles (buitestaanders wat nie deel het aan God se verbond met Abraham nie), as hulle hierdie heilige olie maak vir hulself.

o Die heilige salf-olie resep en mates in vandag se taal:

- Niemand weet presies hoeveel ‘n sikkel geweeg het nie. Toe God vir Moses sê om volgens die sikkel van die heiligdom te meet, het Hy bedoel dat Moses die akkurate gewiggies van die tempel moet gebruik, en nie net sommer enige gemiddelde gewiggies nie Amos 8:5.

- Volgens Eksodus 30:13 is 1 sikkel gelyk aan 20 geras. Volgens Joodse TRADIESIE, is 1 gera gelyk aan 1/50ste van ‘n ons, of 1 gera is gelyk aan 0.6 gram. So 0.6g x 20 = 12g. So 1 sikkel weeg 12 gram volgens Joodse tradisie.

- Sikkel-gewiggies was gebruik om baie dinge te meet in die ou testament: Génesis 24:22, Eksodus 30:23, 2 Samuel 14:26, 17:7, & Eségiël 4:10.

- Op soortgelyke manier word deur tradisie gemeet, dat 1 hin olie is gelyk aan 3.7 (3.7

Hebreeuse liter / 5.7 gewone liter), maar niemand is 100% seker nie.

- Bestanddele:

- Gebruik net die hoogste kwaliteit speserye.

- 500 Sikkels (6 Kg) Fyn Mirre (Pure Myrrh) (600g vir klein beslag)

- 250 Sikkels (3 Kg) Geurige Kaneel (Sweet Cinnamon) (300g vir klein beslag)

- 250 Sikkels (3 Kg) Geurige Kalmoes (Sweet Calamus) (300g vir klein beslag)

- 500 Sikkels (6 Kg) Kassie (Cassia) (600g vir klein beslag)

- 1 Hin (5.7 liter) Olyfolie (570ml vir klein beslag)

- Metode:

- Die bestanddele hierbo maak omtrent 24 Kg olie. Besluit hoeveel jy wil maak. Deel hierdie boonste beslag deur 10 as jy rofweg 2kg olie wil maak.

- Meng dit alles saam met die skoonste glas of klip of ivoor materiale en stoor dit in ‘n fles wat behoorlik geseël is. Laat dit vir ‘n paar dae eers trek voor gebruik. Dit hou vir rofweg 3 jaar voor dit verval, as dit skoon gehou word.

- Jy kan ook die droë bestanddele vervang met essensiële olies om die tydsame trek-proses te vermy. Kies watter sterkte olie jy hieronder verlang. Meng al die essensiële olies saam, en roer dan die olyf olie by. Maak seker jy gebruik ekstra suiwer koud geperste olyfolie (extra virgin cold pressed olive oil) om so na aan die oorspronklike Bybel weergawe te wees as wat jy kan. Stoor die olie in ‘n donker bruin glas bottel. Jy kan enige glas of porselein bottel gebruik wat nie helder deurskynend is nie. Die waardes hieronder was bekom deur die oudste ontginnings proses (extraction method) te oorweeg met die naam “stoom distillasie”, saam met die hoogste kwaliteit speserye se opbrengs (yield). Olies van die Bybel tyd was baie meer potent gemaak as wat hedendaagse praktyk normaalweg doen.

123

C Viljoen

EKSODUS 30:22-25 SALWING OLIE GEMAAK MET EKSTRAKTE OF "ESSENSIËLE OLIES"

HOEVEELHEDE

SWAARSTE GEUR

NAASTE AAN

SWAARSTE

BESTANDDELE

NAASTE AAN

VERKRYGBAAR UIT

LIGTE MODERNE

BYBEL RESEP EN

VEILIGE GEUR

BYBEL RESEP EN

BYBEL RESEP MET

RESEP

GEREEDSKAP -

WAT NIE VEL

GEREEDSKAP

MODERNE

KLEINER BESLAG

IRRITEER NIE

GEREEDSKAP

Mirre

15ml

Find Your Next Great Read

Describe what you're looking for in as much detail as you'd like.
Our AI reads your request and finds the best matching books for you.

Showing results for ""

Popular searches:

Romance Mystery & Thriller Self-Help Sci-Fi Business