Die Jagter van Olifantskloof by Brenda Botha - HTML preview

PLEASE NOTE: This is an HTML preview only and some elements such as links or page numbers may be incorrect.
Download the book in PDF, ePub, Kindle for a complete version.

Hoofstuk 2

Dis nog stik donker toe Lucinda wakker word deur die konstante getik van 'n muur horlosie. Dit voel vir haar kompleet of haar kop gevul is met dik donserig wol. Met baie swaar ooglede forseer sy haar oë op skrefies oop. Vrees en benoudheid skrop vinnig weer nes in haar wese. Waar is sy? Hoe het sy hier gekom? Dit vat haar oë n ruk om gewoond te raak aan die donker, maar selfs dan kan sy maar min uitmaak. Haastig soek sy deur haar deurmekaar brein vir wat sy laaste kan onthou.'n Donker figuur het na haar aan gekom uit die bosse.

O hemel ek is ontvoer flits die eerste ding waaraan sy kan dink deur haar kop. "Vervlaks Lucinda hoekom het jy nie in die stat gebly nie? Maar nee, jy wil mos 'n verskil maak," vervloek sy haarself hard op." En kyk nou net wat het jou bravade jou in die sak gebring. Jy bevind jou iewers tussen êrens en nêrens in die berge waar geen beskaafde mens sal dink om te bly nie." Vluister baklei sy met haarself net ingeval haar ontvoerder daarnaby wegkruip.

Voel,voel tas sy in die donker vir 'n pad na die deur toe. Teminste was jy veilig in die stad, hier was jy nou al geroof...aangerand...en nog boonop ontvoer in een dag. Haar vingers voel lomp en dik, wat voel soos minute sukkel sy om die deurknop gedraai te kry. Die kamerdeur gaan uiteindelik oop en lig stroom in om die donker te verdryf. Eers toe let sy op hoekom haar vingers so pynlik klop, haar hele regterhand is verbind. 'n Vinnige kyk in die gang af verseker haar dat niemand haar staan en inwag nie.'n Skerp reuk brand haar neus, seker die middel wat die ontvoerder gebruik het om haar mee te verdoof dink sy vies. Op haar tone en styf teenaan die muur probeer sy by die trappe af sluip. Die huis is pragtig let sy vinnig op. Watse ontvoerder bly in so droom paleis? Maar dan beantwoord haar vrugbare verbeelding haar vraag. Dis natuurlik een van daardie gevaarlike kriminele wat so week gelede uit daardie tronk nie ver van hieraf ontsnap het nie. Sy onthou dat dit vir die hele week op die nuus was en dat daar nog drie is wat hulle nog nie kon vastrek nie. Hulle hou seker die mense wat hier bly ook gevange of nog erger het hulle klaar vermoor. Die gedagte sit 'n bietjie spoed in haar sluip aksie. Verligting spoel oor haar lam liggaam toe die deur in sig kom. 'n Reguit lyn na vryheid. Sy skiet 'n vinnige dank gebedjie op. Die gang lig is so te sê nie meer sigbaar nie. Oomblikke lank huiwer sy nog of sy dit wil waag om sommer so in die donker in te boender sonder om te weet of die onheil haar nie daar staan en in wag nie. Ondersoekend kyk sy om haar rond vir iets waarmee sy haar kan verdedig. Die swart keramiek beeld van 'n vrou met 'n water skotel is al wat sy in die hande kan kry. Al kreunend tel sy die beeld op wat baie swaarder is as wat dit lyk. Met 'n meer geruste hart, dat sy nou goed gewapen is durf sy die lang pad na die deur toe aan. Binne vyf groot tree is sy by die groot houtdeur. Al sukkelend probeer sy die swaar beeld teen haar skouer balanseer en tegelyk die deur oop sluit. Gelukkig het haar ontvoerder die sleutel in die deur gelos.

"Ek sou nie dit doen as ek jy was nie." Sê 'n donker stem van iewers in die donker agter haar. O hemel Liewe Jesus help my! Bid sy benoud. Verwoed swaai sy dan om en slaan blindelings in die donker rond met die keramiek beeld. Die vertrek is so donker dat hy haar waarskynlik die heeltyd dop gehou het en nou met haar speel, soos 'n kat met 'n muis speel voor hy die arme dingetjie verslind. "Wat soek julle met my?" Daar is meer magteloosheid in haar stem as vrees." Hoekom het julle my ontvoer?...Ek het nie geld nie...Ek is net 'n arme skool juffrou." Trane lê nou baie vlak in haar oë en dreig om oor te spoel. 'n Lag bars deur die donker vertrek en ontvleg die laaste van Lucinda se moed. Veg of vlug is al wat deur haar kop gaan. Blits vinnig hardloop sy op haar ontvoerder af.

Aiden duik net betyds uit die aanvallende meisie se pad uit. Met twee tree is hy tot teen aan haar met sy een hand druk hy haar styf teen hom vas terwyl sy ander hand haar vinnig ontwapen. Verwoed byt sy hom so hard as wat sy kan. "Eina!...jou tierwyfie." Hy loop vinnig na die ligskakelaar en skakel dit aan. Lucinda lê nog steeds op die vloer waar sy geland het na hy haar so skielik weg gestamp het. "Ek het jou nie ontvoer nie juffrou Jacobs. Jy is 'n gas in my huis." Die donker stem stuur 'n rilling teen Lucinda se rug af. "Die skielike lig maak haar bietjie duiselig."Hoekom mag ek dan nie gaan nie?" Kap sy vinnig tee met soveel kalmte as wat sy kan bymekaar skraap. Hy draai vies om en gaan haal 'n stuk ys om teen die bytmerk op sy wang te druk. Dit word wraggies al klaar blou. "Gaan gerus as jy wil dood gaan juffrou Jacobs. " Sê hy met die terugkom slag. " Lucinda druk haarself versigtig teen die bank op. Sy hou 'n oomblik aan die muur vas voor sy haar wankelrige bene vertrou om haar gewig te ondersteun. "Is dit 'n dreigement?"Sy kyk hom stip aan ale vrees klaarblyklik vergete. Die vreemdeling stap woordloos terug kombuis toe. Lucinda kyk hom agterdogtig agterna voor sy hom maar onseker volg.

Aiden trek vir hom 'n stoel by die kombuistafel uit en gaan sit rustig met sy bene voor hom uit gestrek. Met sy een been stoot hy die stoel langs hom uit en beduie dat sy moet sit voor hy sy bene gemaklik by sy enkels kruis.

"Nee juffrou Jacobs dis nie 'n dreigement nie dis 'n feit."

Sy ignoreer sy gebaar vir haar om by die tafel te sit. Met 'n veglus soos min steek sy haar ken in die lig voor sy weer die stryd aan sê. "En wat gaan jy nogal doen as ek nou hier probeer uit gaan?"

Aiden vat die ys van sy blou wang af voor hy weer dood kalm voorgaan. "Niks nie juffrou dis die sneeu en koue daar buite wat jou in 'n lyk gaan verander. Ek het geen begeerte om jou enige leed aan te doen nie, en ontvoer het ek jou beslis nie."

Sy kyk hom ondersoekend aan, besluitloos staan sy steeds teenaan die growwe klipmuur .Aiden staan ongeërg op en begin vir hulle altwee koffie maak.

"Hoe weet jy wat my naam is? En hoe het ek hier op geëindig?"

Terwyl Aiden aangaan met die koffie vertel hy hoe ales plaasgevind het.

Lucinda bekyk hom deeglik. Hy is 'n lang man sy hare krul effens in sy nek agter. Selfs met sy rug na haar toe kan sy sien hy steek 'n goed gespiered liggaam onder sy klere weg, sy arms bult deur die wit t-hemp. Sterk skouers vergesel 'n bypasende rug wat netjies eindig waar smal heupe, glad nie slegte sterre komplimenteer. Lucinda bloos bloedrooi toe hy skielik omswaai. Sy ontspan weer effens na dit lyk of hy nie agter gekom het waarna sy gestaar het nie.

Na hy klaar vertel het van haar operasie onthou sy die walglike reuk wat sy geruik het net na sy wakker geword het. Eers na sy haar kop met haar vingerpunte ondersoek het vir die steke bereken sy die storie het merite. Met die besef dat hy die waarheid praat, word die benoude gevoel in haar vervang met verleentheid.

Twee ronde rooi kolle brand op haar wange. "Ek..is jammer." werktuiglik steek sy haar hand na Aiden uit wat al reeds weer sy plek in geneem het aan die punt van die tafel.

"Vredes offer?"

Met 'n frons neem hy haar klein hand in syne slegs haar vingerpunte is sigbaar in syne. Oomblikke lank hou hy haar hand so vas sonder 'n woord. Lucinda probeer sy oë lees, sy moet toegee sy gesig is sterk en baie aantreklik.'n skewe glimlag speel om sy mond hoeke.

"Net een vraag juffrou Jacobs". Hy wag tot sy sit en 'n sluk van haar koffie neem, terwyl hy die half gesmelte ys weer teen sy gekneusde wang druk. "Moet ek 'n klem in die kaak inspuiting gaan kry?...Of het jy darem al jou inentings ?" Die spot loop omtrent oor in sy diep stem. Lucinda wip haar opslag vir die man."Ek is gun dier nie!" snou sy hom bitsig toe. Met 'n tartende laggie sluk hy nog van sy koffie weg. "Ek weet darem nie of jou optrede daarvan kan getuig nie." Trek hy haar siel nog 'n bietjie uit. "Ek het mos gesê ek is jammer...ek...ek het gedink ek moet veg vir my lewe, "stoter sy oor haar eie woorde. Maar selfs in haar eie ore klink haar verskonings flou.

"En vir wat sluip jy in die donker rond soos 'n skelm en dit in jou eie huis ?" Veg sy terug om haar verleentheid weg te steek.

"Toe maar tierwyfie ons sal jou nog tem." Antwoord hy haar met 'n oogknip terwyl hy die koppies in die wasbak sit.

Voor sy nog iets pittig kan terug sê het hy reeds by die deur uit verdwyn.

Moegheid neem weer vinnig van haar liggaam besit. Dit is al reeds lig buite maar Lucinda sien nie kans om meer 'n enkele oomblik wakker te bly nie en besluit om maar weer te gaan inkruip in die bed waar uit sy vroeër haar ontsnapping beplan het.